![](https://assets10.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1701294885)
![](https://assets11.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1701294885)
Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 1 geslag (seun).
Jacobus Christoffel, my pa, is gebore op Enkelbosch, toe distrik Vredefort, nou Koppies. Sy kinderjare was hoofsaaklik op Orangia waar hulle vir ‘n tyd ook gewoon het.
My pa sit die boerderytradisie voort en gaan ook in vir redelike groot akkerbou. Hy bekom Enkelbosch onderverdeling 4, die 200 morg dubbelgedeelte. Hy ontmoet my ma wanneer my oupa Hennop onderverdeling 3 koop en met hierdie oupa se afsterwe word dit deel van die gesamentlike boedel, nadat ander dele met my ouma Swanepoel se afsterwe aan hom oorgedra is. Hy konsolideer 56% van die oorspronklike Enkelbosch.
Op die hoogtepunt van sy boerdery huur hy ook op verskilende tye dele van die aangrensende Broodkop (plaas) en Springbokvlakte.
Omtrent 1995 word hy met leukemie gediagnoseer. Later kry hy ook velkanker. Dis nie duidelik of hy in 2000 ook limfklierkanker kry nie en of die velkanker na sy limfkliere versprei het nie. Sy onmiddelike oorsaak van dood word as septisemie aangedui.
Hy sterf op nuwejaarsdag 2001 (01-01-01) in die Kroon privaathospitaal in Kroonstad, ‘n paar honderd meter wes van die Voortrekkerhospitaal waar oupa David Swanepoel oorlede is. Sy asse is op Broodkop (rots) begrawe, waar my ma s’n later bygevoeg is.
Meer inligting word op 'n private boom op MyHeritage gestoor en kan met opgaaf van redes beskikbaar gestel word.
Bronne:
Persoonlike mededelings in lewe
Ander persoonlike kennis
Kopiereg: Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode
Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.
___________________________________________________________________
1930 |
May 25, 1930
|
Koppies, Northern Free State, Free State, South Africa
|
|
2001 |
January 1, 2001
Age 70
|
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
|
|
???? |
Free State, KOPPIES district, Enkelbosch 31, farm cemetery_2
|