Johanna Cornelia Swanepoel, b1c1d9e2f4g3

Is your surname Hennop?

Connect to 175 Hennop profiles on Geni

Johanna Cornelia Swanepoel, b1c1d9e2f4g3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johanna Cornelia Swanepoel (Hennop), b1c1d9e2f4g3

Birthdate:
Birthplace: Vlakfontein, Vereeniging, Gauteng, South Africa
Death: March 06, 2008 (72)
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa (Rectal cancer)
Place of Burial: Free State, KOPPIES district, Enkelbosch 31, farm cemetery_2
Immediate Family:

Daughter of David Schalk Hennop, b1c1d9e2f4 and Susara Cornelia Susanna Hennop
Wife of Jacobus Christoffel Swanepoel, b6c4d2e1f3g11h2
Mother of David Abraham Swanepoel and Private
Sister of Jacoba Wilhelmina Hennop, b1c1d9e2f4g1 and Jan Phillippus Carel Hennop, b1c1d9e2f4g2

Managed by: David Abraham Swanepoel
Last Updated:

About Johanna Cornelia Swanepoel, b1c1d9e2f4g3

Notas deur David Abraham Swanepoel, nasaat van 1 geslag (seun)

Johanna Cornelia Hennop, my ma is op Vlakfontein, Vereeniging gebore. Haar noemnaam was Hans(ie). Sy gaan skool in die Handhawer laerskool. Verder is my geheue baie vaag. Sy het st 8 aan ‘n “tek” geslaag. Dit moes die destydse Hoër Handel en Tegniese skool gewees het en was in Voortrekkerstraat geleë. Volgens 'n informant op Facebook is dit later verskuif na buite die sakesentrum. 'n Google soektog het aangedui dat dit vandag deel van die Vereeniging Gimnasium is. Sy het ook gepraat van Evaton, destyds ‘n wit gebied maar ek weet nie wat sy daar gemaak het nie.

Na st 8 werk sy vir Stewarts en Lloyds, die maatskappy wat hardeware ens vervaardig. Sy is eensklaps in ‘n baie Engelse omgewing. Sy sou graag binneshuise versiering wou studeer, maar sy moes maar kies wat geld sou inbring.

Oupa David Hennop koop Enkelbosch 3 c1953. Sy en tante Jacoba het met die trein Koppies toe gekom om te kom kuier. Beide, sowel as oom Jan trek Koppies toe op onbekende tye, dis ook nie seker of hulle gelyktydig gekom het nie. In my ma se geval moet dit iewers tussen 1953 en 1957 wees. Sy ontmoet my pa op die plaas en hulle trou in 1957. My ma werk intussen vir die Shapiros, ‘n Joodse algemene handelaarfamilie.

Sy het gerebelleer teen patriargie en was tot ‘n mate ‘n feminis, sonder om die begrip self ooit te gebruik. Teen die einde van haar lewe het sy genoeg geld gehad om haar kunstigheid uit te lewe. Ongelukkig kon sy steeds geen kunsklasse op die platteland loop nie en beperk haar tot die natrek (trace) vanuit boeke. Sy verf op lappe en bottels. Van haar werk is in die Huis Emily Hobhouse te sien en sy verkoop ook by ‘n winkel. Drie skilderye is egter een van die Hennop-geheime. Ek het dit ongeraam na sus Sarie se dood ontdek agter ‘n kas. Sy onderteken dit “Hans S”. Dit vertoon baie detail en het ‘n diepte-perspektief. Dit kon steeds gedeeltelik met natrek gedoen gewees het, maar dit wys op verspeelde talent as kunstenaar.

Na my pa se dood koop sy ‘n huis in Koppies.

In Augustus 2007 word sy gediagnoseer met rektale kanker. Sy moet geopereer word om ‘n kolostomiesakkie te kry. Sy woon daarna by Sarie in Pretoria tot haar dood op 6 Maart 2008.

Per haar wense is sy veras. Haar askis is begrawe op die Broodkop granietheuwel, Enkelbosch kant, in 'n ongemerkte plek langs dié van my pa.

Bron:

Persoonlike herinnering. Verdere inligting van meer private aard is op MyHeritage.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Johanna Cornelia Swanepoel, b1c1d9e2f4g3's Timeline

1935
May 2, 1935
Vlakfontein, Vereeniging, Gauteng, South Africa
2008
March 6, 2008
Age 72
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
????
Free State, KOPPIES district, Enkelbosch 31, farm cemetery_2