Jacobus Christoffel Swanepoel, a1b6c4d2e1

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,803 Swanepoel profiles on Geni

Jacobus Christoffel Swanepoel, a1b6c4d2e1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Christoffel Swanepoel, a1b6c4d2e1

Jacobus Christoffel Swanepoel - +(Sterfte Kennis) - 1893-09-25 Added by AR Swanepoel

Beroep – Veeboer

_______________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 4 geslagte

Hy synde my "tweede oupagrootjie" of "betoorgrootjie".

Hoofsaaklik ‘n ontleding van sy bewegings en veral waar sy kinders gebore of gedoop is (waar bekend)). Verder moet die beginsels in Swanepoel, 1992 [1] in ag geneem word, naamlik moeilike spesifisiteit met die groot distrikte, seisoenale weiveldverskuiwing (Eng transhumance), besoeke aan groter dorpe by spesiale geleenthede, besoekende predikante wat die doop in hulle eie registers aanteken, ens. Hierdie faktore kan die geldigheid van die inligting beinvloed.

Sy sterfkennis sê net hy is in die Kaap gebore, maar synde sy ouers na sy geboorte getrou het, en hulle in die Uitenhage distrik getrou het, kan mens dit afbaken na daar en hoogswaarskynlik Zwarteruggens. Sy ouers is getroud 2 maande na sy geboorte en 7 dae voor sy doopdatum (26 Oktober 1817).

As volwassene boer hy eers te Cradock. Dit dui op 'n draai noordwaarts.

Sy oudste seun, Adriaan Johannes word in 1842 "over Grootrivier" gebore,

Roelof Petrus weer te Burgersdorp in 1844. (Hierdie kan 'n besoek aan Burgersdorp slegs vir doopdoeleindes verteenwoordig).

Daarna word sy 3de seun Jacobus Christoffel (1845) weer aangedui as te Caledonrivier, "over the grense" gebore volgens SAG 12, wie se oorspronklike opstellers waarskynlik toegang gehad het tot sy dooprekord. Lg se sterfkennis sê Zastron, 'n dorp wat nog vir lank nie bestaan het nie. Dit kan wel 'n aanduiding wees dat sy geboorteplek en dus sy ouers se standplaas, in daardie omgewing digby die Basotholandse grens was.

Die dogter Magdalena Catharina, later Booysen, word aangedui as in 1847 te Lady Grey, Kaapkolonie.

David Abraham Swanepoel word in 1851 op Rondekopjes, Aliwal-Noord gebore.

Hendrik Petrus, die laaste kind word aangedui as dist. Smithfield, 1853

Hy het dus heelwat rondgetrek, op oor die Oranjerivier, toe weer af in die Noordoos-Kaap, maar nie ver nie.

Met sy vrou se afsterwe in 1884 bevind hulle, hulle te Boschduifkop, langs Exmoor, naby die huidige Lesotho-grens en die latere dorp Hobhouse. Beide plase was deur Swanepoels bewoon.

Dit blyk dat hy met sy eie afsterwe by sy seun Roelof Petrus (die 2de oudste) te Winburg ingewoon het. Daar is 'n brief aan die Weesheer, Bloemfontein van RP Swanepoel onder die boedeldokumente. Dis baie onleesbaar weens digte inbinding wat teks afsny, sowel as dowwe letters. Dit wil voorkom of Roelof Petrus aanspraak maak op die volle, karige boedel "weinig meubels en een rypaard" volgens die sterfkennis, omdat hy sy pa opgepas het. Daar word ook genoem dat geen eksekuteur aangestel is nie. Daar is wel 'n testament, geteken op 21 Februarie 1860 wat aandui dat hulle toe op Syferfontein, Smithfield gewoon het.

Daar is ook 'n ander inventaris wat die volgende lys: (s?)anna geweer, verkyker, (voeg? zaag, [..........] paar bale [..........] (weinig?) schapen alle goederen oud en sleg.

Sy sterfkennis en een inventaris maak melding van ‘n ryperd. Die inventaris maak ook melding van ‘n paar bale van iets wat nie op die beligting verskyn nie, moontlik voer vir die perd. Dit kan daarop dui dat alhoewel hy by sy een seun ingewoon het, hy by afsterwe nog nie sodanig verswak was dat hy nie kon perdry nie.

Volgens sommige MyHeritage bome (gedeeltelike toegang) was sy noemnaam Jacob.

Bronne:

Swanepoel, A.J.: Die geografiese verspreiding van Swanepoels in die Kaapprovinsie. Familia, 29(1), 1992, pp. 9-12.

Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, vol 12, So-Sz

Sterfkennis

Testament

Brief van RP Swanepoel

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

__________________________________________________________________

Nota deur David Abraham Swanepoel - trekboere

“Blanke Afrikanerboere op die noordgrens van die Kaapkolonie, teenswoordig ongeveer die distrik Colesberg en omgewing, het goewerneur sir Benjamin D'Urban in Desember 1834 daarop gewys dat hulle nie grond besit nie en indien die regering hulle nie sou toelaat om noord van die Oranje grond in besit te neem nie, hulle hul van die regering en Kolonie sou losmaak en dan verplig sou wees om 'n onafhanklike bestaan in die Transoranje te voer. Hierdie manne was almal self-erkende ‘trekboere’ wat ter wille van weiveld vir hulle vee lang rukke oorkant die grens vertoef het. Sommige van hulle het al bykans permanent in die Transoranje gewoon.” Die onderskeid tussen trekboer en voortrekker is dikwels onduidelik. [1]

Ek wil nietemin argumenteer dat daar geen aanduiding is dat die Swanepoels in die Enkelbosch lyn Voortrekkers was nie. Hulle het die Oranjerivier oorgesteek in die Noord-oostelike hoek van die destydse kaapkolonie. Jacobus Christoffel b6c4d2e1 het ook weer tydelik teruggekeer na die Kaap, daarom word hy gekies om die artikeltjie by aan te heg.

Die datums is nie duidelik nie. Twee voorvaders het die Oranje oorgesteek en dis nie noodwendig nodig dat die ouere – Adriaan Johannes b6c4d2 eers na sy seun moes kom nie. Dit wil egter voorkom of Adriaan Johannes die laaste was om op die Suid-Vrystaatse familieplaas aan te gekom het – Syferfontein.

Adriaan Johannes die jongere, oudste seun van Jacobus Christoffel b6c4d2e1 word in 1842 "over Grootrivier" gebore. Dit beteken Jacobus Christoffel kruis laat in die Groot Trek die Oranje, maar synde hulle nie diep in was nie, kan dit eerder as trekboergedrag beskou word.

Hoekom het Jacobus Christoffel b6c4d2e1, en skynbaar ook van die ander, so baie rondgetrek? Die antwoord is moontlik in die verskynsel van “transhumance” waarvoor ek nog nooit ‘n amptelike vertaling kon kry nie. Een moontlikheid is seisoenale weiveldverskuiwing.

“Transhumance, or trekking in South African settler language, was intrinsic to white and black livestock management up to the early decades of the twentieth century. By transhumance, we mean the movement of people with livestock – a practice common to many societies, especially but not only in regions with large areas of pastureland held in common” [2]. Beinart en Brown noem nie seisoene nie, en dit kan inderdaad ook net beteken dat aangeskuif word wanneer weiveld opgebruik is. Dis nie bekend wat die situasie rondom eiendomsreg op daardie tydstip was nie. Dit het waarskynlik ingekom nadat staatvorming in die noorde ‘n aanvang geneem het, nie lank daarna nie.

Beinart and Brown stel verder:

“Under the conditions of livestock management prevalent in many areas up to the early decades of the nineteenth century, mobility of livestock was required for a more stable supply of food. Transhumance increased the number of animals that could be kept throughout the year because it reduced the number of deaths during the winter dry season when grazing was scarce. The practice was related also to social choices and constraints. To some degree, the scale of mobility was influenced, in different societies, by the extent to which they depended on their herds and flocks for food. Hence it tended to be more pronounced in societies which placed less emphasis on cultivation, such as the Khoisan and Trekboers. Amongst Afrikaners, it was associated with hunting and social freedom during particular periods of the year. There are echoes of such social practices up to the present.”

Akkerbou is miskien op baie klein skaal gedoen, bv groentetuine. Daar is inderdaad sulke “echoes”. Baie huidige boere, selfs die wat akkerbou op groot skaal beoefen, is steeds verknog aan gewere en aan jag.

Bronne:

1. Anon.1996. Die fyn onderskeid tussen Voortrekkers en Trekboere. Historia, Volume 41, Issue 2, Nov 1996, p. 1 - 10

2. William Beinart, Karen Brown. 2013. African Local Knowledge & Livestock Health: Diseases & Treatments in South Africa. Johannesburg: Wits University Press.

Kopiereg: Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 15

Jacobus Christoffel Swanepoel, a1b6c4d2e1's Timeline

1817
October 9, 1817
Cape of Good Hope, South Africa
1842
October 24, 1842
Grootrivier, Cape Colony
1844
May 20, 1844
Cape of Good Hope
1845
August 26, 1845
Zastron, Orange Free State, South Africa
1847
July 14, 1847
Lady Grey, Cape Colony
1849
October 6, 1849
Burgersdorp, Albert, Cape Colony
1851
May 2, 1851
Rondekopjes, Aliwal North, Cape Province, South Africa
1853
August 22, 1853
Smithfield, Orange Free State, South Africa
1855
June 3, 1855