![](https://assets12.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1694620240)
![](https://assets10.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1694620240)
2de Hester Margaretha Dorothea Meintjes (Nee) Swanepoel - x(Huwelik) Jacobus William Meintjes - 1870-08-08 Added by AR Swanepoel
Lidmaatskap nr 98, Potchefstroom 1856
DEPOT VAB SOURCE MHG TYPE LEER VOLUME_NO 0 SYSTEM 01 REFERENCE S1521 PART 1 DESCRIPTION MEINTJES, HESTER MARGRIETHA DOROTHEA. NOOIENSVAN: SWANEPOEL.
EGGENOTE: JOHANNES ABRAHAM VAN DER MERWE EN JACOBUS WILLIAM
MEINTJES. STARTING 19000000 ENDING 19000000
Notas deur David Abraham Swanepoel
Die sterfkennis is by die Vrystaatse Argiefbewaarplek gefotografeer en is nie op FamilySearch nie. Dis in twee dele vab_s1521_-_2 en vab_s1521_-_2 onder moeilike omstandighede afgeneem weens beurtkrag.
Op beligting 1 is die volgende te noem:
Moeder Anna Cornelia se naam word verkeerdelik as Hester aangegee en haar “geboren” van was nie bekend aan die aangewer nie. Die aangewer het moontlik verwag dat dit iets anders moet wees as Swanepoel en het nie geweet daar was ‘n intra-familiehuwelik nie.
Die tweede beligting gee ‘n duideliker beeld van die kinders se name. Alhoewel net eerste name en geen getroude vanne verskaf word nie, dui alle getuienis daarop dat “Johanna” Johanna Cornelia Hennop, my moederlyn oumagrootjie is.
Volgens die sterfdatum en rekord hieronder [1] is Hester Margaretha Dorothea tydens die Anglo-Boere-oorlog oorlede. Die SK sê “ten dorpe Kroonstad”. Die konsentrasiekamp aldaar is volgens bronne na die datum opgerig, alhoewel baie kort daarna. “Kroonstad camp was most likely formed fairly early since General Kelly-Kenny suggested on 7 September 1900 that a camp be created there, to protect loyal farmers from the Boers. Already in 1900 a number of farms had been burnt, leading to a substantial influx of homeless families into the town. By 24 November 1900 it is clear that a camp had been formed.” [2]
AngloBoerwar.com [3] beweer weer die kamp was in werking vanaf 1 September. Dit moes seker al bietjie vroeër ingerig gewees het, synde Hester Margaretha Dorothea op 28 Aug 1900 oorlede is. Dis moontlik dat sy al reeds sieklik was en die stres van die verskuiwing haar erg beinvloed het. Die toestande voortgebring deur die opeenhoping van mense kon nog nie gegeld het nie, maar daar was moontlik ook nog geen infrastruktuur nie.
Personal Details
Haar sterfouderdom van 64 op BCCD is nie heeltemal in lyn met die geboortedatum van 29 Januarie 1831 nie, gevind op haar rekord van aanneming in die kerk.
Bronne:
1. British Concentration Camps of the South African War
2. https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Histories/Kroonstad/
3. https://www.angloboerwar.com/
Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode
Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.
1831 |
January 29, 1831
|
Brakrivier, Noord Kaap, South Africa
|
|
1832 |
February 19, 1832
Age 1
|
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
|
|
1848 |
December 6, 1848
|
||
1852 |
October 21, 1852
|
Aliwal North, Drakensberg District, EC, South Africa
|
|
1854 |
1854
|
||
1867 |
1867
|
Kroonstad, Northern Free State, FS, South Africa
|
|
1871 |
May 9, 1871
|
||
1874 |
May 4, 1874
|
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
|