Jaoa Henrique Ulrich

Is your surname Ulrich?

Connect to 9,364 Ulrich profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jaoa Henrique Ulrich

Birthdate:
Death: 1967 (63-64)
Immediate Family:

Ex-husband of Anna Neethling-Pohl

Managed by: Private User
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Jaoa Henrique Ulrich

Onder hofie Reise van https://af.wikipedia.org/wiki/Anna_Neethling-Pohl:

“In 1948 onderneem sy ’n konserttoer deur Holland en België en besoek ook Engeland en Ierland in 1949. Sy is kort voor hierdie reis met die Portugees Jaoa Henrique Ulrich getroud, met wie sy haar in België sou verenig, maar kort voor haar vertrek vind sy uit dat hy in die tronk is vir bedrog. Hulle skei dus na minder as ’n maand van getroude lewe.”

Die profielskepper dui sy geboortedatum aan as 1903, wat naby die 1904 is wat nie-eksak bereken is uit die volgende trourekord:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS2Q-49CC-M?cc=282...

Lily Lucius Levy sterf slegs 2 maande en 2 dae na die huwelik, wat die weg sou baan vir ‘n huwelik met Anna Neethling-Pohl:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS37-KSFQ-T?i=743&...

‘n Paar interressanthede kom na vore:

Jaoa Henrique was ‘n geskeide volgens die trourekord, so daar is nog 'n PN NN iewers.

Lily se man ontval haar in 1946, net voor die jaar waarin sy met Ulrich trou. Lözius / Loezius is waarskynlik Duits en Levy klink Joods. Sy is op die plattelandse dorp Jagersfontein gebore en hulle mag Duitse Jode gewees het, gewoonlik winkeliers.

Ulrich se beroep volgens Lily Levy se SK was Viscount (Burggraaf). Synde Portugal in die 20ste eeu hoofsaaklik ‘n republikeinse geskiedenis gehad het, wonder mens hoekom hy die titel sou gebruik het, om besigheid as “company director” te bevorder? Was hy werklik een synde die bewering van as ‘n bedrieër in Neethling-Pohl se Wikipedia-inskrywing?

Ek laat dit aan ander oor om navorsing te doen en profiele te open vir PN NN, Lily Loezius Levy Ulrich, Emile Levy, Madeleine Denise Masson Levy en Jazques Raymond Lorraine Levy synde hulle te ver beweeg van my belangstelling, die Pohl teater familie.

David Abraham Swanepoel

view all

Jaoa Henrique Ulrich's Timeline

1903
September 5, 1903
1967
1967
Age 63