Johanna Cornelia Hennop

Is your surname Hennop?

Research the Hennop family

Johanna Cornelia Hennop's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johanna Cornelia Hennop (Van der Merwe)

Birthdate:
Birthplace: Kroonstad, Northern Free State, FS, South Africa
Death: December 09, 1901 (33-34)
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa (Enteric fever)
Place of Burial: Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Johannes Abraham van der Merwe and Hester Margaretha Dorothea Meintjes, b6c4d2e6
Wife of Jan Phillippus Carel Hennop, b1c1d9e2
Mother of Frederick Phillippus Nicolaas Hennop, b1c1d9e2f1; Johannes Abraham Hennop, b1c1d9e2f2; Jan Phillippus Carel Hennop, b1c1d9e2f3; David Schalk Hennop, b1c1d9e2f4; Margaret Dorothy Wishart and 1 other
Sister of Anna Cornelia Susanna Van der Merwe; Hester Margaretha Dorothea Luus and Adriaan Johannes van der Merwe
Half sister of Ella Margrieta Maria Meyntjes and Jacobus Albertus Meintjes

Managed by: David Abraham Swanepoel
Last Updated:

About Johanna Cornelia Hennop

Notas deur David Abraham Swanepoel, agterkleinseun

Die profielfoto: Blok A Ry Nr 6, name no 2: Hennop JC on the Heilbron oncentration camp memorial. Image credit eGGSA.

My geheue het vaagweg gehad dat hierdie oumagrootjie van my gesterf het in 'n konsentrasiekamp. My oupa David Schalk het die Britte besonder gehaat en ek het geweet dis oor iemand se afsterwe in die AB oorlog, maar dat dit sy ma was, kon ek nie meer as 'n feit stel nie.

In die databasis Britse konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog, 1900-1902, daar is 'n inskrywing vir 'n mev "Johanna" Hennop. Die inligting is geneem uit 'n dokument met die volgende besonderhede:

Type: Death lists

Location: National Archives, Pretoria

Reference No.: RS 29

Origin: Goldman

Notes: p.120

Title: Government Gazette of the Orange River Colony

Notes:  27/12/1901, p.755

Aftrekking van 34 jaar van 1901 bring ons by 'n moontlike geboortejaar van 1867.

Vervolgens het ek vir 'n graf gesoek.

Die inskripsie op die Heilbron Konsentrasiekamp Monument vir 'n "JC" Hennop bevestig met 'n vertroue van 99% dat dit my oumagrootjie is.

Daar is etlike foute op haar sterfkennis . Kampsterftes se SKs is soms eers ‘n aantal jare later uitgereik.

1. Die naam "Johannes": Dit staan in duidelike handskrif en getik op haar man Jan Phillippus Carel se sterfkennis en testament, maar alle ander bronne dui op Johanna, ook haar eie sterfkennis. Dit lyk of iemand Johannes daarop na Johanna verander het. Johanna Cornelia was my ma se name. My ma se noemnaam was Hansie of sommer Hans, iets waarmee sy nie baie gelukkig was nie. Ek dink sy sou genoem het as die ouma waarna sy vernoem is, wel ‘n mansnaam gehad het.

2. Dat haar sterfkennis Jan Johannes as gade aandui is ‘n verdere fout.

3. Die grootste fout van almal was egter haar ma se aangeduide van: Greyling. Dit het tot ‘n baksteenmuur gelei vir ‘n lang tyd. Mede-profielbestuurder Jan Blomerus het uiteindelik in Desember 2019 bewys dat sy eintlik Hester Margaretha Dorothea Swanepoel was. Dokumente is by haar profiel opgelaai. Ek het reeds gewonder hoe die Swanepoelnaamkombinasie by die Hennops beland het. Hester Margaretha Dorothea Swanepoel se sterfkennis het self gebreke, maar die oorwig omstandigheidsgetuinenis dui daarop sy my 2de oumagrootjie is. 'n Ander ondersteunende faktor is die naamgewingpatroon in opeenvolgende geslagte, ook in die Van der Merwes.

Die verdere implikasie is dat Adriaan Johannes Swanepoel en Anna Cornelia Swanepoel, waar die b6 en b7 Swanepoel lyne bymekaar kom, dubbeld my 3de oorgrootouerpaar is.

Bronne:

1. Inskrywing Johanna Hennop in British Concentration Camps of the South African War - UCT Libraries. http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/26040/Johanna_Hennop/

2. Sterfkennis, asook sterfkennis van moeder by haar profiel

3. Familie-oorlewering

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_______________________________________________________________________

view all

Johanna Cornelia Hennop's Timeline

1867
1867
Kroonstad, Northern Free State, FS, South Africa
1886
January 6, 1886
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
1887
November 25, 1887
1891
September 25, 1891
1893
February 25, 1893
Heilbron, Northern Free State, FS, South Africa
1897
1897
1900
June 8, 1900
Heilbron, Northern Free State, FS, South Africa
1901
December 9, 1901
Age 34
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa
????
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa