Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg

How are you related to Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg?

Connect to the World Family Tree to find out

Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg

Also Known As: "Niklaas", "Siener Jansen van Rensburg", "Siener"
Birthdate:
Birthplace: Palmietfontein Farm, Potchefstroom, Transvaal, South Africa
Death: March 11, 1926 (61)
Rietkuil, Ottosdal, Transvaal, South Africa
Place of Burial: Ottosdal, Ngaka Modiri Molema District Municipality, NW, South Africa
Immediate Family:

Son of Willem Jacobus Nicolaas Janse van Rensburg and Anna Catharina Janse van Rensburg
Husband of Anna Sophia Janse van Rensburg
Father of Willem Jacobus Janse van Rensburg, b4e6f3g3h1; Hester Petronella Coertze, b4..g3h2; Cornelius Francois Janse van Rensburg, b4e6f3g3h3; Anna Catharina Janse van Rensburg, b4....g3h4; Nicolaas Johannes Janse van Rensburg, b4e6f3g3h5 and 6 others
Brother of Anna Catharina Wilhelmina Kruger, b4c1d1e6f3g1; Elizabeth Aletta Nicolasina Combrink, b4c1d1e6f3g2; Pieter Nicolaas Janse van Rensburg, b4e6f3g4; Wilhelmina Jacoba Janse van Rensburg, b4e6f3g5; Magdalena Petronella Catharina Petronella Smit, b4e6f3g6 and 2 others

Occupation: Boer/Farmer
DVN: b4c1d1e1f1g3
Nickname: Siener van Rensburg
Managed by: Private User
Last Updated:

About Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg

  • https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSS4-K9ZF-Q?i=777&...
  • VAN RENSBURG, NICOLAAS PIETER JOHANNES JANSE.
  • Identifier: TAB MHG_0_59760_1
  • Start Date: 1925
  • End Date: 1925
  • Type and Form of Archive: Correspondence File
  • Repository: National Archives Repository (Public Records of former Transvaal Province and its predecessors as well as of magistrates and local authorities)
  • Name of Creators: MHG

Nicolaas Pieter Johannes ("Niklaas" or "Siener") Janse van Rensburg (30 August 1864 – 11 March 1926) was a Boer from the South African Republic - also known as the Transvaal Republic - and later a citizen of South Africa who was considered by some to be a prophet of the Boere (who are the smaller section of the language based macro group which became known as Afrikaners). Consequently his nickname became Siener, which is Afrikaans for "seer" or "soothsayer". His seemingly accurate predictions of future events were typically wrapped in a patriotic, religious format. During the Boer War he soon acquired a reputation which made him a trusted companion, if not advisor to General de la Rey and President Steyn. The true extent of his influence with these figures is disputed, though the very religious de la Rey seemed to have considered him a prophet of God

THE BOER PROPHET By Cuan Elgin in The Anglo-Boer War (The South African War) - 1899 - 1902 Nicholaas Pieter Johannes Janse “Siener” (“seer” or “prophet”) van Rensburg (1864-1926) had a bushy black beard and piercing blue eyes, and though he was a man small in stature, he was mighty in spirit. The only book he ever read was his Bible: for he believed that other books or newspapers were worldly things and did not spiritually enhance a person.  
Although he was brought up on a farm, he was not able to bear the sight of an animal being slaughtered, and he forswore all form of violence. Despite this, he rode with the Boer commando of General De la Rey throughout the war, and was always on the frontlines—but never once carried a rifle, or fired a shot. It was said that his general too, never personally fired a shot at his enemy.  
Time and again, Siener van Rensburg would warn his beloved General De la Rey of the approach of enemy forces, and thus enable their Lichtenburg commando to make good their escape. Van Rensburg was constantly given to “disturbing visions” and would often prophesy concerning the outcome of battles—and he was never proved wrong in his predictions.   
The visions seemed to exhaust and trouble him; yet he resignedly accepted his lot as a prophet of the Lord. He was much revered, and a prophet “not without honor in his own country.”  So confident were the ordinary men of the commando, as was General De la Rey himself, in the accuracy of “Seer” van Rensburg’s predictions that they often did not even bother to post sentries, if Siener had told them that his vision revealed that no enemy troops were coming that particular night!   
In the early stages of the SECOND ANGLO-BOER WAR, when no-one (except this seer) could have predicted that the British would employ such barbaric methods, he saw a vision of his commando entering caves beyond Pretoria. Behind them came great crowds of Boer women and children, fleeing from their burning houses. He saw great devastation and misery: the destruction of his Boer nation. This chilling prophecy came to fruition through the British “scorched earth” policy of destroying Boer crops, farms, and homesteads in the latter stages of the war.  
The Boer prophet also apparently predicted a “Night of the Long Knives”  wherein blacks would attack whites in the aftermath of the demise of "a great black leader" whom some have interpreted as meaning, Nelson Mandela.   
He also “saw” this “great black leader” lying in state in a “glass coffin” viewed by the leaders of the world. Some believe that this “glass coffin” had already been manufactured well in advance of that event. Siener predicted that the Boers would, in a backlash against the attacks on their people, then “take back their land”.

http://en.wikipedia.org/wiki/Siener_van_Rensburg

EGGSA Grafsteen


Foto's alternatiewelik tot die van eGGSA van die Siener van Rensburg begraafplaas is te sien by: https://www.boerenbrit.com/archives/6833 Volg die skakels.

Volgens maps.google.com is die begraafplaas langs 'n ongenommerde en onbenaamde grondpad. Om van die N12 te bereik is ingewikkeld, maar vanaf Ottosdal is dit makliker. Ry ooswaarts uit met die R567, die afdraaipad is net buite die dorp na die spoorlyn. Dan is dit nog sowat 11 km. Dis langs die pad en toeganklik sonder om op 'n plaas te oortree. 'n Groot bord dui duidelik aan dat dit Siener van Rensburg se begraafplaas is.

Foto’s van eGGSA, BoerenBrit en Googlemaps geneem in 2005, 2015 en 2019 onderskeidelik wys alles op instandhouding, alhoewel daar ‘n groep stukkende stene in een plek by die boom is.

(Situasie soos op die internet op 2020-06-18).

Notas deur David Abraham Swanepoel

‘n Transkripsie van sy latere visioene is by skakel [1].

Let wel dat ek hierdie skakel beskikbaar stel om objektiewe, neutrale navorsing te fasiliteer. Ek beskou sy “gesigte” nie as geloofwaardig nie. Sy “voorspellings” is baie vaag, oop vir vele interpretasies en wat konteks betref, periodegebonde. Die beelde is tipies die van ‘n plattelandse boerdery-omgewing, alhoewel hy ‘n merkwaardige kennis van Aardrykskunde openbaar. Ek vermoed sterk die bewering dat hy niks anders as die Bybel gelees het nie, is onwaar. As jy die Bybel kan lees kan jy enigiets lees.

Ek onderskryf die vermoede dat hy aan ‘n vorm van epilepsie gely het, aangesien hy glo uiterste ongemak tydens visioene ervaar het en moes gaan lê. Bewerings dat hy dagga gerook het voor visioene is nie geloofbaar nie. Groot dosisse tetrahydrocannabinol (THC) is nodig om halusinasies te veroorsaak.

Daarby het ons die waarnemings van Deneys Reitz [2]:

“…a prophet, a strange character, with long flowing beard and wild fanatical eyes, who dreamed dreams and pretended to possess occult powers”

Die grootste flater wat hy begaan het was om te voorspel dat die Boere-Republieke maklik teruggewin sou word tydens die Eerste Wêreldoorlog.

Verder het baie mites rondom hom ontstaan en sy eie kinders het verskil oor wie die beste gekwalifiseer is om sy werk na waarde te boek te stel [3]. Daarom voel ek die “gesigboeke” van sy dogter en ander dokumente in die skakel moet beskikbaar wees vir oorspronklike navorsing.

Selfs tydens die Anglo Boere-oorlog was medeburgers geirriteerd toe ‘n visioen van “bulle” wat hy gesien het deur die kamp storm, en hulle op gereedsheidsgrondslag gegaan het, nie gerealiseer het nie. 'n Nat beesvel is geneem en styf getrek en ‘n persoon wat gestraf moes word, is daarop gegooi en die lug ingeskiet. Dit was Van Rensburg se lot. Ek veroordeel hierdie gedrag. Dit was wel so dat hy nog jonk was tydens die ABO, in sy dertigs. Ons sien meesal foto’s van ‘n ou man. Nou ja, die mense kon seker nie insien dat hy eintlik ‘n siek man was nie [4].

Bronne:

1. Visioene van Siener van Rensburg: 1916 - 1926. (Soos opgeteken deur sy dogter Anna Badenhorst). Lichtenburg Museum 1998/1999. https://drive.google.com/file/d/0B0OCS-i0ui_FUUNhSVBIcnVRRmc/edit?f... Besigtig 2020-05-09

2. Reitz, Deneys; J.C. Smuts (2005). Commando: A Boer Journal of the Boer War. Kessinger Publishing. ISBN 1-4179-2584-1. Oorspronklik gepubliseer in 1929.

3. Herman Toerien. Nuuskommentaar: Siener of Rigter van die volk? https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-siene... Geskryf 2017, besigtig 2020-05-09

4. Fransjohan Pretorius, Straf op kommando gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 Military History Journal - Vol 8 No 3 aanhalende: J F van Wyk, Die mauser knal, Perskor-Uitgewery, 1971 p.106

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.



M n Stukkie goeie AFRIKANA 😉NIKLAAS (SIENER) JANSE VAN RENSBURG SE PROFESIEË TYDENS DIE ANGLO - BOEREOORLOG. Siener van Rensburg het 'n aantal profesieë gemaak oor die Afrikaner geskiedenis (party wat nog nie volbring is nie) en ook profesieë tydens die Anglo Boereoorlog, waaronder die volgende: • Generaal Cronjé se gevangeneming by Paardeberg. • Generaal Christiaan de Wet se veilige terugval na die Noord Vrystaat. • Die Britse verrassingsaanval op generaal Roux. • Die slag van Tweebosch en Methuen se gevangenisneming deur Generaal de la Rey.

Married 8 Jan 1884

  • ************

Nicolaas (Niklaas) van Rensburg, die veelbesproke legendariese siener van Suid-Afrika
(Bydrae deur Hendrik Strydom)

Nicolaas Pieter Johannes ("Niklaas" of "Siener") Janse van Rensburg (*30 Augustus 1864 - +11 Maart 1926) was ’n Boer in die Zuid-Afrikaansche Republiek – (later Transvaal) - en later ’n burger van Suid-Afrika wat deur sy profetiese visioene oor staats- en krygsake onder sy volksgenote as ’n profeet van die Boere beskou is. Gevolglik het hy bekend gestaan as Siener van Rensburg. Sy akkurate voorspellings van toekomstige gebeure het bestaan uit patriotiese en godsdienstige beelde wat geinterpreteer moes word. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het hy ’n goeie reputasie onder die Boere opgebou en het ’n getroue kameraad en raadgewer van genl. De la Rey en pres. M.T. Steyn geword.

Hoewel hy kon lees, het hy in geen ander boek buiten die Bybel belang gestel nie. Nogtans het bekendes soos die generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet hom dikwels geraadpleeg. Daar is aangeteken dat hy sy eerste visioen gehad het toe hy 7 jaar oud was en daarna meer as 700 sulke bonatuurlike waarnemings tot en met sy dood. Hy het sommige van sy visioene self verklaar.

Vroeë lewe:
Van Rensburg is gebore op die plaas Palmietfontein in die distrik Potchefstroom as die seun van Willem Jacobus en Anna Catharina Janse van Rensburg. In die tyd toe hy jonk was, was die skoolopleiding in die ZAR nie na wense nie en kinders moes dikwels groot afstande per dag aflê om te kon skoolgaan. Gevolglik het Van Rensburg slegs 20 dae formele skoolonderrig ontvang, by die Rooipoort-plaasskool. Omdat sy ouers geboer het, moes Van Rensburg op die plaas uithelp en het hy baie van sy jeugjare as veewagter in die veld deurge-bring. Hy het nooit leer skryf nie, maar met sy moeder se hulp uit die Bybel leer lees. Hy het nooit iets anders as die Bybel gelees nie.

Op 16-jarige ouderdom het hy deelgeneem aan die regering se strafekspedisie teen die opstandige Mapog. Hy het malaria opgedoen tydens die strafekspedisie en moes naby Wolmaransstad in die westelike ZAR agterbly. Op 21 is Niklaas, waarskynlik weens sy kennis van die Skrif, tot ouderling van die Hervormde Kerk gekies. In 1884 het hy met Anna Sophie Kruger getroud.

Tweede Vryheidsoorlog:
Van Rensburg en sy broer is opgekommandeer om deel te neem in die Tweede Vryheidsoorlog onder generaal Du Toit. Hy was nie gewapen nie en het nooit ’n skoot in die oorlog afgevuur nie. Sy bydrae was egter die reeks profesieë waarmee hy deur die loop van die oorlog (tot en met sy dood) die Boere bygestaan het. Soos die Siener later verduidelik het, het ’n man hom uit sy slaap wakker gemaak ’n dag voor die oorlog uitgebreek het, met ’n boodskap dat sy werk aan God gewy sou wees. Na afloop van hierdie gebeurtenis was hy bevange van ’n vrees wat hy nie kon verdryf nie. Toe hy in hierdie verwarde toestand gebly het terwyl hulle in Kimber-ley vertoef het, het die leiers van die kommando hom huis toe gestuur. Hy het egter geen verligting ervaar nie en het teruggekeer na die Beleg van Kimberley waar hy in ’n visioen gesien het dat die Boere die oorlog sou verloor en baie lewens in die vryheidstryd sou afstaan. Kort daarna, moontlik by Graspan, het sy verwarde toestand verbeter toe ’n kameraad langs hom gewond is soos hy kort daarvoor in ’n visioen gesien het. Van Rensburg het daarna saam met genl. Piet Cronjé gereis, maar het daarin geslaag om met ’n handvol andere te ontsnap uit die omsingeling by Paardeberg. Daarna het hy saam met verskillende kommando’s gereis waar sy akkurate voorspellings sy reputasie opgebou het.

’n Verslag van sy visioene het die aandag van genl. De la Rey getrek, waarna Van Rensburg na De la Rey gekommandeer is. Op 7 Desember 1900 het genl. De Wet hom in ’n aaklige posisie bevind teen die Caledon-rivier wat in vloed was terwyl die Britse magte sy posisie bestorm het. Sy oorgawe het ’n gegewe gelyk, maar ’n Boereverkenner het ’n boodskap van De la Rey gebring wat gelui het dat Van Rensburg die situasie gesien het en ’n ontsnappingsroete bekend geword het. De Wet het hierdie ontsnappingsroete gevolg en die Britte moes swig voor die stortvloed waar De Wet en sy manne deurkruis het. De la Rey wat dit ook moeilik gehad het van sy vyand, het Van Rensburg afgevaardig om saam met pres. Steyn na Roodewal, De Wet se toevlugsoord in die noordelike Oranje-Vrystaat, te gaan. Hier het Van Rensburg geadviseer dat hulle moes wag vir twee ruiters wat hy in detail beskryf het. Hulle het die volgende dag aangekom met ’n boodskap van waarnemende pres. Burger. Op 13 September 1901 het Van Rensburg hom in die kamp van kommandant Roux op Rietkuil naby Vrede-fort bevind. Hy het dreigende gevaar aangevoel en die teenwoordiges, wat pas afgesaal het vir die dag, aange-raai om meteens die kamp te verlaat. Roux het nie dadelik ag geslaan nie en sy manne nog minder omdat die bespieders geen vyandelike eenhede gesien het nie. Van Rensburg, sy vrou en kinders het daarin geslaag om op ’n wa te ontsnap kort voor die grootste gedeelte van die manskappe gevange geneem is in ’n verrassings-aanval.

Vlug van die vyand:
In Januarie 1901 het Van Rensburg ’n visioen gehad waarin hy gesien het dat drie Boerevroue vlug wat deur Willem Bosman, waar Van Rensburg toe was, gered sou word. Dae na sy heraansluiting by De la Rey se kommando het hy visioene gehad oor lede van sy eie gesin wat gevang word deur die Britte, waarna hy verlof gevra het om hulle te gaan bystaan. Die Van Rensburg-gesin het van hul plaashuis voor die Engelse weggevlug, maar die wa, waarop ou mense, vroue en bure was, is deur joiners oorval en die mense is gevange geneem. Van Rensburg se ouers, sy oudste dogter Hester en vier jonger kinders is na die konsentrasiekamp by Mafeking gestuur.

Van Rensburg, sy vrou, hul oudste seun Willem en twee dogters het met ’n ander groep gevlug wat nie gevang is nie en Van Rensburg is daarna weer na De la Rey se kommando. Toe hy sy vrou weer in Oktober 1901 ontmoet het, was hul huis totaal verwoes deur die Britte. Van Rensburg se onheilspellende voorgevoel oor hul dogtertjies, Anna en Maria, is bevestig toe hulle gehoor het dat twee lede van hul gesin gesterf het tydens ’n uitbraak van masels in die konsentrasiekamp.

Finale fases van die oorlog:
Van Rensburg was teenwoordig toe kommandant Van Aardt se manskappe teruggekeer het van aksie te Yzerspruit op 25 Februarie 1902. Van Aardt was moedeloos en sy broer was vermis in aksie. Van Rensburg het hom egter verseker dat hy nie dood is of gevange geneem is nie maar dat hy lewend was maar in groot pyn verkeer het. Die gewonde soldaat is daardie selfde aand te perd na die kamp teruggebring deur ’n burger wat op hom afgekom het.

Voor die Slag van Tweebosch het Van Rensburg ’n aantal voorspellings gedoen wat aangedui het hoe die vyand teen die Hartsrivier sou aankom en wanneer hulle op hul kwesbaarste sou wees. Hy het ook gesien hoe die oorwinning De la Rey se reputasie sou versterk. Metheun se magte het ineengestort voor De la Rey se skielike aanval op 7 Maart 1902 en Metheun is gevange geneem.

Op 17 Maart 1902 het pres. Steyn, begelei deur De Wet en genl. Hertzog, aangekom by De la Rey se hoofkwartier, Zendelingsfontein, naby Klerksdorp, om De la Rey se dokter te spreek oor sy siekte. Van Rensburg is weer eens gestuur om die president by te staan. Omstreeks die 23ste het Van Rensburg in 'n visioen gesien hoe Engelse troepe aankom. Die president was nie gretig om ag te slaan op die Siener se raad nie, maar De la Rey het namens Van Rensburg tussenbeide getree. Die president het op die aand van die 24ste na die veiligheid van die Moloporivier vertrek. In die vroeë oggendure van die 25ste het Britse troepe by Zendelingsfontein opgedaag en twee van De la Rey se adjudante gevange geneem.

Nadat hy toegang verkry het tot genl. Kemp se krygsraad in die bosveldomgewing, het Van Rensburg hulle gewaarsku om nie die terugvallende vyand aan te val nie aangesien hulle dan die risiko sou loop om omsingel te word. By die gevolglike Slag van Hartsrivier op 31 Maart 1902 het sommige Britse troepe inderdaad teruggeval maar van die Kanadese het vasgestaan totdat hulle deur die burgermagte oorval is. Alhoewel Kemp teensinnig op Van Rensburg se raad ag geslaan het, was hy onwillig om aan Van Rensburg die krediet te gee.

Rebellie:
Toe die Unie van Suid-Afrika ten gunste van die Geallieerde Magte in die Eerste Wêreldoorlog gestem het, het Van Rensburg hom bydie rebelle geskaar. Nog voordat die Maritz-rebellie behoorlik begin het, is dit ’n dood-skoot toegedien toe De la Rey "per abuis" deur regeringsmagte op 15 September 1914 doodgeskiet is.
Toe De la Rey doodgeskiet is, was hy op pad na genl. Kemp, wat ná die dood van De la Rey die rebellie in die Wes-Transvaal georganiseer het. Op 2 November het Kemp die publiek toegespreek op ’n vergadering by Vleeskraal naby Schweizer-Reneke met die invloedryke Van Rensburg aan sy sy. Van Rensburg het ook die vergadering toegespreek en hulle verseker dat sy visioene aangedui het dat hulle nie baie het om te vrees nie. 610 mans het hulle by die rebelle aangesluit en met die dreigende diensplig het die getal rebelle toegeneem tot 1 800.

Kemp het ’n groep van 720 mans, meestal boere onder wie Van Rensburg en sy seun, bymekaar gemaak. Hulle het onmiddellik vertrek om hulle by Manie Maritz in Duits-Suidwes-Afrika aan te sluit. Na ’n woestyntog en groot ontberings het hulle hulle op 29 November by Maritz aangesluit. Rebelle onder leiding van De Wet en genl. Beyers is in die daaropvolgende dae deur Suid-Afrikaanse troepe gevang.

Met hul terugkeer na Suid-Afrika het Kemp en Maritz met regeringsmagte slaags geraak by Nous, Lutzputs en ook by Upington op 3 Februarie 1915. Van Rensburg se seun Willem is dodelik gewond in die geveg by Upington en die hele rebellemag is gevange geneem met die uitsondering van Maritz wat via Duits-Suidwes-Afrika na Angola gevlug het en vandaar na Portugal gegaan het. Van Rensburg is, net soos sy kamerade, ’n tronkstraf opgelê. Hy het ’n jaar uitgedien; aanvanklik in Boksburg en daarna in die Ou Fort in Johannesburg.

Naoorlogse jare:
Ná sy vrylating het Van Rensburg na sy plaas, Rietkuil, naby Wolmaransstad teruggekeer. Daar is sommige van sy visioene opgeteken deur ds. Rossouw. Van Rensburg het egter sy dogter Anna (Badenhorst) opdrag gegee om al sy visioene van daar af op skrif te stel. Die visioene is moeilik om te interpreteer deur enigiemand anders as Van Rensburg self aangesien dit nie noodwendig chronologies afspeel nie en dit in beelde gesien is wat slegs Van Rensburg verstaan het.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is Van Rensburg se visioene deur die regering as opruiend beskou. Die verspreiding daarvan is verbied en kopieë is in opdrag van die premier Jan Smuts gekonfiskeer . Met die dood van Anna is haar handgeskrewe dokumente aan die Lichtenburgmuseum se argief bemaak waar dit in 1991 herontdek is. Die plaas en Van Rensburg-familiebegraafplaas is ongeveer 11 km van Ottosdal af in die huidige Noordwesprovinsie.

Visioene:
Toe Van Rensburg nog ’n peuter was, was sy moeder reeds bewus van sy gesigte en het sy opgemerk dat dit hom versteur. Genl. Hertzog beskryf Van Rensburg as iemand wat voortdurend afgelei is deur ’n doolhof van beelde en simboliek. Meer as altesaam 700 van die visioene is opgeteken.

Die aard van sy visioene betrek altyd die welstand van die Boere, Nederland en Duitsland en is deur hom ervaar as visuele beelde wat hy na die gesigte uitgelê het. Wanneer die beeld van die sisalplant in sy visioene verskyn het, het hy dit geïnterpreteer as ’n voorspel van ’n belangrike vergadering, samekoms of parlement. Baie mense glo dat hy akkurate voorspellings gemaak het van onder andere die dood van genl. De la Rey en die politieke oorgang van Suid-Afrika na sy eie afsterwe. By tye het sy visioene ook internasionale aangeleenthede aange-raak soos die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en die opkoms van die kommunisme. Van Rensburg is en word steeds deur verskeie mense as Goddelike profeet gesien as gevolg van die visioene oftewel profesieë wat volgens oorlewering reeds in sy leeftyd waar geword het.

Twee uiteenlopende uitlêers van sy visioene is Frik H. Pretorius en Adriaan Snyman. Pretorius is van mening dat al die visioene as een storie in geheel gesien en uitgelê moet word, wat hy die visioenêre verhaal noem. Sy benadering is ’n meer geestelike een en bring eer aan die Here wat die visioene gegee het. Hy meen hierdie verhaal het nog nie begin nie. Snyman, daarenteen, meen dat baie van die visioene reeds in vervulling gegaan het. Sy benadering is meer polities van aard en elke visioen word afsonderlik beoordeel en nie noodwendig as deel van die verhaal nie.

Reitz se beoordeling:
Die Boerekryger Deneys Reitz se verslag van die Tweede Vryheidsoorlog bevat ’n kleurvolle, objektiewe verslag van een van die Siener se voorspellings (verkort):

“... ‘n profeet, ‘n eienaardige karakter, met ‘n lang vloeiende baard en wilde fanatiese oë, wat drome gedroom het en voorgegee om okkulte magte te besit. Ek het persoonlik een van sy gelukkige treffers beleef terwyl ons om die Generaal se perdekar vergader was. Van Rensburg was besig om sy jongste visioen aan ‘n stil gehoor te verduidelik: ‘n Swart bul het met ‘n rooi bul geveg totdat die rooi bul uiteindelik verslaan en op sy knieë neerge-sak het, wat verwys het na Britse weermag. Met uitgestrekte arms en blitsende oë, het hy skielik uitgeroep: “Kyk wie kom ?” en toe ons opkyk, sien ons in die verte ‘n ruiter wat sy perd in ons rigting aanspoor. Toe hy ons bereik, het hy ‘n brief van Generaal Botha, honderde myl van ons af, afgegee. Generaal de la Rey het dit oop-gemaak en gesê: “Manne, glo my, die trotse vyand is verneder”. Die brief het nuus bevat dat die Engelse ‘n vredeskonferensie voorgestel het. Dit was ‘n dramatiese oomblik wat so kort na die profesie gevolg het dat ek beïndruk was, alhoewel ek vermoed het dat Van Rensburg die toneel opgevoer het. Uit die generaal se opregtheid kon daar geen twyfel bestaan nie, dat hy vas geglo het in die siener se voorspellings.

Bronnelys: Albertyn, CF: Ensiklopedie van die Wêreld, Vol. 10; Beyers, CJ: SABW 4; Potgieter, DJ: SESA Vol, 11; Raath, AWG: Niklaas van Rensburg, Die Siener; Reitz, D: Kommando; Snyman, A: Boodskapper van God;

eGGSA Facebook -Publikasie,

Augustus 2023

view all 15

Nicolaas “SIENER” Pieter Johannes Janse van Rensburg's Timeline

1864
August 30, 1864
Palmietfontein Farm, Potchefstroom, Transvaal, South Africa
1885
September 21, 1885
1887
September 7, 1887
1889
August 4, 1889
Wolmaransstad, Southern DC, NW, South Africa
1891
October 8, 1891
1894
June 21, 1894
1896
August 26, 1896
Wolmaransstad, Southern DC, NW, South Africa
1899
May 16, 1899
Rietkuil, Free State, South Africa
1902
April 9, 1902