Anna Cornelia Aletta Jordaan, b6c4d2e1f3g13

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,680 Swanepoel profiles on Geni

Anna Cornelia Aletta Jordaan, b6c4d2e1f3g13's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Anna Cornelia Aletta Jordaan, b6c4d2e1f3g13

Notas deur David Abraham Swanepoel

Bekend as Lettie, is sy die tweede jongste kind, maar sterf eerste. Volgens my oupa David was dit aan kanker. Sy is baie vroeg in die ABO gebore, dus nie in ‘n konsentrasiekamp nie, maar kon wel later in een opgeneem gewees het aangesien my oupa David in een was.

Interressante inligting kom na vore oor ‘n groottante wat ek selde hoor van gepraat is, miskien oor sy so vroeg oorlede is. Volgens haar huweliksertifikaat [1] trou sy vanaf ‘n “siding” waarvan ek nie die naam kan uitmaak nie, moontlik die huidige Makhubung township, buite Mafeking (tans Mahikeng). Haar beroep word as onderwyseres aangegee. Ek was onder die indruk dat al die dogters vanuit die huis getrou het. Sy het dus meer as die minimale skoolopleiding gehad wat ek by ander sibbe van bewus is. Op 23 was sy ook relatief oud.

Daarby trou sy met ‘n man van ver af, Johannes Petrus Stephanus Jordaan van ‘n plaas by Winburg en hulle trou in ‘n kerk in Theunissen. Die RP Swanepoel wat as getuie teken, is waarskynlik haar broer Roelf. Hulle bevind hulle wel teen 1938 by Enkelbosch wanneer onderverdeling 4 in haar man se naam geregistreer word [2]. Hierdie onderverdeling is dubbeld die 100 morge van die ander kinders. Dit wil voorkom of hulle nog ‘n 100 morg gekoop het by die 100 wat sy ge-erf het.

Dit wil voorkom of Johannes Petrus Stephanus Jordaan na haar afsterwe in 1951 wegtrek, want my pa bekom onderverdeling 4. Hy sloop volgens oorlewering hulle huis en bou ‘n stoor en 2 kamers op die fondasie. Die 2 kamers waarvan die middelmuur later afgebreek word, is sy woonkwartiere as jongkêrel tot hy in 1957 trou en ‘n nuwe volwaardige huis 50m daarvan bou. Beide geboue bestaan steeds.

Haar graf in die Enkelboschbegraafplaas is in ‘n redelike toestand, behalwe vir die gras wat deur die randstene groei en nie veel aan gedoen kan word nie.

Bronne:

1. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9QG-B4XW?i=213&cc...

2. Dokument in my besit

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Anna Cornelia Aletta Jordaan, b6c4d2e1f3g13's Timeline

1900
January 20, 1900
1951
December 20, 1951
Age 51
????
Free State, KOPPIES district, Enkelbosch 31, farm cemetery_1