Adriaan Johannes Swanepoel, b6c4d2e1f3g7

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,746 Swanepoel profiles on Geni

Adriaan Johannes Swanepoel, b6c4d2e1f3g7's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Adriaan Johannes Swanepoel, b6c4d2e1f3g7



1. Adres ten tye van sy huwelik: Enkelbosch, Vredefort.

2. Latere adres: Tottenham, Heilbron. 3. Beroep: Boer.

4. Na sy eggenote se dood word ’n hertrou-sertifikaat aan hom uitgereik op 1939-05-05.



Notas deur David Abraham Swanepoel

Adriaan Johannes Swanepoel, bekend as Jan, is waarskynlik in die eerste opstal op Enkelbosch, vandag die woning op Eensgevonden, gebore. Hy sluit as penkop by die Anglo-Boere-oorlog aan en word taamlik laat in die oorlog gevang en na die Ahmednagar kamp in Indië verban [1]. Na die oorlog werk hy eers op die spoorlyn in die omgewing van die spoorwegstasie Dover [2]. Later werk hy op die plaas Tottenham oos daarvan [2]. Hy trou in 1910 met Anna Henning [3] wat hom in 1929 ontval. By haar het hy 3 kinders.

In 1936 koop hy gedeeltes van die plaas Enkelbosch uit die boedel. Hy bekom ook die aangrensende Hoogebult, waar hy woon. Hy konsolideer uiteindelik onderverdelings 5, 6 en 9 van Enkelbosch. Dit verkoop hy later aan Hannes Loggenberg.

Hy trou intussen in 1939 met Johanna Susanna (Sannie) Keulder en het 2 kinders by haar.

Hy sterf in 1966 op Hoogebult en word vanuit die huis begrawe (d.w.s. nie vanuit 'n kerk nie, maar wel onder die leiding van 'n predikant). Sy rusplek is die Enkelbosch plaasbegraafplaas [4].

Inskrywing in databasisse van die Anglo-Boereoorlogmuseum [1]:



===Prisoners of War===

Surname SWANEPOEL
Name ADRIAN JOHANNES
Age 17
Address ENKELBOSCH
District HEILBRON
Where Captured VREDEFORTWEG
When Captured 1902/01/24
Camp Ahmednagar
Country Indie
Ship (To) Onbekend
Ship (Back)
POW Number 28532



Sien ook Findmypast dokument gelaai onder Media.

Bronne:

1. http://www.wmbr.org.za/view.asp?pg=research&pgsub=databases&pgsub1=...

2. Familie-oorlewering

3. Trousertifikaat

4. Persoonlike kennis.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_____________________________________________________________

view all 11

Adriaan Johannes Swanepoel, b6c4d2e1f3g7's Timeline

1884
April 29, 1884
Koppies, Orange Free State, South Africa
July 27, 1884
Vredefort, Orange Free State, South Africa
1911
December 11, 1911
1914
December 14, 1914
1917
April 1, 1917
1966
July 13, 1966
Age 82
Hoogebult, Koppies, Orange Free State, South Africa