Matching family tree profiles for Hester Elsie Susanna Swanepoel, b8c8d5e12
Immediate Family
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
About Hester Elsie Susanna Swanepoel, b8c8d5e12
Hester Elsie Susanna Klopper - ~(Doop) - 1860-07-08 Added by AR Swanepoel
Jacobus Christoffel Swanepoel - x(Huwelik) Hester Elsie Susanna Swanepoel (Nee) Klopper - 1877-02-05 Added by AR Swanepoel
Notas deur David Abraham Swanepoel
Sy is op 5 Mei 1860 op die plaas Schoongezict by Smithfield gebore. Sy het haar man moontlik reeds daar geken, maar hy was intussen met Martha Magdalena Visagie getroud en sy was ‘n kind. Haar ouers moes daarna ook na Ladybrand verhuis het, want haar plaas word as Groenkloof, Ladybrand aangedui. Sy trou op 5 Februarie 1877 as sestienjarige met die wewenaar Koot Swanepoel (31). Later verhuis hulle na Enkelbosch, Vredefort.
Mens moet haar bewonder dat sy op die ouderdom van 16, 4 kinders erf en hulle grootmaak. Sy was skaars ouer as die oudste. Oupagrootjie se oudste was Jacobus Christoffel, toe 9. Daarna kom Isabella Frederika (4) en Christoffel Johannes (2). Lg was feitlik nog ‘n baba en Isabella ‘n kleuter. Dis nie al nie, sy het ook die seun van Martha Visagie deur haar 1ste man, Johannes Hendrik Gerrit Cornelis Nel, toe 10, grootgemaak. Sy adres by sy huwelik word aangedui as Enkelbosch. Oupagrootjie en Oumagrootjie het hom dus ook saamgebring van Ladybrand. Mens wonder of sy, self skaars ‘n tiener, streng met hulle was.
Nieteenstaande die groot ouderdomsverskil volg sy haar man graf toe na net 3 jaar. Die feit dat sy ‘n testament opstel slegs 8 weke voor haar dood kan daarop dui dat sy aan ‘n terminale siekte gely het en haar sake in orde wou kry.
Ek het gedink dat hierdie siekte iets soos pas gediagnoseerde kanker kon wees, maar met die vind van haar FID is dit duidelik dat sy oor ‘n langer tyd agteruit gegaan het. Dit dui op ‘n moontlike diabetiese en / of vetsugtige toestand. Sy het gely aan chroniese nefritis (inflammasie van die niere) degeneratiewe vetinfiltrasie van die hart, edeem (waterretensie) en uiteindelik hartversaking. Sy was beslis ‘n baie siek vrou in die laaste maand van haar lewe.
Ongelukkig het hierdie testament weens interpretasieprobleme groot moeilikheid te weeg gebring. Volledige bespreking is op ‘n privaatboom op MyHeritage.
Haar grafsteen is in 'n redelike toestand. Ek probeer op elke plaasbesoek ligene van haar en haar man se grafstene afkrap. Tans is die name en datums leesbaar. Ek hoop om die volle inskripsie ("hier rus" bo en teksverse onder) uiteindelik skoon te skrop vir 'n finale foto of "rubbing".
Bron:
Familieoorlewering
Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode
Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.
Hester Elsie Susanna Swanepoel, b8c8d5e12's Timeline
1860 |
May 5, 1860
|
Smithfield, Xhariep, Free State, South Africa
|
|
July 8, 1860
|
Dutch Reformed Church, Smithfield, Orange Free State
|
||
1877 |
November 7, 1877
|
FS, South Africa
|
|
1879 |
October 27, 1879
|
Kroonstad, Northern Free State, Free State, South Africa
|
|
1882 |
January 5, 1882
|
Oranje Vrij Staat, South Africa
|
|
1884 |
April 29, 1884
|
Koppies, Orange Free State, South Africa
|
|
1886 |
December 29, 1886
|
Koppies, Northern Free State, Free State, South Africa
|
|
1889 |
July 7, 1889
|
Oranje Vrij Staat, South Africa
|
|
1892 |
April 4, 1892
|
Koppies, Northern Free State, Free State, South Africa
|