Christiaan Swanepoel, b6c4d6

Is your surname Swanepoel?

Research the Swanepoel family

Christiaan Swanepoel, b6c4d6's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Christiaan Swanepoel, b6c4d6

Notas deur David Abraham Swanepoel

Oor Catharina Flink se nageslagte is weinig bekend. Die oudste, d6 Christiaan, is met Anna Deysel v.d. Kaap getroud. Slegs 1 kind vir hulle, David Jacobus is bekend en hy word te Stockenström gedoop wat ‘n standplaas van sy ouers kan aandui. (Die plek is waarskynlik vandag deel van George). AJ Swanepoel meld egter dat hy ook uit die b6c5 stamlyn kan kom, as b6c5d7e1.

Die 3 kinders het elkeen net een naam en Nella is nie ‘n volledige formele naam nie.

Al Flink se kinders sowel as Margaretha, 'n kind van Van Deventer, word op 4 Oktober 1818 te Uitenhage gedoop, vermoedelik by een geleentheid. Hulle geboortedatums is almal by benadering, maar nie een is ‘n baba nie. Dit laat my vermoed dat iemand hulle, of hulle moeder, beinvloed het om hulle kerklike kant by te bring. Dit toon ook dat Margaretha, toe reeds volwasse en met Elizabeth van Deventer waarskynlik oorlede, kontak met die Flinks behou het.

Die gebrek aan inligting oor Flink afstammelinge kan beteken dat daar werklik geen sodaniges was nie, indien wel dat hulle in die bruin gemeenskap voortbestaan het. Verdere diepgaande fisiese argiefnavorsing is nodig om die situasie te bepaal.

Data:

d6 Christiaan * c. 1804 ≈ Uitenhage 4.10.1818 x Anna DEYSEL v.d. Kaap {1]

b6c4d6 Christiaan * ca. 1804 ~ Uitenhage 1818-10-04 x Anna DEYSEL [2]

Bronne:

1. South African Genealogies. Compiled, augmented and edited by GISA from the original notes of J.A. Heese and other contributors. Vol 12, 2005.

2. A.J. Swanepoel in medewerking met Aletta Maria Swanepoel. 1999. n Geslagregister van Swanepoel-families in Suid-Afrika. Pretoria: A.J. Swanepoel. CD weergawe, 2015

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Die ophaal van ras is om konteks te genereer en het nie 'n politieke oogmerk nie.

view all

Christiaan Swanepoel, b6c4d6's Timeline