Adriaan Johannes Swanepoel, a1b6c4d2

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,682 Swanepoel profiles on Geni

Adriaan Johannes Swanepoel, a1b6c4d2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Adriaan Johannes Swanepoel, a1b6c4d2

1-Met sy doop is sy pa se voorname nie in die doopregister geskryf nie. Sy ouers was blykbaar nog nie getroud gewees nie want die doopregister het ‘n inskrywing bevat dat hy “in onecht geboren” is. Die doopregister bevat ‘n vedere inskrywing dat hy na aflegging van belydenis gedoop is.

2-Ten tye van hul huwelik was albei van Uitenhage afkomstig.

3-Adres met sy kind Johanna (e3) se doop : Zwartruggens.

4- Was in die konsentrasiekamp gedurende die anglo boere oorlog 1901-1902.

________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 5 geslagte

Hoofsaaklik saamgestel uit afleidings uit sy kinders en vrou se inligting. Die beginsels in Swanepoel, 1992 [1] moet in ag geneem word, naamlik moeilike spesifisiteit met die groot distrikte, seisoenale weidingsverskuiwing (Eng transhumance), besoeke aan groter dorpe by spesiale geleenthede, besoekende predikante wat die doop in hulle eie registers aanteken, ens. Hierdie faktore kan die geldigheid van die inligting beinvloed.

Soos met al sy ouers se kinders, word hy buite-egtelik gebore. Twee datums doen die rondte, 1783 en 1790. Nie een word met ‘n dokument bevestig nie. Die plek word aangedui as “onder Uitenhage, moontlik die veldkornetskap van Zwarteruggens. Sien ook nota by sy suster Margaretha Smit Swanepoel, b6c4d3. Laat ons hoop haar geskatte geboortedatum is gegrond op iets. Gebaseer op die 2 verskynsel van ongeveer 2 jaar laktasiegedrewe vrugbaarheidsonderdrukking, is die mees aanvaarbare terminus post quem vir Adriaan se geboorte circa 1783 en die terminus ante quem 1787, ‘n speling van 5 jaar. Dis lank maar miskien was daar (‘n) stilgeboorte(s) of baie vinnig oorlye baba(s) tussen in.

Hy word op 28-8-1808 as volwassene gedoop, aangesien ook nie een van sy sibbe deur sy ouers laat doop is nie [2]. Interessant genoeg beweer SAG 12 dat sy vader nie vermeld word op sy dooprekord nie. Dit ondersteun my vermoede dat Jacobus b6c4 nie veel met sy kinders te doen gehad het nie. Aan die ander kant is dit moeilik om te aanvaar dat Adriaan Johannes nie geweet het wie sy pa is nie, aangesien lg nog 3 kinders by Elizabeth van Deventer verwek het na hom. Adriaan Johannes moes al in sy twintigs gewees het. Kan dit wees dat hy van sy kant af sy pa verwerp het en dit onnodig gevind het om te noem aan die dominee?

Hy trou met Anna Cornelia Swanepoel, b7c7d2, die dogter van Abraham Christoffel Swanepoel, b7c7 en Anna Cornelia van Tonder, wat hulle kleinneef en -niggie maak. Die huwelik vind plaas 2 maande na die geboorte van hulle oudste kind en enigste seun.

Sy bewegings kan gevolg word deur die profiele van sy sekere kinders. E3 is nog te Zwarteruggens gebore in 1823. Dan is daar 'n 8 jaar gaping waarin e4-5 gebore word en hulle aansienlik verder noord skuif.

Met sy tweede jongste dogter, Hester Margaretha Dorothea (e6) se geboorte in 1831 bevind hy hom by "Brakrivier, Noord Kaap, South Africa". Hierdie plek is naby Somerset-oos (toe net genoem Somerset). Dis waarskynlik ook 'n veldkornetskap. Somerset-Oos is effens oos van 'n lyn getrek vanaf Graaf-Reinet tot by Uitenhage.

Met sy jongste dogter, Hendrika Petronella (e7) se geboorte (1833) bevind hy hom naby Burgersdorp, huidige Noord-Oos Kaap. Sy is egter in Cradock gedoop. Burgersdorp is omtrent 100km van Smithfield soos die voël vlieg.

Terug na Anna Margaretha Dorothe. Haar sterfkennis stel sy is gebore in die “afdeling Stormberg”. Is ‘n afdeling dieselfde as ‘n wyk=veldkornetskap? Sover (2019-12-11) kon ek nie die plek opspoor nie. Die Stormberge bevat die moderne dorpe Jamestown, Molteno, Dordrecht, Barkly Oos , Rhodes and Steynsburg. Dit bots nie met die bestaande inligting nie. Somerset was waarskynlik net waar sy gedoop is, en kan aandui dat Adriaan en Anna dan al vroeër noord was. Bogenoemde dorpe is nie ver van Burgersdorp nie. Synde die dogters se geboortejare nie veel verskil nie, kon hulle op een plek gewoon het.

Met die opstel van 'n gesamentlike testament [3] in 1852 met sy vrou bevind hy hom in die distrik van Albert, wat Burgersdorp insluit. Die eerste bladsy van die testament is opgelaai sowel as 'n vergroting van die toepaslike deel en die laaste bladsy. Volgens die laaste bladsy is die testament geteken op "plaats Bad Spruit". 'n Spruit met die naam vloei in die Oranjerivier in op 'n punt sowat 35 km wes van Aliwal-Noord. Dis moontlik dat hulle van voor 1833 tot na 1852 op Badspruit gewoon het.

Van hoog op in die Noord-Oos Kaap, versit hulle Suid-Vrystaat toe.

Hy onderteken die sterfkennis van Anna Cornelia in 1859 [3] as dat sy te 'Syferfontyn, boven Sterkspruit", in die veldkornetskap van ene Kruger te sterwe kom. Mens kan aanneem dat hy ook daar gewoon het. Sterkspruit is verwarrend. Dit is ‘n dorpie in die Noord-Oos Kaap, noord-oos van Burgersdorp, naby die Oranjerivier. Anna Cornelia se sterfkennis word egter in die Vrystaat geliaseer. Syferfontyn is waarskynlik een van verskeie plase, tans gespel Cyferfontein, noord van Smithfield.

Volgens Google Maps is daar ‘n Cyferfontein by -30.128543, 26.264556. Dit is sowat 30 km noordwes van Smithfield. Sowat 40 km Noord van hierdie punt , by -29.9212156, 26.6377489 is ook ‘n Cyferfontein, asook by -29.940036, 26.340180. Hierdie punte is almal in die omgewing van die N6 in die rigting van Reddersburg. Behalwe die laaste plaas is hulle egter nie naby die pad nie. Verder is daar ‘n Cyferfontein 40 km noord-oos van Smithfield by -29.921216, 26.637749. Dit is ongeveer 70km oos van die mees noordwestelike Cyferfontein. ‘n Inwoner van Smithfield het op Facebook genoem dat daar oorspronklik net 7 plase in die distrik van die dorp was. My vermoede is dat Cyferfontein een van hierdie massiewe pioniersplase was. Dit is moontlik dat daar nog oorblyfsels met die naam op verskillende plekke is, terwyl onderverdelings ander name gekry het.

Daar is ‘n landmeterskaart [5 ] vir die eersgenoemde Cyferfontein 30 km NW van Smithfield. Soos gewoonlik is ‘n ou kaart geneem en aanpassings in die teks gemaak deur deurhaling. Daarvolgens was Cyferfontein in die “Distrik Caledonrivier, wyk Sterkspruit”. Dis alles in die krullerige handskrif van die ou tyd. Caledonrivier is deurgehaal en in ‘n moderne kliniese skrif vervang met Smithfield.

“Distrik Caledonrivier” pas in by die distrik waarin my oupgrootjie Jacobus Christoffel Swanepoel, b6c4d2e1f3, nog gebore is, en “Sterkspruit” was dus die wyk waarin Anna Cornelia Swanepoel b7c7d2 oorlede is, waarskynlik onder beheer van veldkornet Kruger. Hoekom “boven” gebruik is, is onbekend, dit verwys waarskynlik na die fisiese spruit waarvan die ligging nie bepaal kon word nie.

Verdere inligting op die kaart kompliseer sake en word nie hier bespreek nie. Al wat genoem kan word is dat Swanepoels uit ander lyne nog in 1880 op die grond was. Die deel waar Anna Cornelia Swanepoel oorlede is en Adriaan Johannes dus op agtergelaat is, kan nie met sekerheid bepaal word nie. Daar kan net net gesê word dat dit in ‘n area noord, miskien bietjie meer noordwes van die huidige Smithfield was. Sien my knipsel onder Media. Ek laai nie die landmetergeneraalkaart op nie. Dit sal seker nie 'n probleem wees insake kopiereg indien erkenning gegee word nie. Wat wel 'n probleem is is dat ek nie die inligting so maklik wil beskikbaar maak in die era van grondeise nie. Dis wel op die internet maar die soek daarvan is moeilik.

Volgens ‘n grondtransaksielys in ‘n Landbouweekblad van 2001 [6] is die plaas Cyferfontein no 100, by hierdie punt 30 km noordwes van Smithfield, 771 ha groot. Die aangrensende plaas Uitkyk 79 word aan die Bertie Swanepoel-Trust verkoop. Dit is juis die verband tussen Uitkyk en Cyferfontein wat verwarrend is. Ons weet nou dat Swanepoels afgesien van 1880 weer so laat as 2001 by die punt bedrywig was. Dis moontlik, maar nie uit bestaande inligting bewysbaar nie, dat Swanepoels nog al die tyd hier gewoon het. Weereens, ek sou graag hierdie area as die blyplek van Adriaan Johannes en Anna Cornelia wou voorhou, maar dis nog nie bewys nie.

Adriaan Johannes se eie sterfdatum is iewers na 1859, maar kan nie so laat as die Anglo-Boere-oorlog wees nie, as hy in die 18de eeu gebore is nie.

Data:

d2 Adriaan Johannes * dist. Uitenhage c. 1783 bej. ≈ Swellendam 18.8.1808 (vader nie vermeld nie en ouers as ongehuud opgegee) x Graaff-Reinet 19.10.1817 Anna Cornelia SWANEPOEL (b7c7d2) * dist. Swellendam 1.6.1796 ≈ 12.1.1797 † “Suiderfontein” 21.5.1859 d.v. Abraham Christoffel Swanepoel en Anna Cornelia van Tonder

Bronne:

1. Swanepoel, A.J.:Die geografiese verspreiding van Swanepoels in die Kaapprovinsie. Familia, 29(1), 1992, pp. 9-12.

2. South African Genealogies. Compiled, augmented and edited by GISA from the original notes of J.A. Heese and other contributors. Vol 12, 2005.

3. Gesamentlike testament met eggenote

4. Eggenote se sterfkennis

5. Chief Surveyor General (South Africa). http://csg.dla.gov.za/ Accessed on 2018-09-15

6. http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2001/0.... Besigtig op 2018-09-16.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_____________________________________________________________

view all 11

Adriaan Johannes Swanepoel, a1b6c4d2's Timeline

1783
1783
Dist, Uitenhage, Cape Colony, South Africa
1808
August 2, 1808
Age 25
Swellendam, Cape of Good Hope, South Africa
1817
October 9, 1817
Cape of Good Hope, South Africa
1820
December 28, 1820
1823
June 1, 1823
Field Cornetcy Zwarteruggens, Uitenhage, Cape Colony
1825
December 3, 1825
Uitenhage, Eastern Cape, South Africa
1827
1827
Heilbron, Orange Free State, South Africa
1831
January 29, 1831
Brakrivier, Noord Kaap, South Africa
1833
January 12, 1833
Burgersdorp, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa