Petrus Johannes Marthinus Swanepoel, b6c4d5

Is your surname Swanepoel?

Connect to 15,680 Swanepoel profiles on Geni

Petrus Johannes Marthinus Swanepoel, b6c4d5's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Petrus Johannes Marthinus Swanepoel, b6c4d5

1. In die doopregister is sy naam net ‘Piet’ geskryf, maar in ander dokumente is sy name ‘Petrus ‘Johannes Marthinus geskryf.

2. Met sy kinders e1 tot e3 se doop is hy en sy eggenote as ‘Hottentotte’ in die doopregister beskryf.

3. Sy eggenote se eerste naam soms ‘Maria’ geskryf.

4. Met sy kind Johanna (e3) se doop is sy eie name net ‘Petrus Marthinus’ en sy eggenote s’n net ‘Johanna Susanna BEZUIDENHOUT’ in die doopregister geskryf.

5. Beroep: Boswerker.

____________________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Ek is dit nie eens met die redaksionele opmerking in SAG 12 [1] dat sy geboortedatum voor 1789 moet wees nie. Ons weet nie waar die registeropsteller (Heese?) sy data vandaan kry nie. AJ Swanepoel [2] noem dit ook nie. Dit is nie tot my beskikking nie, maar iemand moes ‘n dooprekord ter hande gehad het. Ook vir sy broer Jacobus is ‘n presiese datum beskikbaar. As hy voor 1789 gebore is, gooi dit baie lyne se appelkarre om.

Sy ouers word as Hottentotte aangedui en sy kinders weer synde húlle ouers Hottentotte was. Net die laaste opmerking kan waar wees, want Jacobus b6c4 het nie ‘n Khoikhoi-ma gehad nie, net ‘n metgesel of lewensmaat. Piet sou redelik donkervellig wees en so ook sy aanvanklike lewensmaat en latere vrou.

Na hom eindig die Elizabeth van Deventerlyn en is sy moontlik oorlede. Die aanduidings is dat al haar nasate in die bruin gemeenskap voortbestaan het, behalwe twee: Adriaan Johannes wat met sy wit kleinniggie getroud is en ek as blanke nasaat is ‘n bewys dat hierdie lyn verblank het. David (Chistiaan Christoffel) se vrou word ook as "vdk" aangedui, maar dit wil lyk of die geslag daarna blank ingetrou het want daar is van elkeen rekenskap gegee en hulle het grondbesitters geword.

Data:

d5 Petrus Johannes Marthinus * 22.3.1799 (moet waarskynlik voor 1789 wees red.) bej. ≈ Uitenhage 24.2.1818 (volgens doopregister was hy net Piet en word sy ouers as “Hottentotte” aangedui), boswerker † “Sandfontein” op die plaas v. kaptein Reishton 28.9.1841 x Uitenhage 4.7.1820 Johanna Susanna Aletta BEZUIDENHOUT v.d. Kaap * 1.5.1789 † 12.7.1881. Kinders e1 – e3 is buite-egtelik gebore en word die ouers as “Hottentotte” vermeld [1]

b6c4d5 Petrus Johannes Marthinus Geb 1799-03-22 ~ Uitenhage 1818-03-24 x Uitenhage 1820-07-04 Johanna Susanna Aletta BEZUIDENHOUT * 1789-05-01 ~ 1818-07-12 + Sandfontein, op die eiendom van Kaptein Reishton 1841-09-28 Nota 1. In die doopregister is sy naam net ‘Piet’ geskryf, maar in ander dokumente is sy name ‘Petrus ‘Johannes Marthinus geskryf. 2. Met sy kinders e1 tot e3 se doop is hy en sy eggenote as ‘Hottentotte’ in die doopregister beskryf. 3. Sy eggenote se eerste naam soms ‘Maria’ geskryf. 4. Met sy kind Johanna (e3) se doop is sy eie name net ‘Petrus Marthinus’ en sy eggenote s’n net ‘Johanna Susanna BEZUIDENHOUT’ in die doopregister geskryf. 5. Beroep: Boswerker. [2]

Bronne:

1. South African Genealogies. Compiled, augmented and edited by GISA from the original notes of J.A. Heese and other contributors. Vol 12, 2005, p491.

2. A.J. Swanepoel in medewerking met Aletta Maria Swanepoel. 1999. ‘n Geslagregister van Swanepoel-families in Suid-Afrika. Pretoria: A.J. Swanepoel. CD weergawe, 2015. p 395.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Hottentot was ‘n woord destyds in algemene gebruik. Die ophaal van ras is bloot om konteks te genereer en het nie enige politieke oogmerke nie.

view all

Petrus Johannes Marthinus Swanepoel, b6c4d5's Timeline