Elizabeth Swanepoel

Is your surname van Deventer?

Connect to 4,898 van Deventer profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Elizabeth Swanepoel (van Deventer)

Also Known As: "van die Kaap"
Birthdate:
Birthplace: South Africa
Death: between circa 1799 and circa 1804 (35-57)
South Africa
Immediate Family:

Daughter of NN van Deventer and NN van Deventer
Partner of Jacobus Swanepoel
Mother of David Christiaan Christoffel Swanepoel, a1b6c4d1; Adriaan Johannes Swanepoel, a1b6c4d2; Margaretha Smit, b6c4d3; Jacobus Swanepoel, b6c4d4; Petrus Johannes Marthinus Swanepoel, b6c4d5 and 1 other

Managed by: Adriaan Roedolf Swanepoel, a1b6c...
Last Updated:

About Elizabeth Swanepoel

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 7 geslagte

Elizabeth van Deventer van die Kaap se geskatte geboortedatum kan bereken word op ongeveer 1755-60 op grond van haar oudste seun David se sterfkennis-bevestigde geboortedatum van 1781.

Haar “lewensmaat” Jacobus Swanepoel het volgens die gebrek aan sy kinders se name op sy opgaafrolle [1], dalk geen verantwoordelikheid vir hulle aanvaar nie en het moontlik ook nie deurentyd by hulle gewoon nie. Aan die anderkant het hy konsekwent eers kinders by haar en daarna by Catharina Flink, min of meer soos in 'n huwelik. Ek stem nie saam dat sy die van Swanepoel kon dra as sy nie formeel getroud was nie en daar is geen aanduiding nie.

Met die kind Margaretha (d3) se doop (sy was reeds volwasse) word haar name as Mita Maria van Deventer in die doopregister geskryf [2].

Elizabeth se laaste kind was Petrus Johannes Marthinus Swanepoel wat volgens CH Swanepoel [1] op die presiese datum van 22-3-1799 gebore is; dit moet seker deur ‘n dokument bevestig wees. Catharina Flink se eersteling Christiaan Swanepoel word net by benadering aangedui as * c 1804. Elizabeth is moontlik dan tussen 1799 en 1804 oorlede in haar laat dertigs of vroeë veertigs.

Hulle woonplek is volgens CH Swanepoel iewers in die groter Uitenhage distrik.

Doopdatums is nie van veel belang nie, synde al die kinders lank na hulle geboortes gedoop is.

Nou wie was Elizabeth / Mita Maria se ouers? ‘n Volgeling op hierdie profiel het in privaatkorrespondensie aangedui dat sy ‘n kleinkind van die stamouers kan wees. Daar is net een stel stamouers. Ek stem saam, alhoewel haar geboortejaarreeks dan teruggeskuif moet word, volgens my argument hieronder. Die stamouers het 4 seuns wat die van kon oordra:

  • Jan Hendrik van Deventer, b1;
  • Jacob Gerritz van Deventer, b6;
  • Hendrik Gerritsz van Deventer, b8
  • Gerrit Gerritsz van Deventer, b9 (gedoop 1713, reproduktiewe jare vanaf circa die 1730s).

Ongelukkig is daar twyfel rondom die kinders en gevolglik hulle DVNs. Probleem nommer een. Vir werksdoeleindes hou ek by die bogenoemde.

Kinders word aangedui vir b1 en b6. Niks vir b8 en b9 nie. Dit kan wees omdat hierdie lyne nog nie nagevors is nie.

Ek argumenteer in die profiel van Gerrit Gerritsz van Deventer dat hy moontlik die kind van ‘n ongenoemde bruin moeder is.

Gerrit Gerritsz van Deventer, b9 is met ‘n klaarblyklike wit vrou, Rachel Joubert getroud. Enige kind, en daar is geen bekend nie, sou dan ‘n mate van pigmentasie gehad het. CH Swanepoel dui aan dat van Elizabeth se kleinkinders as “hottentotte” in doopregisters aangedui word. Die pigmentasie kan van haar "skoondogters" kom, maar dit kan ook dui dat Elizabeth / Mita Maria van Khoikhoi oorsprong kan wees eerder as Oosters. Die argument word ook versterk deur dat sy nie met Jacobus Swanepoel getroud was nie. Ons weet nie hoekom sy die V.d.K annotasie dra nie. Daar is enkele Van Deventers in “Groep sonder grense” [3], maar geen Elizabeth of Mita Maria of enige van die bogenoemde moontlike vaders nie. Die annotasie kan ook bloot beteken aan die Kaap gebore, nie in Europa of die ooste nie.

As Gerrit Gerritsz b9 die vader is, en hy begin kinders verwek het vanaf die 1730s, kon hy steeds aktief gewees het by sy afsterwe in die 1750s. Alternatiewelik kon Elizabeth / Mita Maria bietjie vroeër gebore gewees het. Van die argumente hierbo steun op mekaar, maar elkeen is betwyfelbaar en nie dokument-ondersteund nie. Ek laat hierdie inligting dus nie as feite nie, maar as ‘n navorsingsmoontlikheid vir iemand met tyd en toegang tot Kaapse argiewe. Dis tans (Jan 2020) nie vir my moontlik nie, as ‘n werknemer en woonagtig in Gauteng. Navorsing moet ook kyk na die ander seuns of totaal ander gedagterigtings en inferensies!

Bronne:

1. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526 . Sien veral Hoofstuk 2 vir meer inligting.

2. A.J. Swanepoel in medewerking met Aletta Maria Swanepoel. 1999. n Geslagregister van Swanepoel-families in Suid-Afrika. Pretoria: A.J. Swanepoel. CD weergawe, 2015

3. H F Heese; Delia A Robertson. , ©2011 Cape melting pot : the role and status of the mixed population at the Cape, 1652-1795. [Johannesburg, South Africa] : D.A. Robertson. p. 177 Op die internet beskikbaar: http://www.e-family.co.za/ffy/RemarkableWriting/CapeMeltingPot-FFY.pdf. Besigtig op 2018-03-23. Vertaling van: H F Heese. 1984. Groep sonder grense : (die rol en status van die gemengde bevolking aan die Kaap, 1652-1795) Bellville : Wes-Kaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing, Universiteit van Wes-Kaapland. C-reeks--Navorsingpublikasies, no. 5.

Inligting verskaf as oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Die inbring van ras is geregverdig in hierdie geval.

view all

Elizabeth Swanepoel's Timeline

1755
1755
South Africa
1781
November 28, 1781
Sandvlakte,, Willowmore, Western District, EC, South Africa
November 29, 1781
Sandvlakte, Willowmore, Cape Colony
1783
1783
Dist, Uitenhage, Cape Colony, South Africa
1789
1789
1791
January 23, 1791
1799
March 22, 1799
1799
Age 44
South Africa