Jan Hendrik Henning, b1c3

Is your surname Henning?

Connect to 8,864 Henning profiles on Geni

Jan Hendrik Henning, b1c3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jan Hendrik Henning, b1c3

Jan Hendrik HENNING, b1c3

  • Gebore/Born: * 17.5.1805 Zoetfontein, Cradock
  • Gedoop/Baptized: ~ 10.11.1805 Graaff-Reinet
  • Oorlede/Died: + 6.1.1881 Aliwal-Noord

Huwelike/Marriages --------------------

  1. x Anna Magdalena DU PLESSIS d.o. Jacobus DU PLESSIS & Petronella Magdalena (NN)
  2. xx Elizabeth Marguerita KRUGEL d.o. Andries Jacobus KRUGEL

Kinders/Children --------------------

By/with Anna Magdalena DU PLESSIS:

  • d1 Jacobus Petrus * 18.12.1826
  • d2 Johannes Gerhardus * 29.3.1829
  • d3 Jacobus Petrus * 3.6.1831
  • d4 Jan Hendrik * 23.1.1833
  • d5 Jacobus * 5.4.1835
  • d6 Martha Magdalena * 25.10.1836
  • d7 Daniël Stephanus Albertus * 20.7.1838
  • d8 Pieter Hendrik Barend * 27.10.1840
  • d9 Magdalena Petronella * 25.3.1842
  • d10 Christiaan Rudolf * 26.1.1844
  • d11 Zarl Stephanus * 23.1.1846
  • d12 Alwyn Petrus * 17.1.1848
  • d13 Benjamin Jacobus * 21.2.1850
  • d14 Anna Maria * 10.7.1853

Geskiedenis/History --------------------

© 2007 Peter Henrich Henning Familiebond

Jan Hendrik word groot op sy ouers se plaas Zoetfontein in die Graaff-Reinet (latere Cradock) distrik. Na sy eerste huwelik met Anna Du Plessis begin hy, sy vader en sy broers, soos die meeste trekboere, dieper die binneland in trek op soek na beter weivelde vir hul vee. Tussen die jare 1819 en 1825 bevind hulle hul in die Brakrivier Veldkornetskap - in die gebied tussen die teenswoordige Middelburg en Hofmeyr. Twee van sy ooms het gedurende daardie jare plase daar besit. Hierna trek hulle na die gebied wat later die distrik Albert sou word, waar hy 'n plaas in die omgewing van die huidige spoorweg sylyn HENNING, wes van Stormbergstasie (naby Burgersdorp) bekom. Teen ongeveer 1836/37 trek hy na 'n plaas in die distrik van die latere Aliwal-Noord. Hy noem die plaas Elandshoek. Verskeie van sy kinders word op Elandshoek gebore. Later in sy lewe het hy en sy tweede eggenote hulle egter in Aliwal-Noord gaan vestig. Hy is gevolglik een van 'n paar Hennings uit hierdie tydvak wat op 'n dorp, en nie op 'n plaas nie, oorlede is. Hy is in die ou begraafplaas in Durbanstraat, Aliwal-Noord begrawe. Omdat die sandsteen grafsteen reeds erg begin verweer, het een van sy nasate, b1.c3.d7.e9.f2. Genl.Maj P H S Henning, gedurende 1993 'n koperplaat met sy besonderhede op die graf aangebring. Baie van Jan Hendrik en sy seuns se handewerk op Elandshoek - onder andere 'n klipmuur van etlike kilometers lank en 'n opstal op die plaas - kan vandag nog besigtig word.

Gedurende 1860 het die kerkraad van die gemeente van die Kaapse Kerk te Aliwal-Noord, 'n boukommissie benoem met die opdrag om die beplanning en oprigting van 'n nuwe kerkgebou vir die gemeente te behartig. Jan Hendrik was 'n lid van hierdie kommissie. Die Aliwal-Noord dorpsmuseum met die Henning uitstalling, is tans in hierdie ou kerkgebou gehuisves.


Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/2/4/247p.htm
view all 20

Jan Hendrik Henning, b1c3's Timeline

1805
May 17, 1805
Zoetfontein district, Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
November 10, 1805
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1826
December 18, 1826
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1829
March 29, 1829
1831
June 3, 1831
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1833
January 23, 1833
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1835
April 5, 1835
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1836
October 25, 1836
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1838
July 20, 1838
Elandshoek, Aliwal-Noord, South Africa