Johannes Gerhardus (Kwaai Gert) Henning

How are you related to Johannes Gerhardus (Kwaai Gert) Henning?

Connect to the World Family Tree to find out

Johannes Gerhardus (Kwaai Gert) Henning's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Gerhardus (Kwaai Gert) Henning

Johannes Gerhardus HENNING, b1

  • Gebore/Born: * 18.3.1770 Tulbach

Huwelike/Marriages --------------------

  1. x Martha Magdalena NIENABER ~ 21.5.1780

Kinders/Children --------------------

By/with Martha Magdalena NIENABER:

  • c1 Pieter Hendrik
  • c2 Maria Johanna Magdalena * 16.9.1801
  • c3 Jan Hendrik * 17.5.1805
  • c4 Elizabeth Catharina * 23.4.1809
  • c5 Martha Lasya * 7.6.1811
  • c6 Johannes Stephanus * 18.7.1814
  • c7 Maria Agata
  • c8 Charl Gerhardus * 4.5.1815
  • c9 Johanna Susanna Magdalena * 26.12.1821

Geskiedenis/History --------------------

© 2007 Peter Henrich Henning Familiebond

Sy doopregister in die Tulbagh (Land van Waveren) gemeente dui sy name as Johannes Gerhard aan, dog alle ander dokumente dui sy name as Johannes Gerhardus aan. Hy is na sy oupa Henning vernoem, wat gedurende 1758 te Lippstadt, in die staat Lippe (Duitsland) oorlede is. Ongelukkig is daar baie min aangaande Johannes Gerhardus en sy eggenote bekend. Beide se sterfkennisse kon nie opgespoor word nie - vermoedelik omdat sy sterfte nie geregistreer is nie en sy vrou omdat sy vermoedelik na sy dood weer in die huwelik getree het en haar sterfte onder 'n ander van geregistreer is. Hy is egter voor sy moeder oorlede, want dit word duidelik op haar sterfkennisgewing aangedui - sy is gedurende 1845 oorlede.

'n Jaar voordat Johannes Gerhardus getroud is, dit wil sê gedurende 1798, het hy darem al 'n klein boerderytjie aan die gang gehad. In die Opgaafrolle (belastingopgawes) van 1798 word aangedui dat hy, saam met sy ouers, op Jacob Pretorius se plaas in die wyk Achter de Sneeuwberg gewoon het en dat hy agt perde, 39 hoenders en 286 skape besit het. Hoewel Johannes Gerhardus se ouers reeds die eienaars van die plase Elandskraal en Roode Taaibosch was, het dit soms gebeur dat daar nie meer weiveld en/of water op 'n bepaalde plaas beskikbaar was nie. Die boer het dan tydelik weggetrek totdat toestande op sy plaas sodanig verbeter het dat hy kon terugkeer. Vermoedelik was dit die rede waarom die Henning gesin se belastingopgawe gedurende 1798 op die plaas van Jacob Pretorius opgeneem is.

Twee jaar later, gedurende 1800, woon hy en sy eggenote nog by sy ouers op hulle plaas Elandskraal, in die wyk Achter de Sneeuwberg en het sy boerdery darem al aangegroei tot elf perde, 49 beeste en 349 skape.

Tussen die jare 1802 en 1804 is daar skynbaar net een keer belastingopgawes opgeneem. Johannes Gerhardus, sy vrou en hul twee kinders wat al gebore is, woon nog saam met sy ouers. Hulle besit die volgende:

  • 1 x Hottentotman bo 16 jaar
  • 1 x Hottentotseun
  • 2 x ryperde
  • 8 x aanteelperde
  • 12 x trekosse
  • 24 x aanteelbeeste
  • 30 x hamels
  • 420 x skape
  • 116 x bokke
  • 1 x wa
  • heelwat gesaaides

Gedurende 1805 het hy saam met sy pa en sommige van sy broers na die wyk Achter Rhenosterberg uitgewyk want sy belastingopgawe is hier opgeneem. Hy besit die volgende:

  • 2 x Hottentotmans
  • 1 x Hottentotvrou
  • 3 x ryperde
  • 4 x aanteelperde
  • 20 x trekosse
  • 36 x aanteelbeeste
  • 448 x skape
  • 120 x bokke
  • 1 x wa

Tussen die jare 1805 en 1819 woon Johannes Gerhardus en sy gesin weer op sy ouers se plaas, Elandskraal, in die wyk Achter Sneeuwberg. Die sterfregisters van sommige van sy kinders dui aan dat hulle op die plaas Zoetfontein gebore is. Zoetfontein is 'n buurplaas van Elandskraal. Hoewel sy bates van jaar tot jaar fluktueer het - skynbaar as gevolg van die sporadiese droogtes, ander rampe soos sprinkane, trekbokke en diefstal deur die Boesmans en Xhosas - het dit 'n stygende kurwe getoon. Teen 1816 het hy byvoorbeeld een slavin met twee seuns besit, asook drie ryperde, ses aanteelperde, 13 trekosse, 17 beeste, 1665 skape, 52 bokke en een wa. Sy beeste en skape was heelwat minder as die vorige paar jaar. Hy het gedurende 1816 ook een mud koring gesaai en 28 mud ge-oes.

Teen 1820 trek Johannes Gerhardus en sy gesin weg vanaf Zoetfontein. Ons tel hulle spoor op in die belastingopgawes van Cradock, in die Brakrivier veldkornetskap (latere Middelburg). Johannes Gerhardus besit op hierdie tydstip die volgende: Twee Hottentot mans, twee Hottentot seuns, vier Hottentot vrouens, een Hottentot dogter, twee ryperde, vier aanteel perde, 12 trekosse, 77 beeste, 1766 skape en een wa. Dit is duidelik dat hulle besig was om te trek, want hulle het geen gesaaides gehad nie.

In die daaropvolgende vyf jaar - tot 1825 - woon hulle steeds in die wyk Brakrivier en het elke jaar ook 'n bietjie koring en gars gesaai. Sy beste oes het hy gedurende 1824 behaal toe hy mud koring en mud gars gesaai en 21 mud koring en 2 mud gars ge-oes het. Sy skaap getalle het nou ook die 2 000 kerf oorskrei.

Teen 1825 is Johannes Gerhardus se twee oudste seuns, Pieter Hendrik (reeds getroud) en Jan Hendrik (nog ongetroud) se opgawes apart opgeneem. Dit is waar ons finaal Johannes Gerhardus se spoor verloor.


Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/2/3/235p.htm
view all 14

Johannes Gerhardus (Kwaai Gert) Henning's Timeline

1770
March 18, 1770
Tulbagh, Land van Waveren, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
March 18, 1770
Stellenbosch, Caep de Goede Hoop, South Africa
1798
March 18, 1798
Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet, South Africa
1800
1800
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1805
May 17, 1805
Zoetfontein district, Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1809
April 23, 1809
Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, Eastern Cape, South Africa
1811
July 7, 1811
Achter De Sneeuwberg, Graaff-Reinet, Eastern Cape, South Africa
1814
July 18, 1814
Zoetfontein, Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1815
May 4, 1815
Achter De Sneeuwberg