Jan Philippus Carel Hennop, b1c1 / L521-F7J

Is your surname Hennop?

Connect to 169 Hennop profiles on Geni

Jan Philippus Carel Hennop, b1c1 / L521-F7J's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jan Philippus Carel Hennop, b1c1 / L521-F7J

Baptism 1 Nov 1778, Tulbagh - https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-W949-C?i=441&... regterbladsy (37) tweede van onder

Crest taken from https://sites.google.com/site/hennopfamily1/

____________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 5 geslagte

In Geslacht-register der oude Kaapsche familien. Deel 2, A tot O deur De Villiers, C.C. 1894 [1] word hierdie persoon nie gekoppel met sy vader nie. Hulle name verskyn wel onder mekaar en hy is al wat inpas. Die beskikbaarheid intussen van sy dooprekord bevestig egter die verwantskap.

Daar is steeds 'n ander verwarrende dokument op FamilySearch:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:QG68-8QV3

Jan Philip Carel Heenop South Africa, Register of Slaves, 1762-1838 Name: Jan Philip Carel Heenop Event Type: Immigration

Oor hierdie register skryf FamilySearch: South Africa, Register of Slaves, 1762-1838 Description This is a collection of slave registers kept in Cape Province, South Africa. Includes name of slaveholders and name, sex, age, homeland and occupation of each slave or servant. Includes information on manumissions, transfers, inheritances, births, deaths, marriages, and ownership. The registers are incomplete, with some sections missing. Some of the owners are free persons of color, or have notes accompanying their name which explain their relationship to other owners.

Hiervolgens is Jan Philip Carel Heenop se pa Carel Jacobus Heenop en een of beide was immigrante. Nuwe, latere immigrante? Is dit dieselfde persoon? Daar is niks verdere inligting op FamilySearch se geindekseerde dele oor Carel Jacobus nie. Die Duitse Hennops / Heenops was tog nie slawe nie? Verdere, waarskynlik fisiese argivale navorsing is nodig.

In sy eerste vrou se profiel word haar sterfplek en -datum as Brandfort in 1817 aangedui. Dit kon 'n aanduiding van sy bewegings gewees het, maar dis uiters onwaarskynlik. Alhoewel daar baie trekboere in die VS was voor die Groot Trek, was dit nie so vroeg nie en Brandfort het natuurlik nog nie bestaan nie.

Hy trou na die eerste vrou se afsterwe met nog 'n Griesel, Magdalena Maria Johanna wat my voormoeder is. Die verwantskap is nie bekend nie. Volgens huidige aanduidings was hulle nie susters nie en Magdalena Maria Johanna is 32 jaar jonger as haar voorganger.

In teenstelling met sy pa wat in die skuld was by ‘n boedel, het Jan Hennop ‘n eis teen die boedel van Testator(s): Anna Maria Jacoba Kruger en die nagelate Josua Viljoen op 15 Desember 1832. In ‘n inventaris wat nie net getranskribeer is nie, maar ook vertaal is na Engels:

  • to Jan Hennop for 45 feet yellow wood at 4 22:4
  • thirty nails 0:3
  • Die totaal is Rd:s22:7

Mens wonder wat die doel van die hout en spykers was, om ‘n kis vir die oorledene te maak? Waarskynlik het geelhout destyds nie die waarde gehad wat dit vandag het nie.

Om te illustreer hoe moeilik die spelvariasies die lewe vir die genealoog maak, kom hierdie persoon se van op een plek as Hennop voor en dan weer as Heenop, binne een dokument!

Hy tree ook op as waardeerder, is dit nie ‘n botsing van belange met sy rol as eiser nie? Daar is darem ‘n medewaardeerder, ene Johannes Botha. Die inventaris word op 3 Februarie be-eedig te Graaf-Reinet. Hieruit leer ons ook, by gebrek aan ‘n sterfdatum, dat hy op hierdie datum nog in lewe is op die ouderdom van min of meer 55.

Visagie [4] meen hy kon hom met sy seuns, hulle aan die Hennopsrivier gevestig het teen 1840. Alles is egter vermoedens. Uit die rekord (opgelaai by Media) leer ons ook dat hy moontlik in die wyk Winterveld gewoon het, in die distrik Beaufort (die huidige Beaufort-Wes. Indien hy wel 'n Voortrekker was, is die beste raaiskoot die trekgeselskap van Andries Hendrik Potgieter. 'n Hele aantal argiefstukke word genoem vir verifikasie vir diegene wat dit kan doen.

Synde die stamvader eers later die land ingekom het, en hierdie persoon se pa die enigste een was wat die van kon voortdra, was daar 'n bottelnek aan die begin. Dit het daartoe gelei dat die van taamlik skaars is in Suid-Afrika. Hierdie Jan Philippus Carel Hennop het 5 seuns wat die naam kon voortdra, maar steeds 'n oorwig dogters. (Met die veronderstelling dat die slaweregister-konneksie nie vir hom geld nie).

Bronne:

1. Christoffel Coetzee de Villiers, Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familien Deel 2, A tot O. Kaapstad ; Van de Sandt de Villiers, 1893-1894. Beskikbaar: https://archive.org/details/OudeKaapscheFamilienPart2. Besigtig op 12-01-2018

2. GISA SA Familieregisters (SAF) combo CD, Letters A-L

3. Testator(s): Anna Maria Jacoba Kruger [/] Josua Viljoen. Inventories of the Orphan Chamber. Cape Town Archives Repository, South Africa Reference no.: MOOC8/74.5 Op die internet beskikbaar: http://databases.tanap.net/mooc/. Besigtig op 2018-03-19

4. Jan C. Visagie. 2010. Voortrekkerstamouers 1835-1845. Tweede uitgawe. Pretoria: Proteaboekhuis.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_____________________________________________________________

view all 18

Jan Philippus Carel Hennop, b1c1 / L521-F7J's Timeline

1778
November 1, 1778
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1807
1807
1808
August 29, 1808
1810
December 17, 1810
1814
January 10, 1814
Colesberg, Cape Colony, South Africa
1816
1816
1817
1817
1820
1820
1822
June 5, 1822
Onberg, Graaff-Reinet dist., Cape Colony, South Africa