Abraham Jacobus Hennop, b1c1d2

Is your surname Hennop, b1c1d2?

Research the Hennop, b1c1d2 family

Abraham Jacobus Hennop, b1c1d2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Abraham Jacobus Hennop, b1c1d2

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hy word op 27 November 1808 gedoop en woon aanvanklik in die distrik Beaufort-Wes [1].

Die plaas "Roodepoort aan die Hennopsrivier, distrik Pretoria" is op 3 Januarie 1840 in ene Abraham Jacobus Hennop se naam geregistreer [1]. Volgens Du Preez [2] is "plase in die omgewing van die teenswoordige Pretoria reeds so vroeg as 1841 uitgemeet. Veldkornet (later kommandant) Gert Kruger het naamlik in opdrag van die Volksraad in Augustus 1841 'n plaasinspeksie onderneem".

Die Wikipedia-inskrywing vir Hennopsrivier beweer die volgende: "Ander inwoners was die weduwee Helena Hennop, aan die Hennopsrivier...." [3].

Hierdie outeur haal die die Dictionary of Southern African Place Names [4] aan:

“Hennops River (T 2527 DD-2528 CC). Rises south-west of Pretoria and flows west and north into the Hartebeestpoort Dam near Pelindaba. Formerly Erasmus or Rasmus River, it takes its name from the farm Hennopsrivier, named after a previous owner, the widow H Hennop, about 1859.”

My oupa David Schalk Hennop het vertel dat die rivier vernoem na 'n Hennop-familielid wat daarin verdrink het. Dit was egter ook maar oorlewering waarvan hy nie seker was nie. Familie was hulle uiteraard wel maar daar was 'n groot generasieverskil.

Hier is te veel onduidelikhede. Die Abraham Jacobus Hennop van Du Preez noem sy plaas Roodepoort. Die plaas Hennopsrivier word nie met hom verbind nie. Dit klink ook snaaks dat ‘n rivier vernoem word na ‘n plaas terwyl die plaas die woord rivier bevat!

Is hy miskien die persoon? Die datums 1940 en 1941 is naby mekaar. Ongelukkig word geen vrou aangedui vir Abraham Jacobus nie, Ek kry ook nie 'n geskikte Helena Hennop in die bronne nie, die wat aangedui word is gebore Hennops.

Daar is dus die volgende moontlikhede:

Abraham Jacobus Hennop het niks met Helena of die rivier te doen nie.

Helena is Abraham Jacobus se weduwee (nadat hy dalk in die rivier verdrink het!)

Roodepoort en Hennopsrivier as plase is dalk dieselfde plaas, of glad nie.

Die genealogiese rekords wys geen ander Abraham Jacobus Hennop uit wat in daardie tyd gelewe het nie. Die persoon in die inskrywing is hoogswaarkynlik wel die persoon waarna bron [1] verwys. Sy ouderdom teen 1840 was omtrent 32 en maak hom ‘n geskikte kandidaat om na die Groot Trek ‘n plaas te bekom. Verdere navorsing sal moet bepaal wat sy verband met Helena was, indien enige. Indien nie, met wie was Helena voorheen getroud. Die plase sal in die akteskantoor nagevors moet word.

Bronne:

1. GISA SA Familieregisters (SAF) combo CD, Letters A-L. Vir alle data oor hierdie persoon word JC Visagie se boek Voortrekkerstamouers 1835-1845 erken. 'n Foto daarvan is by Media opgelaai.

2. Sophia du Preez. "Die eerste bewoners van Kerkplein, Pretoria, Voortrekkerplase in die distrik Pretoria" (PDF). Dokumentasiediens, Suid-Afrikaanse Weermag. Beskikbaar op die internet: http://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/5110/No_3%281978%29_.... Besigtig op 2018-03-07.

3. Hennopsrivier. https://af.wikipedia.org/wiki/Hennopsrivier. Besigtig op 2018-03-07.

4. Raper, P.E.. 1987. “Dictionary of Southern African Place Names”. [Pretoria]: HSRC.

Kopiereg: Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

___________________________________________________________________

view all

Abraham Jacobus Hennop, b1c1d2's Timeline