Johannes (Jan) Swanepoel, b5

Is your surname Swanepoel?

Connect to 16,212 Swanepoel profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes (Jan) Swanepoel, b5

Marriage of Johannes Swanepoel and Dina Brits 29 Sep 1743, Paarl, Cape Province, South Africa

b5 - Johannes - Page 485 - “SA Genealogies” vol 12, Genealogical Institute of SA, Stellenbosch, 2005”

Johannes Swanepoel (geb. 1723), opsigter op Cloete se veeplaas Doordrift in die Camdebo, gids van Swellengrebel op dié se reis deur die Kaapse binneland in 1776, is tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel weens die doodslag van 'n Hottentotvrou

1782/02/01 Johan Swanepoel Sr. has been given a life sentence on Robben Island.

(source: Hendrik Swellengrebel jr., Briefwisseling oor Kaapse sake 1778-1792 (ed. G.J. Schutte). Van Riebeeck-Vereniging, Kaapstad 1982)

 -Shelvin Swanepoel navorsing.

Volgens ’n naamlys van persone wat op veldtogte uitgegaan het (Stb 13/31), het hy in 1736 by Dawid MALAN op die plaas Vierfontein in die Onder Roggeveld gewoon.

______________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Tot en met “In 1776…” is die teks ligweg geredigeerde uittreksels uit CH Swanepoel [1]. Laai af vir besonderhede oor sy aanhalings. Die paragraaf “Volgens ’n naamlys…”) is gehaal uit die geskrif hierbo, wat primêre bron Stb 13/31 (Stellenbosch) aanhaal. Die deel “in 1776…” steun sterk op Schutte [2]. Syfers daarbinne is vir aanhalings in daardie teks, laai af vir duidelikheid. Die deel vanaf “Sy naam kom voor in die Bandietenrollen” steun sterk op bron [3.] Verder soos aangedui.

Hy word gedoop op 2 Mei 1723 in die Paarl. Die doopgetuies: Abraham de Clerk en Jean? Mouton. (NGKA: 3/3/1: 61; Heese & Lombard 1992: 306)

Volgens ’n naamlys van persone wat op veldtogte uitgegaan het (Stb 13/31), het hy in 1736 by Dawid MALAN op die plaas Vierfontein in die Onder Roggeveld gewoon. DAS: Tensy hy laat gedoop is, maak dit hom slegs 13 jaar oud - ‘n vroeë manifestasie van die penkopverskynsel? Die vraag is ook, hoekom het hy elders ingewoon en nie by sy ouers nie?

Hy trou op 29 September 1743 in Drakenstein met Dina Brits (b6c2), dogter van Rudolph Brits (b2) en Maria Gerrits (b3) (Swanepoel1999: 376; Heese & Lombard 1999a: 446; Heese & Lombard 1989: 431)

In 1744 word daar in die Monsterrolle van die Kompanjie vermeld dat hy en sy jonger broer Jacobus (b6) as dragonders van die Kompanjie onder kapt Johannes Louw Jacobsz in die Drakenstein diens gedoen het (KAB: J 195).

Hy ontvang op 9 April 1756 saam met Jacob Marais toestemming om met hulle vee te gaan wei op't kleijne Roggeveldt gent. De Brandfontain (KAB: RLR 14/2: 200). Drie jaar later op 19 April 1759, gee hierdie twee veeboere kennis dat hulle hierdie plaas gaan verlaat. Intussen het Johannes Swanepoel ook op 16 Junie 1757 toestemming ontvang om sy vee te laat wei op die plaas de Fortuijn geleegen in het roggeveld, wat voorheen aan Pieter Ernst Kruger toegestaan is (KAB: RLR 15/ 1: 57). Eers in 1775 gee Johannes Swanepoel kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat. Sy nuwe adres word egter nie vermeld nie. Die Klein Roggeveld is in die Karoo noord van Matjiesfontein.

12 Februarie 1761: Toestemming aan Johannes Swanepoel, de jonge (b5 ?) Plaas: de Reboksfonteijn geleegen in 't Roggeveld 11 November 1781 woon Johannes Swanepoel steeds op bogenoemde plaas (KAB: RLR 16/2: 164, 165). CH Swanepoel bespiegel dat hierdie ook 'n verwysing kan wees na b5, maar daar staan dat dit 'n "de jonge" is en en teen 1 Feb 1781 is Johannes Swanepoel b5 in die tronk- sien ondertoe. Hierdie Swanepoel kan sy eie seun wees (b5c4) of 'n broerskind, bv b3c6.

9 Januarie 1771: Toestemming aan Johannes Swanepoel (Pieters z.) (b5 of b3c6): Plaas: aan de Gamka tussen de Swarteberg gehouden wesende 7 Januarie 1775: Johannes Swanepoel gee kennis dat hy bogenoemde plaas verlaat (KAB: RLR 21/1: 164)

In 1776 word hy aangedui as opsigter op Cloete se veeplaas Doordrift in die Camdebo, en word aangedui as gids van Swellengrebel op dié se reis deur die Kaapse binneland in 1776 [2]. Die Camdebo is by Graaff-Reinet. Dis onduidelik waarom hy skielik so ver beweeg en sy status van selfstandige boer na die van opsigter verander. Die Swellengrebel hier is die seun van Hendrik Swellengrebel, die Kaapse Goewerneur. Hendrik Swellengrebel jr is aan die Kaap gebore, maar woon die meeste van sy lewe in Nederland. Hy was bevriend met Hendrik Cloete, ‘n welgestelde Kaapse boer en sakeman en ook op ‘n tyd die eienaar van Groot Constantia. Hulle uitvoerige korrespondensie is saamgevat in die bundel “Briefwisseling oor Kaapse sake 1778-1792”, die pas aangehaalde bron [2], hierna verwys as Schutte, die redakteur.

Die vermaarde ontdekkingsreisiger Gordon [3] noem ook ‘n Swanepoel wat hoogswaarskynlik in een geval Johannes Swanepoel b5 is. Robert Jacob Gordon was 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger, soldaat, kunstenaar, natuurkundige en taalkundige van Skotse afkoms. Hy onderneem 6 reise waarvan rekords van no 2-5 behoue gebly het en ‘n goudmyn van inligting oor allerhande onderwerpe bevat. Die eerste melding is in die derde reis waar “Swanepoel” net skielik genoem word, en skynbaar ook nie by aangedoen word nie.

R. J. Gordon 3rd Journey 28 August 1778 January 1779. 12th November 1778. Bearing on the Platte Kloof S.S.E. 3 deg. E. On the western side where the Gamka runs, the mountains are divided. It is six hours on foot from here across the mountain. From there Swanepoel is 1½ hours further than the Geelbek. 20th December 1778. Thermometer 70 deg. to 82 deg. to 73 deg. Barometer at Krieger’s 26 inches 3 tenths. Fine weather. Fresh south winds. Course to Krieger through two high basins, uphill, N.E. by N. 3 deg. N. 5½ hours journey with oxwagons, 2 º hours on horseback. We passed Swanepoel’s farm and also Carel Krieger’s, the Sergeant. They are an hour and a half apart.

Genoeg inligting word egter verskaf om Johannes se blyplek op daardie tydstip met aansienlike akkuraatheid te bepaal, sou iemand belangstel.

Op die 5de reis word wel by ene H. Swanepoel op dieselfde roete aangedoen vir reparasies. R.J. GORDON - 5th JOURNEY - 19th NOVEMBER 1785 - 12th MARCH 1786 13th January 1786. Departed for H. Swanepoel, my previous road. He is a wagon-maker and smith, so engaged him to do the repairs and all was completed in one day. Synde Johannes b5 teen daardie tyd in die tronk is, is hierdie H Swanepoel moontlik sy seun, b5c4.

‘n Soektog op https://www.robertjacobgordon.nl/search?q=swanepoel, verskaf ‘n tekening van die plaas van Hendrik Cloete bestuur deur Johannes Swanepoel.

‘n “Old Swanepoel” word ook ‘n paar keer genoem in die Engelse vertaling van die geskrifte van ‘n ander polimatiese reisiger, die Fransman François le Vaillant. [3b.] Hy word nie by voornaam geidentifiseer nie, maar word een keer oud of ouer genoem. Hy word basies net skielik die eerste keer genoem waar hy help om beeste oor ‘n rivier te laat swem. Die konteks oor “old Swanepoel” is waar Le Vaillant oor sy utdagings met inheemse volke skryf en Swanepoel as getrou uitbeeld: “ I however kept firm to my purpose, and opposed them to the very last ; but neither my representations, nor the entreaties of Klaas, produced any effect, except on two of them, who at length consented to expose themselves with me. Old Swanepoel was one of them: but what could four people have done alone?” Vroeër word Swanepoel ook as venerable (eerbiedwaardig) beskryf. As hierdie Swanepoel b5 is, kon hy net aan die reis in 1780 deelgeneem het. Die verwysings na hom kom in vol 1 voor, dit pas dus in.

Johannes Swanepoel se omstandighede versleg in 1781 toe hy tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel word weens die doodslag van 'n Hottentotvrou. Laat ons sien wat sê Schutte hieroor.

p. 13 …. die veroordeling van die Swanepoel-broers weens doodslag van 'n Hottentotvrou 40 …. Watter ander broer? Is hy ook gestraf?

P185. In XXIV H. Cloete aan Swellengrebel. Caabsche Nouvelles van t Jaar 1781 Februarij 1. is Joh. Swanepoel d'oude gecondemneert voor de tijd zijns levens op t Robben Eyland. Voetnota 2 stel die volgende: 2. Johannes Swanepoel (geb. 1723), opsigter op Cloete se veeplaas Doordrift in die Camdebo, gids van Swellengrebel op dié se reis deur die Kaapse binneland in 1776, is tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel weens die doodslag van 'n Hottentotvrou (ARA:KA 4275 fo. 43, 45, 56, KA 4279 fo. 11). Mens sal net duidelikheid hê as hierdie argiefdokument bestudeer word.

p. 186. De Europeese Banditen van t Eyland 18. zijn gedeeltelijk versonden en aan de deenen die verleegen waren om volk afgegeeven, ook eenige op onse schepen geplaast, mijn oude Swanepoel 19. is soo verre gelargeert. Hierdie sin is meer verstaanbaar in die vertaling na moderne Engels wat Schutte self verskaf: The European convicts on the island have been mostly sent away, some allocated to the Danes who were short of men, while some have been placed on our ships and old Swanepoel has been allowed to stay at the Cape. Op hierdie stadium word Robbeneiland ontruim van bandiete. Johannes Swanepoel bly aan die Kaap, seker omdat hy alhier gebore is. Ons weet nie waar hy toe aangehou is nie. Die Bandietenrollen (vorentoe) praat van "consent landwaarts", maar dit wil nie voorkom of hy ooit vrygelaat is nie.

Die Engelse opsomming in Schutte, wat Shelvin Swanepoel hierbo aanhaal beweer: XXIV H. Cloete to Swellengrebel Caabsche nouvelles or News from the Cape during the year 1782. Johan Swanepoel Sr. has been given a life sentence on Robben Island. In die Nederlands is die jaar is egter 1781 en die naam moet Johannes wees.

Daar is 'n probleem dat CH Swanepoel en Schutte se inligting verskil. Daar was ook ander Johannesse, maar Schutte praat heeltyd van "de oude" en die ander pas nie in nie. Die probleem sal seker net met 'n argiefbesoek opgelos kan word.

Die naam kom voor in die Bandietenrollen van daardie tyd, weereens duidelik vir Johannes Swanepoel "d'oud". [4]. Geen duidelik geformuleerde aanklag is in die rekords nie, wel ‘n nota. Hier staan niks van die moord nie, en die nota is onverstaanbaar: “heeft seedert de komst der vijanden, om sijne te voor toonde trouw permissie bekomen, sig nu als condemneerde is op te houden”. Watter vyande? Het hy voorheen ‘n toestemming bekom vir iets weens trou betoon, wat nou opgehef is weens sy status as veroordeelde? Watse toestemming?

Johannes Swanepoel se naam kom voor op ‘n lys op ‘n resolusie van die Politieke Raad [5]. “Woensdag den 17 April 1793 N:o 3 Lyst van zodanige Boedels als zeedert de Maand September 1791 tot Ultimo February 1793. door den geweese Adjunct Secretaris de Heer Ryno Johannes van der Riet ter Weeskamer gereddert zyn. 32:o d:o Johannes Swanepoel,”

Hierop baseer ek sy sterfdatumreeks, die waarskynlikste was 1790 aangesien daar net enkele maande in die ander 2 jare was. Hy was dus ongeveer 9 jaar in die tronk. Hy was 58 met sy gevangesetting, dus met sy afsterwe ongeveer 67.

Volgens CH Swanepoel se bewegingsgeskiedenis het hy ‘n skoon pad gevolg die meeste van sy lewe. Dieselfde geld vir sy broers. Wat het gebeur dat hy ‘n vrou vermoor het? Ons weet nie wat die omstandighede was nie, miskien provokasie? Die insident is hartseer vanuit die oogpunt van die Swanepoelfamilie en die familie van die Khoikoivrou.

Bronne:

1. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526 Waarskuwing: leer is 64 MB groot.

2. Hendrik Swellengrebel jr., Briefwisseling oor Kaapse sake 1778-1792 (ed. G.J. Schutte). Van Riebeeck-Vereniging, Kaapstad 1982. Beskikbaar op die internet: http://www.dbnl.org/tekst/swel004brie01_01/colofon.htm Besigtig op 15-3-2018. © 2010 dbnl / G.J. Schutte

3. Robert Jacob Gordon: His verbal and visual descriptions of South Africa (1777-1795). Beskikbaar op die internet: https://www.robertjacobgordon.nl/. Besigtig op 2018-03-21. Doen ‘n “search” op Swanepoel. Ook op http://www.digitalcollections.lib.uct.ac.za/robert-jacob-gordon-jou.... Nederlandse transkripsies van die teks en vertalings na moderne verstaanbare Engels kan as PDFs afgelaai word. Grafika is by ‘n ander skakel op die bladsy.

3b. Le Vaillant, François, 1753-1824. 1796. Travels into the interior parts of Africa by the way of the Cape of Good Hope, in the years 1780, 81, 82, 83, 84, and 85. Translated from the French. Illustrated with 12 elegant copper-plates. 2 vol. London, Printed for G. G. and J. Robinson, 1796. 2d ed. Translation of Voyage dans l'intérieur de l'Afrique. Beskikbaar op die internet: https://archive.org/stream/travelsintointe01vailgoog/travelsintoint...

4. Bandietenrollen. CJ3188/565-576 P262 en CJ3189/215-218 op verskeie plekke. In Cape transcripts : TEPC - two centuries transcribed, 1673-1834. [Cape Town] : TEPC Project, ©2008.

5. Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope, Cape Town Archives Repository, South Africa . Reference code: C. 216, pp. 27−125. Beskikbaar op die internet: http://databases.tanap.net/cgh/. Besigtig op 2018-03-20.

Kopiereg: Bron 1: Universiteit van Stellenbosch. Bronne 2 en 4: soos aangedui.

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.



b5 - Johannes - Page 485 - “SA Genealogies” vol 12, Genealogical Institute of SA, Stellenbosch, 2005”

Johannes Swanepoel (geb. 1723), opsigter op Cloete se veeplaas Doordrift in die Camdebo, gids van Swellengrebel op dié se reis deur die Kaapse binneland in 1776, is tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel weens die doodslag van 'n Hottentotvrou

1782/02/01 Johan Swanepoel Sr. has been given a life sentence on Robben Island.

(source: Hendrik Swellengrebel jr., Briefwisseling oor Kaapse sake 1778-1792 (ed. G.J. Schutte). Van Riebeeck-Vereniging, Kaapstad 1982)

-Shelvin Swanepoel navorsing. Volgens ’n naamlys van persone wat op veldtogte uitgegaan het (Stb 13/31), het hy in 1736 by Dawid MALAN op die plaas Vierfontein in die Onder Roggeveld gewoon.

______________________________________________________________________

view all 16

Johannes (Jan) Swanepoel, b5's Timeline

1723
May 2, 1723
Paarl, Cape Winelands District Municipality, Western Cape, South Africa
May 2, 1723
Cape Winelands, Western Cape, South Africa
May 2, 1723
1738
June 29, 1738
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1744
1744
1748
September 1, 1748
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1751
November 1751
Tulbagh, Cape Province, South Africa
1754
1754
1757
March 17, 1757
Klein Roggeveld, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa