Judith Swanepoel, b4c6 SM

Is your surname van Eeden?

Connect to 2,969 van Eeden profiles on Geni

Judith Swanepoel, b4c6 SM's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Judith Swanepoel, b4c6 SM

Marriage:
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-69V1-V?view=i...

Judi Marais-Meyer resgister

Bronne: MOOC8/13.47a en b gedateer 8 Okt 1770

Boedel en inventaris van haar 1st man Hendrik(Hendrick)Swanepoel

Hy laat haar met 8 kinders tussen die ouderdomme van 14 jaar en 14 maande agter.

Ook die plase Swarte Berg en Klipbank albei geleë aan die Swartberge.

Verder van geldwaarde ook 4 slawe, 86 beeste,4 perde en 830 skape

As getuie op die inventaris () teken Jan Nel en Stephanus Gouws

Boek der Gestorvene, Land van Waveren - https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSKD-F3XH?i=430&ca...

-----------------------------------------------------------------------------------

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 7 geslagte

Judith van Eeden, SM (Veldman-familie) se oupa Jan Janse van Eeden, ook bekend as Jan van Oldenburg, se grond het gegrens aan 'n stuk grond wat die stamvader Pieter Jansz Swanepoel in 1712 gekoop het (AK: T1, 1716, 1065- 1157; AK: T 1138, 6 November 1716; AK: T452, 3 Desember 1698). [1]

Van Eedens word dikwels in CH Swanepoel se tesis (1) genoem en dit wil voorkom of hulle behalwe die familieverband, in redelik noue assosiasie met die Swanepoels geleef het.

Judith trou op 23-3-1755 te Tulbagh met Hendrik Swanepoel b7 en verwek 8 kinders by hom. Hendrik Swanepoel se sterfdatum is onder dispuut, en dieselfde geld ook vir Judith. Haar sterfdatum word aangegee as 28 Julie 1770, sterfouderdom 35, maar haar seun Jan Hendrik Veldman deur wie sy die Veldmans se stammoeder word, word eers op 15 November 1772 gedoop. Is dit ‘n geval van ‘n baie laat doop of het Judith langer gelewe?

Volgens Hendrik se inventarisse (opgelaai by sy rekord) [2] is sy op 8 Oktober 1770 in lewe en maak op een ‘n verklaring omtrent die inventaris.

Volgens die Hoge-uittreksel [3] opgelaai by Johann Heinrich Veldman, SV/PROG se rekord:

    ~ 24.11.1771 Judith van Eeden, wid. Hendrik Swanepoel (Marr. Reg. of Paarl). One son. + 1773. Die tilde dui hier 'n huwelik aan en nie 'n doop nie. Die feit dat daar net  een seun  is, kan ook aan Veldman se afsterwe eerder as hare toegeskryf word.

Judith van Eeden rig in 1772 ook nog ‘n versoekskrif aan die Politieke Raad insake ‘n slaaf, Manna van Bougies wat sy meen haar eiendom is. Die slaaf beskou homself as vry persoon. Die 17de eeuse Nederlands is nie baie verstaanbaar nie, maar word ingetrek:

“Laatstelijk nog geleezen weezende, zeeker versoekschrift, door de Landbouweresse Judith van Eeden weed: Hendrik Swanepoel gepresenteerd, houdende supplicq, dat meede in haar faveur aan het Ministerium tot Colombo mogte werden geschreeven, ten eijnde zij door dies bewerking mogte geraken tot het weeder besit van den daar bij vermelden haar in Eijgendom toebehoorenden slaaf gen:t Manna van Bougies, die in den voorl: Jaare, ten verkoope na Ceijlon gezonden, dog op desselfs voorgeeven, dat hij geen Slaaf, maar een vrij persoon quam te zijn, heeft te wege gebragt, dat denselven bij dispositief des Justitieelen Raads tot Colombo, in vrijdom is gesteld, tot dat het Contrarie Soude werden geprobeerd, het welk bij de, het voorsz: request geannexeerde stucken komende te geschieden; is dierhalven verstaan, dat het gem: Ministerium, bij ons p:r het in de baaij fals vertoevend' Ceijlonsschip Geijnwensch aftegane schrijvens, vriendelijk sal werden versogt, de voors: Suppl:te, ter sake als bovengem: de behulpsame hand te bieden, ten eijnde meerm: lijfEijgen, ten haren behoeve publicq verkogt, dan wel weederom herwaards moge gesonden werden.” [4]

Meer navorsing is nodig rondom die Veldman-konneksie synde Johann Heinrich Veldman, SV/PROG se rekord ook foutief is (ondersoek op 2018-02-08). Sy geboortedatum is definitief foutief.

Bronne:

1. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526

2. Boedelinventarisse (opgelaai by Hendrik Swanepoel se rekord)

3. - Dr. J. Hoge, Personalia of the Germans at the Cape, 1652-1806, Archives Year Book for South African History (Cape Town: Government Printer, Union of South Africa, 1946) (nie self gesien).

4. Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa Reference code: C. 150, pp. 323−334. Beskikbaar op die internet: http://databases.tanap.net/cgh/ Besigtig op 2018-03-20

Kopiereg: Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.


GEDCOM Source

Dirk Bakker Blood Relatives Web Site <p>MyHeritage family tree</p><p>Family site: Blood Relatives Web Site</p>Family tree: 146073401-1 Discovery 146073401-1 MH:S500011

GEDCOM Source

3 1 SEP 2015 Added via an Instant Discovery™

view all 18

Judith Swanepoel, b4c6 SM's Timeline

1735
January 16, 1735
Swellendam, Cape, South Africa
January 16, 1735
Drakenstein
January 16, 1735
Swellendam
January 16, 1735
1750
1750
Western Cape, South Africa
1756
1756
Swartebergen, Swartberge distrik, Suid Afrika, Kaap
1758
March 24, 1758
Stellenbosch, Cape of Good Hope, South Africa
March 29, 1758
Cape of Good Hope, South Africa
December 24, 1758
Swartebergen, Swartberge distrik, Suid Afrika, Kaap