Kmdt. Jacob Philippus Maré

How are you related to Kmdt. Jacob Philippus Maré?

Connect to the World Family Tree to find out

Kmdt. Jacob Philippus Maré's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Kmdt. Jacob Philippus Maré

Kmdt. Jacob Philippus (Japie) Maré was ’n student aan die Teologiese Skool Burgersdorp ten tyde van sy dood weens wonde wat hy opgedoen het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Japie Maré is op Eendracht in die distrik Heidelberg, Transvaal, gebore as die oudste van die ses kinders uit die derde huwelik van Jacob Maré (bynaam Jors Voeter, 1823–1900) met Johanna Catharina Louisa Schabort (1842–1895).

Uit sy vader se eerste twee huwelike is sewe kinders gebore, onder wie Sarie Maré (wat voortleef in die volksliedjie Sarie Marais), en uit sy vierde, in 1897 met Maria Cecilia Alberta Zinn, geen.

Japie se vader, wat volgens oorlewing op 15-jarige ouderdom aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het, het in 1887 as Volksraadlid van Transvaal afgetree, waarna die hele gesin van Heidelberg, Tvl., na Middelburg, Kaap, verhuis het omdat die klimaat vir hom gesonder sou wees. Die gesin het terwyl die Volksraad in sitting was, in ’n huis in Strubenstraat, Pretoria, tuisgegaan.

Japie Maré het moontlik in 1895 of selfs vroeër met sy studie aan die Teologiese Skool Burgersdorp begin. Hier was hy ’n vurige ondersteuner van die Genootskap van Regte Afrikaners. Die steeds groeiende Afrikanernasionalisme het af en toe uiting gevind in optredes binne die georganiseerde studentegeledere van die Teologiese Skool.

Die Studente Letterkundige Vereniging (gestig 1892) het nie net suiwer letterkundige sake bespreek nie; hulle het hulle ook druk besig gehou met sake van die dag, onder meer onvermydelik ook politieke en staatkundige aangeleenthede.

So kom op 25 Maart 1898 besprekingstemas ter sprake soos “De Afrikanerbond in de laatste elektie”, “Gelijke rechten voor Hollandsch en Engelsch” en “Paul Kruger, Theunis Steyn, Cecil Rhodes”. En op 9 Desember daardie jaar, teen die agtergrond van toenemende spanning tussen Brittanje en die Boererepublieke, handel dit oor die vraag: “Bestaat er grond voor Rassehaat?” (die term ras slaan hier op Afrikaans- en Engelssprekendes).

Maré – min wetende wat die komende oorlog vir hom persoonlik sou inhou – behandel die vraag: “Is oorlog voordelig of nadelig?”

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 was Maré een van die studente wat terug Transvaal toe gegaan het om die wapen op te neem.

Hy is op 19 Desember 1901 tydens die bestorming van ’n blokhuis by Elandspruit naby Dullstroom in die Oos-Transvaal dodelik gewond.

Hy sterf op 11 Februarie die volgende jaar in die hospitaal op Machadodorp. Hy was een van drie huidige en twee oudstudente van die Teologiese Skool of Literariese Departement wat in die Driejarige Oorlog gesneuwel het.

Die ander huidige studente was Johannes Abraham Venter (20) van Bethulie, wat vroeg in Maart 1900 by die Bethuliebrug oor die Oranjerivier gesneuwel het en Jan Christoffel Kruger (23) van Burgersdorp (dus waarskynlik ’n Kaapse rebel), wat vroeg in Junie 1901 op die plaas Ruigtevlei naby Steynsburg in ’n skermutseling dood is.

Die twee oudstudente was Karel Coetzee en Calman Lion Cachet. Laasgenoemde was die seun van die rektor, prof. Jan Lion Cachet.

https://af.m.wikipedia.org/wiki/Japie_Maré


Sterfkennis: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-S48B?i=126&ca...

view all 11

Kmdt. Jacob Philippus Maré's Timeline

1878
June 14, 1878
Plaas Eendracht, Heidelberg, Transvaal, South Africa
June 30, 1878
Heidelbeg, Transvaal, South Africa
1893
1893
1898
1898
1899
1899
1899
1902
February 11, 1902
Age 23
In Hospital, Machadodorp, Transvaal, South Africa
1902
Age 23
Graf 680, Ou Kerkhof, Middelburg, Transvaal, South Africa
????
????