How are you related to Pieter Swanepoel?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Pieter Swanepoel

Pieter  Swanepoel - ~(Doop) - 1718-07-10 Added by AR Swanepoel

Pieter  Swanepoel - x(Huwelik) Martha Elizabeth Swanepoel (Nee) Botha - 1742-02-11 Added by AR Swanepoel



Facts (4) Add fact

   1718    Birth 

Burger van Drakenstein
July 10 1718
Marriage to: Martha Elizabeth Swanepoel, A1B2C8 (born BOTHA)
Woon in Distrik Uitenhage 1770
Age ‎~52‏
Birth of son: Hendrik Jacobus Swanepoel, A1 B3C12
Circa 1770 Death
1. In argiefstukke van Stellenbosch (Stb 13/31) kom sy naam voor op ’n lys van persone wat tussen 1736 en 1744 op veldtogte uitgegaan het. In daardie tyd het is sy ‘adres’ aangedui as: ‘In de Slangehoek op zyn plaats’ en ‘Op syn selfs aan d’ Olifantsrivier by Pieter de Villiers’. Dit is in die huidige Oudtshoorn-distrik.

2. Volgens die opgaafrolle van Uitenhage (J110) het hy in 1792 in die Uitenhage-distrik gewoon. ________________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Die volgende is ligweg geredigeerde uittreksels uit Cooks [1] en CH Swanepoel [2] oor Pieter Swanepoel b3 en sy vrou Martha Elizabeth Botha. Laai die tesisse af vir meer inligting oor die argiefdokumente wat aangehaal word.

Cooks:

Pieter Swanepoel, die derde seun van Pieter Jansz, was blootgestel aan verskeie elemente tydens die verskuiwing van die grense vanaf die pragtige vallei tussen die Obikwa- en Witsenberge, die huidige Tulbagh tot in die omgewing van Rawsonville. Swanepoel is op 10 Julie 1718 in die Drakenstein-kerk gedoop. Hy het vermoedelik tot op 18-jarige ouderdom by sy ouers, die stamvader Pieter Jansz Swanepoel, op die plaas Nieuwmunster gebly. Daarna het hy in “de Slangehoek op zyn plaats” gaan woon. Slangehoek is in die omgewing van Rawsonville, ongeveer 45 km vanaf die “Land van Waveren” geleë.

Pieter is op 11 Februarie 1742 met Martha Elizabeth Botha in die Drakenstein-gemeente getroud. Die huweliksbevestiging is waargeneem deur ds. Salomon van Echten. Martha was die agterkleinkind van ʼn Indiese slavin. Sy is gebore in 1726 en gedoop op 15 Desember 1726 in Stellenbosch. Die kerk in Tulbagh is eers in 1743 gebou en is ʼn moontlike rede waarom hulle in die Drakensteingemeente getroud is. Uit hierdie huwelik is agt seuns en drie dogters gebore.

In argiefstukke van Stellenbosch kom Pieter Swanepoel se naam voor op ʼn lys van persone wat tussen 1736 en 1744 op kommando-veldtogte uitgegaan het. In daardie tyd is sy adres aangedui as “in de Slangehoek op zyn plaats” en “op syn selfs aan d' Olifantsrivier by Pieter de Villiers”.

In die testament van Pieter Swanepoel, wat in 1775 opgestel is, bemaak hy sy slaaf Beyer van de Kaap, aan sy seun, Hendrik Swanepoel. Pieter Swanepoel se vrou, Martha Elisabeth Botha, stel in 1805 ʼn testament op wat in 1809 verander is. Alhoewel Pieter se sterfdatum nie bekend is nie, is dit waarskynlik gedurende 1805, aangesien sy vrou in 1805 ʼn testament opgestel het. Hy was dus ongeveer 87 jaar oud.

Pieter Swanepoel se vrou, Martha Elizabeth Botha, is ʼn afstammeling van ʼn Indiese slavin, Catharina van Malabar (Bengale) Martha se oumagrootjie, Catharina van Malabar, het na die Kaap gekom as ʼn volbloed Oosterse slavin vanaf die kus van Malabar in Indië. Catharina is op 15 Maart 1676 met Cornelis Claasen getroud. Claasen het hom vanaf die dorp Utrecht uit Nederland in die Kaap kom vestig. Hierdie paartjie is ʼn voorbeeld van ʼn verbintenis tussen ʼn wit man en ʼn slavin, asook waar ʼn huwelik plaasgevind het nadat een of meer kinders uit ʼn buite-egtelike verhouding gebore is. Na so ʼn huwelik is die kinders meesal op gelyke voet met die kinders van blanke egpare aanvaar. Catharina en Cornelis het nege kinders gehad, wat in die vryburger-gemeenskap opgeneem is.

Pieter Swanepoel het in 1736 vanaf Tulbagh in die Breederiviervallei tot in die Slanghoek omgewing, naby die huidige Rawsonville, getrek - ʼn afstand van 45 kilometer. Alhoewel dit in vandag se tyd gereken ʼn kort afstand is, kon dit in daardie dae met ʼn ossewa nie maklik gewees het nie.

Volgens die opgaafrolle van Uitenhage (J110) het Pieter Swanepoel in 1792 reeds in die Uitenhage-distrik gewoon. Uitenhage het toe deel uitgemaak van die groter GraaffReinet-distrik en dit is nie bekend in watter deel van die distrik hy gewoon het nie. Dit is ook nie seker wanneer hy vanaf Slangekop (sic) daarheen getrek het nie. Sedert 1770 het daar reeds trekboere in die huidige Graaff-Reinet-distrik gewoon, maar die eerste gemeente is eers in 1792 gestig.

Die veeboere het maar ‘n armoedige bestaan gevoer. Alhoewel hulle in die algemeen groot kuddes groot- en kleinvee gehad het, kon hulle maar geringe geldelike voordele daaruit trek en is hulle tot ‘n betreklik primitiewe lewenswyse gedwing. Die beperkte vervoermiddels het Kaapstad moeilik bereikbaar gemaak. Hulle het wild gejag om in hulle vleisbehoeftes te voorsien en water uit strome, fonteine en riviere was die daaglikse bron van water. Heuning was egter volop en hulle het soms daarvan bier gemaak.

Die Swanepoels het stelselmatig in die rigting van die huidige Oudtshoorn, Uitenhage en Graaff-Reinet getrek. Oudtshoorn was in die tyd van Pieter Swanepoel deel van die huidige Beaufort-Wes-distrik. Die dorp Beaufort-Wes is eers in 1818 op die plaas Hooyvlakte deur goewerneur Lord Charles Somerset geproklameer.

CH Swanepoel:

Uit Pieter Swanepoel de jonge se aansoeke om weidingsregte blyk dit dat hy in 1748 in die Slanghoek tussen die huidige Wolseley en Worcester geboer het. Sy naam word ook van 1741 tot 1763 in die Opgaafrolle vir Drakenstein aangegee. Reeds op 5 Mei 1743 word daar aan die landbouer Pieter Swanepoel Junior toestemming verleen om vir 'n jaar met sy vee te gaan wei in de Slangehoek over de breede Rivier gent. Twee heuwels synde de verlatene plaats van den meede landbouer Fredrik Botha (KAB: RLR 10/2: 324). Pieter Swanepoel junior is in 1742 getroud met Maria Elizabeth Botha. Volgens die Opgaafrolle besit hy in 1742 slegs 1 perd en 8 beeste (KAB: J195). 'n Jaar later gee hy 17 beeste en 100 skape aan. Dit is egter moontlik dat hy vee van sy vader ontvang het, want Pieter Jansz Swanepoel gee in 1743 nog 300 skape aan, maar die daaropvolgende jaar besit hy volgens die Opgaafrolle slegs 200 skape (KAB: J195).

Dit blyk uit Pieter Swanepoel junior se gereelde aansoek om weiregte dat hy vir die volgende 8 jaar (1743 tot 1751) op die plaas Twee Heuwels in die Slanghoek met sy vee gewei het. Op 28 Julie 1751 gee hy kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat (KAB: RLR 10/2: 324). Dit is nie duidelik of hy dit dadelik gedoen het nie, want vier jaar later, op 21 April 1755, doen hy aansoek om met sy vee te gaan wei op die plaas Poespas valleij geleegen over de poesjenels Rivier (KAB: RLR 14/ 1: 96).

Die Poesjenelsrivier ontspring suidwes van Robertson in die Riviersonderendberge en vloei wes van Robertson in die Breerivier. Sewe jaar later, op 11 Januarie 1763, gee Pieter Swanepoel kennis dat hy hierdie plaas gaan verlaat, waarskynlik om horn te gaan vestig op die plaas Besemfontein geleegen in't buffelsland aan de Swarte berg, zynde de verlatene plaats van den meede landbouer Hendrik Swanepoel (KAB: RLR 14/1: 96). Op 17 September 1765 ontvang Pieter Swanepoel toestemming om vir nog 'n jaar sy vee op Besemfontein te laat wei (KAB: RLR 19/1: 35). Vir die volgende tien jaar sou dit sy staanplek wees. In 1796 sterf Pieter Swanepoel op 78-jarige ouderdom in die distrik Graaff-Reinet (KAB: 1/ GR 114/15a).

CH Swanepoel haal dus met gesag 'n dokument uit die Kaapse argiefbewaarplek aan t.o.v Pieter Swanepoel se sterfdatum. Dis meer aanvaarbaar as Cooks se skatting van 1805. Ook vanweë die baie hoë ouderdom wat hy in 1805 sou bereik het, as mens in ag neem dat dit nie algemeen vir daardie tyd was nie en synde sy broers almal of baie jonk of middeljarig gesterf het.

1. Cooks, James Andrew. 2013. ʼn Genealogiese en historiese perspektief op ʼn gedeelte van die familie Swanepoel in Suid-Afrika (1698-1906) MA tesis, Noordwes-Universiteit. Gratis aflaaibaar by: https://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/10163

2. Swanepoel, Christiaan Hendrik.  2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch.  Gratis aflaaibaar by:  http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526

Kopiereg op hierdie uittreksels berus by die onderskeie universiteite.

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

________________________________________________________________



Facts (4) Add fact

1718 Birth Burger van Drakenstein July 10 1718 Marriage to: Martha Elizabeth Swanepoel, A1B2C8 (born BOTHA) Woon in Distrik Uitenhage 1770 Age ‎~52‏ Birth of son: Hendrik Jacobus Swanepoel, A1 B3C12 Circa 1770 Death 1. In argiefstukke van Stellenbosch (Stb 13/31) kom sy naam voor op ’n lys van persone wat tussen 1736 en 1744 op veldtogte uitgegaan het. In daardie tyd het is sy ‘adres’ aangedui as: ‘In de Slangehoek op zyn plaats’ en ‘Op syn selfs aan d’ Olifantsrivier by Pieter de Villiers’. Dit is in die huidige Oudtshoorn-distrik. 2. Volgens die opgaafrolle van Uitenhage (J110) het hy in 1792 in die Uitenhage-distrik gewoon.

________________________________________________________________

view all 21

Pieter Swanepoel's Timeline

1718
July 10, 1718
Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
July 10, 1718
Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
July 10, 1718
July 10, 1718
Drakenstein
1731
December 16, 1731
Western Cape, South Africa
1743
March 31, 1743
Cape of Good Hope, South Africa
1744
December 5, 1744
Land van Waveren, Caep de Goede Hoop, South Africa
1747
December 17, 1747
Tulbagh, Land van Waveren, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1750
April 26, 1750
Land van Waveren, Caep de Goede Hoop, South Africa