Susanna Catharina Swanepoel

Is your surname Rabie?

Connect to 1,224 Rabie profiles on Geni

Susanna Catharina Swanepoel's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Susanna Catharina Swanepoel (Rabie)

Also Known As: "Susanna Catharina Swanepoel"
Birthdate:
Birthplace: Paarl, Drakenstein, Cape of Good Hope, South Africa
Death: before February 21, 1764
Plaas, Nieuwmunster, Poepasvallei, Middelbossieveld Dist, Swellendam, Cape of Good Hope, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Christiaan Rabie. SV/PROG and Margaretha Rabie, Swanepoel, Grobler, Croese
Wife of Jacobus Swanepoel, b6
Mother of Margaretha Minnie / Broeker; Pieter Swanepoel; Susanna Magdalena Diedericks. van Nieuwenhuizen, a1b6c3; Jacobus Swanepoel, a1b6c4; Christiaan Swanepoel and 1 other
Sister of Maria Magdalena Rabie, b1; Christiaan Rabie; Jan Bastiaan Rabé and Maria Sibella Swanepoel
Half sister of Maria Sibella Swanepoel b2c1

DVN: b2
Managed by: June Frances Kotzee
Last Updated:

About Susanna Catharina Swanepoel

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 8 geslagte

Daar is ‘n interesante familieverband rondom hierdie persoon. Margaretha Pyl (Rabie) was na die dood van haar man Christiaan vlugtig getroud met Jan Swanepoel, b2. Op hierdie wyse het haar dogter Susanna Catharina dus Jacobus Swanepoel (b6) ontmoet. “Op 13 Oktober 1748 word die 23-jarige Jacobus Swanepoel (b6) op Tulbagh deur ds Arnoldus Meiring in die huwelik bevestig met Susanna Catharina Rabie (b2), die dogter van Christiaan Rabie en Margaretha Pyl (NGKA: G 4/ 9/ 2: 2). Susanna Catharina was die tweede oudste kind en een van twee dogters en twee seuns van Christiaan Rabie en Margaretha Pyl [1]. Die teks hiervandaan steun sterk op bron [1].

Uit die huwelik tussen Jacobus Swanepoel en Susanna Catharina Rabie is daar ses kinders gebore, vier seuns en twee dogters. Die oudste twee, Margarietha en Pieter, was reeds gebore toe Jacobus Swanepoel in 1751 uit die distrik Drakenstein na die Swellendam-distrik verhuis (KAB: J 195- J 197).

In Jacobus Swanepoel en Susanna Catharina Rabie se geval, was die naaste kerk op Tulbagh gelee, 'n afstand van ongeveer 135 kilometer op vandag se gebaande weg. Uit die doopregisters van die Kaapse gemeente blyk dit dat die veeboere ook die Kaapse gemeente besoek het wanneer hulle een maal per jaar daarheen moes gaan om die ordonnansie op hulle leningsplase te hernu. Vyf van Jacobus Swanepoel en Susanna Catharina Rabie se kinders is op Tulbagh gedoop, terwyl een in die Paarl gedoop is (NGKA: G 4/7/1: 14, 19, 25, 35, 53; NGKA: G 3/ 3/ 2: 17).

Sy sterf kort voor 21 Februarie 1764 op ongeveer 36-jarige ouderdom. Hoewel die oorsaak van haar dood nie aangedui word nie, is haar jongste kind, Jan (b6c6), in 1761 gebore en die moontlikheid is groot dat sy as gevolg van komplikasies met 'n volgende swangerskap gesterf het. Die datum word verkry uit 'n boedel-inventaris wat na haar afsterwe opgestel is. Daar was daar 'n opstal ter waarde van Rds 50 op die plaas Poespasvallei waar hulle in daardie stadium gewoon het. Die feit dat hulle slavin Rebecca en haar twee kinders, Adam en Eva, in dieselfde inventaris op Rds 250 gewaardeer word, dien as bevestiging dat die veeboere nie veel geld aan die woonhuise op hulle leenplase spandeer het nie (KAB: MOOC 6/9/108: 1301). Die volledige inventaris gee 'n goeie aanduiding van die karige besittings van 'n veeboer-gesin teen die middel van die agtiende eeu. Die inventaris is te vind op p 71 van [1] .

Die opstel van hierdie boedel-inventaris na die afsterwe van Susanna Catharina Rabie en die afwesigheid van 'n testament, is 'n aanduiding dat sy intestaat gesterf het.

Die karigheid van Jacobus Swanepoel en Susanna Catharina Rabie se huisraad bied ook 'n eerstehandse blik op die eenvoudige bestaan wat 'n veeboer en sy gesin teen die middel van die agtiende eeu gevoer het. Hoewel hulle oor twee tafels beskik, het hulle slegs twee stoele. Daarby is daar vir die gesin van agt slegs twee beddens en twee katels (KAB: MOOC 6/9/108, 1301).

Bron:

Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526 .

Kopiereg: Universiteit van Stellenbosch, synde hierdie nota hoofsaaklik ‘n herverpakking is van uittreksels uit die tesis.

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 13

Susanna Catharina Swanepoel's Timeline

1728
October 13, 1728
Paarl, Drakenstein, Cape of Good Hope, South Africa
December 12, 1728
Paarl, Drakenstein, Cape of Good Hope, South Africa
December 12, 1728
December 12, 1728
December 12, 1728
Cape Colony, South Africa
1749
September 28, 1749
Stellenbosch, Dutch Cape Colony, South Africa
1751
October 29, 1751
Land van Waveren, Cape of Good Hope, South Africa
1753
August 15, 1753
Rodezand, Tulbagh, Dutch Cape Colony, South Africa
1755
December 25, 1755
Wyk Agter-Kogmanskloof In Die Karoo, Goedemoed, Cape Province, South Africa