Willem Frederik Henning, b6

Is your surname Henning?

Connect to 5,000+ Henning profiles on Geni

Willem Frederik Henning, b6's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Willem Frederik Henning, b6

Willem Frederik HENNING, b6

  • Gebore/Born: * 5.9.1782 Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet
  • Oorlede/Died: + 4.10.1844 Melkspruit, Albert

Huwelike/Marriages --------------------

  1. x Graaff-Reinet 13.9.1801 Hester Johanna KRUGER * 3.4.1782 Graaff-Reinet + 12.1.1862 Kalkoenkrans Albert d.o. Johann KRUGER & Maria Elizabeth VENTER

Kinders/Children --------------------

By/with Hester Johanna KRUGER:

  • c1 Pieter Hendrik * 2.7.1802
  • c2 Maria Elizabeth Dorothea * 1804
  • c3 Johannes Christiaan * 6.6.1806
  • c4 Willem Frederik * 25.9.1809
  • c5 Hester Johanna * 28.1.1814

Geskiedenis/History --------------------

© 2007 Peter Henrich Henning Familiebond

Soos al die jongmense van sy tyd het Willem Frederik Henning ook van kleinstyd af begin om sy eie boerdery op te bou. Teen die jaar 1800, toe hy agtien jaar oud was, het hy reeds twee perde, 14 beeste en 86 skape besit. Hy het nog by sy ouers op hulle plaas Elandskraal in die wyk "Achter de Sneeuwberg" gewoon.

Na sy troue gedurende 1801 gaan woon hy en sy eggenote in die wyk "Op de Sneeuwberg". In die Opgaafrolle van 1802-1804 word aangedui dat Willem Frederik Henning die volgende bates besit het: 1 x ryperd, 8 x trekosse, 26 x aanteelbeeste, 130 x aanteelskape, 83 x bokke en een wa.

Dit blyk of Willem Frederik en sy gesin gedurende hierdie dae soos die meeste Oosgrens boere heelwat rondgetrek het, op soek na weiveld vir hulle vee. Gedurende 1805 woon hulle in die wyk Voor Sneeuwberg. Ten spyte van die feit dat hulle baie rondgetrek het op soek na weiveld, het Willem Frederik en sy broers nog dikwels na die wyk Achter Sneeuwberg, waar hulle pa drie plase besit het, teruggekeer. Willem Frederik het skynbaar in hierdie tyd die plaas Klipplaat by sy vader oorgeneem. Op 15 Mei 1807 verkoop Willem Frederik Klipplaat aan ’n sekere Jan Hendrik Viljoen vir ’n bedrag van 500 Riksdaalers. Klipplaat lê enkele kilometers Suid van Elandskraal, sy ouers se plaas. In Hoofstuk 3 van die geslagregister verskyn ’n afdruk van die kwitansie van hierdie transaksie.

Die Opgaafrolle van 1809 dui aan dat Willem Frederik en sy vrou drie seuns en ’n dogter het en die volgende bates besit: 1 x Hottentot man bo 16 jaar, 1 x ryperd, 4 x aanteel perde, 10 x trekosse, 11 x beeste, 730 skape, 30 bokke en een wa. Sy boerdery het sedert 1805 aansienlik uitgebrei.

Teen 1811/12 het Willem Frederik en sy gesin die wyk Achter Sneeuwberg permanent verlaat en hulle tog na die binneland begin. Die 1812 opgaafrolle dui aan dat hulle in die wyk Rhenosterberg woon. Hy besit nou reeds 20 beeste en 1241 skape. Rhenosterberg lê reg noord van Achter Sneeuwberg.

Nadat hulle ’n jaar of twee hier gewoon het, trek hulle in ’n oostelike rigting na die wyk Brakrivier en vestig hulle op ’n plaas met die naam Juriesbaken. Hierdie plaas lê ongeveer halfpad, in lyn tussen Middelburg, Kaap en Hoffmeyr. Dit is ’n buurplaas van sy broer Gert Frans se plaas, De Keur en sy broer Jacobus Cornelis se seun Pieter Hendrik (b5.c2.) se plaas De Put. Sy broer Jacobus Cornelis het ook nie baie ver van hier af, op die plaas Geelbeksfontein gewoon nie. Dit was dus ’n gebied waar heelwat Hennings hulle intrek geneem het.

Teen 1816 is hulle reeds goed gevestig hier, want hy besit die volgende: twee ryperde, 4 aanteelperde, 8 trekosse, 31 beeste, 900 skape en een wa. Hy het ook 1¼ mud koring (tarwe in daardie dae genoem) en ¾ mud gars gesaai. Die opbrengs van sy koringoes was darem 21 mud gewees, terwyl sy gars oes ’n totale mislukking was.

Teen 1819 besit hy die volgende: 2 Hottentot mans, drie Hottentot seuns, twee Hottentot vroue, vier Hottentot dogters, 10 perde, 14 trekosse, 94 beeste, 1898 skape, twee waens. Hy het 1 ½ mud koring gesaai en 70 mud ge-oes0. Dit het dus die voorafgaande paar jaar baie goed met hulle gegaan. Tussen 1820 en 1823 was dit geweldig droog in hierdie omgewing. Dit word duidelik weerspieel in sy oeste van hierdie jare, wat almal baie klein was. Sy veegetalle fluktueer ook van jaar na jaar, dog toon ’n stygende kurwe.

Gedurende 1824 begin dit weer reën en dit gaan goed met die Henning gesin. Teen 1825 vermeerder sy veegetalle na 3020 skape en 107 bokke. ’n Interessante verskynsel in hierdie jaar se opgaafrol is dat die Hottentot arbeiders wat vanaf 1816 in sy diens was, nou as slawe aangedui word (nege mans en 11 vrouens). Dit blyk of die veldkornet wat die opname gedoen het, ’n fout hier gemaak het. In hierdie opgawe word ook aangedui dat Willem Frederik se twee oudste seuns nou ook reeds ’n boerdery van hul eie aan die gang gehad het.

Willem Frederik en sy gesin het hulle mettertyd op die plaas Melkspruit in die wyk wat later die Albert (Burgersdorp) distrik sou word gevestig. Hierdie plaas is ’n paar kilometers vanaf Aliwal-Noord op die pad na Burgersdorp.

Gedurende hierdie jare het duisende swart mense (van verskillende stamme) Suidwaarts getrek. As gevolg van die geweldige droogtes het hierdie stamme oor en weer mekaar se vee geroof en mekaar uitgemoor. Waar hulle met die blankes in aanraking gekom het, het hulle die blankes ook beroof. Veldkornet Abraham Pretorius van die Brakrivierwyk, wat ook vir die gebied aan die Stormbergspruit (destyds die Sterrenbergspruit), waar Willem Frederik Henning ingetrek het, verantwoordelik was, rapporteer gedurende September 1826 dat die Mantatese (die Suid Sotho’s van vandag) 267 beeste van Willem Henning gesteel het.


Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/2/3/238p.htm
view all

Willem Frederik Henning, b6's Timeline

1782
September 5, 1782
Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1783
November 16, 1783
Age 1
Tulbagh, Caap de Goede Hoop
1802
July 2, 1802
Cradock, Chris Hani District Municipality, Eastern Cape, South Africa
1804
August 6, 1804
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1806
June 6, 1806
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1809
September 25, 1809
Cradock, Kaapkolonie, Suid Afrika
1814
January 28, 1814
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1844
October 4, 1844
Age 62
Melkspruit, Albert (Burgersdorp), Kaapkolonie, Suid Afrika