Jacobus Cornelis Henning, b5

How are you related to Jacobus Cornelis Henning, b5?

Connect to the World Family Tree to find out

Jacobus Cornelis Henning, b5's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Cornelis Henning, b5

Jacobus Cornelis HENNING, b5

  • Gebore/Born: * 1782
  • Gedoop/Baptized: ~ 3.2.1782 Cradock
  • Oorlede/Died: + 10.7.1838 In OVS

Huwelike/Marriages --------------------

  1. x 13.9.1801 Cornelia Johanna MULLER * 1.1.1783 + 29.7.1839 Over de Koloniale grens (Colesberg) d.o. Jan Andries MULLER

Kinders/Children --------------------

By/with Cornelia Johanna MULLER:

  • c1 Jan Andries * 11.9.1802
  • c2 Pieter Hendrik * 8.9.1804
  • c3 Elizabeth Johanna Catharina * 1.1.1807
  • c4 Jacobus Cornelis Stephanus * 16.8.1811
  • c5 Gert Frans * 4.10.1815
  • c6 Johanna Cornelia Susanna Jacoba * 1.1.1821
  • c7 Johanna Catharina Jacoba

Geskiedenis/History --------------------

© 2007 Peter Henrich Henning Familiebond

Gedurende 1798, toe Jacobus Cornelis Henning slegs 16 jaar oud was, het die belastinggaarder van die Kaapkolonie hom al as 'n onafhanklike boer beskou, want in die Opgaafrolle (belastingopgawes) van daardie jaar word hy reeds apart van sy ouers aangedui, ten spyte van die feit dat hy nog ongetroud was en by sy ouers ingewoon het. Volgens die Opgaafrolle het hy op daardie stadium 15 hoenders en 59 skape besit. Twee jaar later, gedurende 1800 het sy bates darem al tot twee perde, 25 beeste en 98 skape aangegroei.

Hierna het Jacobus Cornelis en sy gesin se lewe as trekboere begin. Kort na die geboorte van sy tweede kind, Pieter Hendrik, gedurende 1804, moes Jacobus Cornelis en sy vrou die gebied Achter de Sneeuwberg verlaat het. Die Opgaafrolle van 1805 dui aan dat hulle op daardie stadium in die wyk Achter Rhenosterberg gewoon het. Dit val vandag in die Middelburg, Kaap distrik. Sy boerdery het intussen tot die volgende uitgebrei: vier perde, 12 trekosse, 23 aanteelbeeste, 314 skape, 119 bokke en een wa.

Teen 1807 woon hulle in die wyk Grootrivier (die latere Albert - Burgersdorp - distrik). Hy besit die volgende: vier perde, 19 trekosse, 17 aanteelbeeste, 609 skape, 88 bokke en een wa. Hulle derde kind, Elizabeth Johanna Catharina word hier gebore.

Drie jaar later, gedurende 1810, bevind Jacobus Cornelis en sy gesin hulle in die wyk Zeekoeirivier - skynbaar op 'n plaas met die naam Geelbeksfontein, 12 kilometers oos van die huidige Noupoort. Jacobus Cornelis se vrou, Cornelia Johanna, het hierdie plaas met haar afsterwe in haar boedel nagelaat. Hulle seun Jacobus Cornelis Stephanus (c4) is op die plaas Jakkalsfontein, 'n buurplaas van Geelbeksfontein oorlede. Gedurende 1810 besit Jacobus Cornelis die volgende: 11 perde, 10 trekosse, 25 aanteelbeeste, 945 skape, 66 bokke en een wa.

Sy naam kom in geen opgaafrol na 1810 voor nie. Aangesien hy en sy eggenote se sterfkennisgewings aandui dat hulle aan die Vrystaatkant van die Oranjerivier oorlede is, word afgelei dat hulle kort na 1810 reeds oor die Oranjerivier moes getrek het, waar hulle buite die jurisdiksie van die Kaapse owerhede gewoon het. Hulle sterftes is wel in die kolonie geregistreer.


Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/2/3/237p.htm
view all 11

Jacobus Cornelis Henning, b5's Timeline

1782
February 3, 1782
Graaff Reinet, Western District, EC, South Africa
February 3, 1782
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1802
September 11, 1802
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1804
September 8, 1804
Achter De Sneeuwberg
1807
1807
Grootrivier, Cape, South Africa
1811
August 16, 1811
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1815
October 4, 1815
Paarl, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1821
January 1, 1821
1838
July 10, 1838
Age 56