Ignatius Maré, SV/PROG

How are you related to Ignatius Maré, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Ignatius Maré, SV/PROG

Also Known As: "Ignace Maré", "Ignatius Maree", "Ignatiùs Marree", "Ignatius Marrè", "Marré", "Maree", "Marre", "De Mare De Salgas", "Ignace Mare"
Birthdate:
Birthplace: Calabria, Italy, Italy
Death: 1758 (83-92)
Drakenstein, Cape, South Africa
Place of Burial: Drakenstein, CP, Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Paul Maré and NN
Husband of Anna Elizabeth Thekens and Susanna Janse van Vuren, b1 SM
Father of Johanna Francina Mare; Ignatius Maré; Catharina Maré, PROG; Joannes Laurentius Mare; Lucas Martinus Maree and 9 others

Occupation: Farmer/ Transport rider, French Hugenot
Managed by: Sharon Doubell
Last Updated:

About Ignatius Maré, SV/PROG

Ignatius Mare, j.m. van Calabrian married Anna Lijsbeth "Duikinijhs" - the ondertrouw was recorded on 3 May 1690 at the Augustijnenkerk, and their marriage on 9 July 1690 was in the Oud Katholieke Kerk- Kerk aan de Voorstraat. It was in that Catholic church where they baptised their children (other than the last son, who was baptised at the Catholic church in Amsterdam.)
He bought a house in Voorstraat for f1040 from Pieter Vrijbergen on 8 September 1693. He is listed as a shop owner. He sold this house to the silversmith Casparus van Bemmel on 16 September 1697 for f1770 (he has no occupation listed on this occasion).
He may be the Ignatius Maris who buried an unnamed child on 1 November 1690.

His ondertrouw (9 April 1690):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L9QJ-DLZV?i=48&amp...

His marriage in the Catholic church (9 July 1690):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-899W-GT2W

Baptism of his daughter, Johanna Francina (11 Oct 1690):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-L99W-GT21
Her likely burial (1 Nov 1690):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G9QJ-C5ML?i=616&am...

Baptism of his son Ignatius (2 Aug 1692):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G99W-GTP1?i=680

Baptism of his son Lucas Martinus (11 Nov 1697):
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QSQ-G99W-GYST?i=694

Those baptisms took place in the Catholic church in Dordrecht.

They also baptised a son, Joannes Laurentius in the Catholic church in Amsterdam (18 Feb 1700):
https://www.openarch.nl/saa:02b24022-920f-450e-90cf-40ebe4208a5e?fb...

Other records
The purchase of his house (8 Sep 1693):
https://proxy.archieven.nl/46/EED9768B1C384433A938EAD5B7867899

Another record from 1694
https://proxy.archieven.nl/46/10AF59AD74684D2EAB88D034EA08A1C1

His morgage (28 Feb 1699):
https://www.regionaalarchiefdordrecht.nl/archief/zoeken/?mizig=210&...

The sale of his house (19 Nov 1699)
https://proxy.archieven.nl/46/7A4A362D2DF24A1C96CE65EC683A5F29


MARE / JANSE VAN VUUREN PROGENITOR LINE

Please See Maré Project and Summary of Discussions resulting in this configuration:

A) Paul Mare marries Anna Elizabeth Thekens

B1) Ignace Mare i (c1670)
marries first NN (d c 1700)

C1) Catherina Mare (c 1690)
marries in 1713 Johannes Janse Van Vuuren i (1694 )

D1) Gerrit Janse van Vuuren (c 1716)
D2) Anna Elisabeth Janse van Vuuren (c 1718 - c 1727)
D3) Johannes Janse van Vuuren (c 1721)
D4) Lucas Janse van Vuuren (c1724)
D5) Anna Elisabeth Janse van Vuuren (c1727)
D6) Pieter Janse Van Vuuren (c 1730)
D7) Susanna Janse van Vuuren (c 1732)
D8) Daniel Janse Van Vuuren (c 1737)

C2) Ignatius Mare ii (c1690 - c1728)

marries second in 1706 Suzanne Janszoon van Vuren i (1691)

C1) Johannes Mare (c 1708)
C2) Anna Elisabeth Mare (c 1710
C3) Susanna Mare (c 1713)
C4) Lucas Marthinus Mare (c 1716)
C5) Francina Mare (c 1718)
C6) Maria Maree (c 1721)
C7) Paulus Ignatius Mare (c 1724)
C8) Magdalena Fenesie Mare (c 1726)
C9) Ignatius Mare iii (c 1729)
xxOOxx

A) Gerrit Janszoon van Vuren i (1667) marries Suzanne Jacob (1671)

B1) Suzanne Janszoon van Vuren i (1691)
marries in 1706 Ignace Mare i (c1670)

C1) Johannes Mare (c 1708)
C2) Anna Elisabeth Mare (c 1710
C3) Susanna Mare (c 1713)
C4) Lucas Marthinus Mare (c 1716)
C5) Francina Mare (c 1718)
C6) Maria Maree (c 1721)
C7) Paulus Ignatius Mare (c 1724)
C8) Magdalena Fenesie Mare (c 1726)
C9) Ignatius Mare iii (c 1729)

B2) Johannes Janse Van Vuuren i (1694)
marries in 1713 Catherina Mare i (c 1690)

C1) Gerrit Janse van Vuuren (c 1716)
C2) Anna Elisabeth Janse van Vuuren (c 1718 - c 1727)
C3) Johannes Janse van Vuuren (c 1721)
C4) Lucas Janse van Vuuren (c 1724)
C5) Anna Elisabeth Janse van Vuuren (c 1727)
C6) Pieter Janse Van Vuuren (c 1730)
C7) Susanna Janse van Vuuren (c 1732)
C8) Daniel Janse Van Vuuren (c 1737)


Judi Marais-Meyer register.

Verskeie bronne:

1 hiervan stel dit kortliks as volg:

MARÉ/MAREE

Ignace Maré - Daar is heelwat meningsverkil oor die

herkoms van Ignace Maré, die stamvader van die familie

Maré in Suid-Afrika. Graham Botha het hom as 'n 'Franse

vlugteling' beskou. Sy eerste opgaafrol dateer egter uit die

jare 1704-1705. Dit beteken dat hy in dié jare aan die Kaap gekom het. Hy was toe 'n wewenaar met twee dogters, maar die name van sy vrou en een van die dogters ontbreek. Hy xx Kaapstad 7.2.1706 Susanna VAN VUUREN d.v. Gerrit van Vuuren en Susanna Jacobs. By dié geleentheid verklaar hy dat hy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Volgens die

opgaafrol van 1712 het Ignace Maré en Susanna van Vuuren toe twee seuns en twee dogters gehad.

=====================================================================

http://freepages.genealogy.rootsweb.com/~niloc/vanVuren/GerritTree....

http://www.hanekom.org.uk/phpgedview/individual.php?pid=I9414&ged=h...

http://www.diedericks.co.za/aqwg88.htm#2701

http://www.hanekom.org.uk/phpgedview/source.php?sid=S476&ged=haneko...

Perhaps christened in France in 1686, and born before that (in Italy?)

http://www.geocities.com/paulmare69/families/mare_ignace.htm?200929...

Daar is heelwat meningsverskil rondom die herkoms van die stamvader. Hy word as 'n Hugenoot beskou deur party bronne (Cor Pama verwys na hom as 'n Franse vlugteling).

In Pieter Coertzen se boek Die Hugenote van Suid-Afrika word hy wel aangegee, maar met die opmerking dat sommige navorsers twyfel of hy wel 'n Hugenoot was. Hy was vermoedelik afkomstig uit Calabrië in Italië (Pieter Coertzen noem ook Cambresis in Duitsland as 'n moontlikheid).

Sy eerste opgaafrol in die Kaap dateer uit die jare 1704-1705, wat beteken dat hy in dié jare al aan die Kaap was - hy het dus nie in 1706 gearriveer soos wat verskeie bronne beweer nie.

Met sy aankoms in die Kaap was hy reeds 'n wewenaar met twee dogters, maar die name van sy eerste vrou en een van die dogters ontbreek. Met sy troue op 7 Feb 1706 met Susanna van Vuuren verklaar hy dat hy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Hy het heel moontlik 'n tyd lank in Italië gewoon, omdat hy later sy een dogter Magdalena Fenesië genoem het.

In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.Volgens die opgaafrol van 1712 het hy toe 2 seuns en 2 dogters gehad.

Hy was volgens onbevestigde bronne 'n tweede seun van ene Paul Maré. Van die Marés van Grootplaas het ek 'n afdruk van 'n portret van die stamvader se pa ontvang.

Hy het die volgende leeningplase gehad:

De groene Kloof

Langefontein

Elsjeskraal "aan de Tygerberg"

Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy in 1733 aan Theunis van Aardt. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van die boedel van Armand Veron.

Sy kind uit sy eerste huwelik met 'n onbekende vrou, wat saam met hom in die Kaap aangekom het was:

b1. Catharina x 29 October 1713 Gerrit van Vuuren

Catharina word in party bronne as sy suster aangedui, maar op hierdie stadium lyk dit of meeste bronne en navorsers saamstem met SAG 5 se interpretasie.

Hy trou op 7 Februarie 1706 met Susanna van Vuuren. Hulle kinders was:

b2. Johannes ~ 24 Sep 1708 + Drakenstein 1761 x Sara Delport

b3. Anna Elizabeth ~ 4 Jan 1711 x 21 Des 1727 Pieter Delport

b4. Susanna ~ 8 Okt 1713 x 13 Jun 1713 Jacob Delport

b5. Lucas Marthinus ~ 12 Jul 1716, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Maria Jordaan

b6. Francina ~ 27 Nov 1718 x Pieter du Plessis

b7. Maria ~ 5 Jul 1721 x Nicolaas van Rensburg

b8. Paulus Ignatius ~ 27 Aug 1724

b9. Magdalena Fenesie ~ 15 Sep 1726 x Pieter de Wet

b10. Ignatius ~ 14 Aug 1729, burger Drakenstein, x Margaretha Roux xx 16 Jul 1775 Claudina du Toit xxx 19 Feb 1786 Anna Dorothea Pretorius, weduwee van David du Buisson

Oom Manie se Navorsing

Ek het hierdie navorsing onlangs ontvang, en is nog besig om dit te analiseer - maar gee dit solank weer vir die wat dit op eie risiko interesant mag vind:

Herkoms

Oom Manie skryf dat hierdie familie afstammelinge is van die ou Hugenote en volgens die heraldikus C. Pama van Kaapstad was die oorspronklike spelling van die familienaam: De Mare De Salgas. Die familie se voorsate was blykbaar eers in die suide van Frankryk gevestig. Die van is eers later, maar blykbaar voor of met die aankoms aan die Kaap, vereenvoudig na Maré. De Maré beteken eintlik strand- of kusbewoner waaruit afgelei kan word dat die voorsate se woonstreek waarskynlik naby die see was. Ignacé het opgeveer 1700 in Suid-Afrika aangekom vanaf Holland waar hy 'n tydlank moes gewoon het, want hy kon Hollands taamlik goed praat toe hy hier aangekom het. Hy is beskrywe as 'n wewenaar van "Calabria" wat toe 'n deel van Italië was, alhoewel dit destyds onder Franse bewind was. Hy was ongetwyfeld 'n Franse Hugenoot wat blykbaar eers na Calabria gevlug het voordat hy na Holland is.

Inligting bekom by die Hugenote Stigting bevestig die herkoms uit Calabria en voeg by dat dit moontlik ook Cambresis, Duitsland kon wees (Sy Hugenoot herkoms word nie betwis of bevestig nie.) Die Stigting gee Ignace (Let op, die e sonder aksent) se aankoms aan die Kaap aan as 1705.

In Suid Afrika word al Ignacé se kinders en kleinkinders, (behalwe sy oudste kleinseun Johannes (1741) en dié se nageslag), as Maré aangeteken. Hierdie oudste kleinseun se van is egter vir een of ander onbekende rede in die doopregister van Drakenstein as Maree aangeteken en op die wyse het daar twee spelwyses ontstaan. Die volgende is nou van belang:

Eerstens -- Die van Maré is (ten minste in Suid Afrika), die mees korrekte spelling.

Tweedens -- Die van Maree is onveranderlik gevestig en is waarskynlik net so eg Suid Afrikaans as byvoorbeeld die vanne Botha en Pretorius wat ook uniek in die vroeë Kaap ontstaan het.

Derdens -- Alhoewel die families Maré en Maree in die algemeen as afsonderlike families beskou word, is en bly hulle een en dieselfde familie. Desondanks moet sorg gedra word dat die vanne nie verkeerdelik vermeng word nie.

Laastens -- Daar is geen verband hoegenaamd, (behalwe miskien in latere huweliksverband), met die familie Marais nie. Dit blyk ook uit die verskil in die familiewapens wat geheel verskillend is.

Oom Manie skryf verder dat daar volgens die "Hugenote Boek" van Kannemeyer vandag nog 'n "Rue de Maré" (Maréstraat) in Parys is. Daar is natuurlik ook Jacob Maré straat in Pretoria en verskeie dorpe met Landros Maré strate wat na een van die twee bekende landros-broers vernoem is.

Plase en Woonplek

Ignacé se woonplaas was "De Jonge Fonteyn" wat op 14 Oktober 1714 aan hom toegeken is. Die plaas is geleë naby Elsieskraal tussen Parrow en Bellville in die distrik Kaapstad. Met betrekking tot die plaas skryf Oom Manie dat Maré volgens Kannemeyer, 'n haastige man was en het, toe die registrasie van sy plaas te lank gesloer het, die betrokke amptenaar met 'n sweep tot sy plig geroep. As mens egter mooi in Kannemeyer lees is dit een van Ignacé se nasate: Johannes (~22/5/1757) wat met sy vroutjie, Elisabeth van Jaarsveld, te Riebeeck Kasteel op 'n leningserf van 2 morge groot, woonagtig was. Dit is hierdie Johannes wat die twee amptenare, Horak en Bergh met "warm woorde" die saak laat afhandel het.

Die Hugenote Stigting verstrek die volgende inligting:

"Hy (Ignacé) het op 7/7/1706 aansoek gedoen vir 'n weilisensie in de Groene Kloof. Op 1/3/1707 het hy 'n weilisensie vir een jaar verkry in die gebied Langefontein. Op 14/10/1714 het hy die plaas Langefontein, Elsjeskraal in die Tygerberg in eiendom ontvang. Hy het die plaas in 1733 aan Theunis van Aardt verkoop. In 1723 het hy die plaas St Omer in Daljosaphat uit die boedel van Armand Veron gekoop. Sy weduwee het St Omer in 1750 aan Jan Oberholster verkoop."

Kannemeyer verwys na die plaas as "...Langefontein(1), geleë tussen die Kuylen en Tygerbergen..." 'n Voetnota lees "(1) Tussen Bellville en Parow". De Villiers/Pama sê net hy kry in 1707 verlof van Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.

Huwelikstatus

Volgens Kannemyer het Ignacé ".... as jonkman in die begin van 1700 na Suid-Afrika uitgewyk....". De Villiers/Pama skryf die volgende omtrent Ignacé:- "Franse vlugteling, wewenaar van Calabria". Die Hugenote Stigting bevestig sy wewenaarskap en sê verder dat uit sy eerste huwelik, blykbaar in Europa, is twee dogters gebore maar net een is bekend. Die bekende dogter, Catharina, is op 22/10/1713 in Kaapstad met Jan Janzoon/Janse van Vuuren getroud. GISA gee die troudatum as 29/10/1713 en noem die bruidegom Gerrit van Vuuren. (kan die Van Vuuren dalk een van haar stiefmoeder se kinders of familie wees?)

Dit is dus redelik om te aanvaar dat hy wel 'n wewenaar was, alhoewel geen besonderhede van die eerste huwelik bekend is nie. In samehang met GISA plaas ek Catharina as b1 synde 'n enigste bekende kind uit Inacé se eerste huwelik te wees. Derhalwe word Johannes, sy eerste kind uit sy tweede huwelik, as b2 geplaas.

Ignace se tweede vrou was Susanna 'n dogter van Gerrit van Vuuren en Susanna Jacobs van Holland wie 'n kleindogter van Pierre Jacobs en Susan de Vos was. Sy was dus die stammoeder van die familie Maree/Maré.

Tydens die inwyding van die Hugenote Monument te Franschhoek op 17 April 1948 is 'n pragtige voorstelling van Inacé en Susanna se huwelik gegee, alles in die klere en bybehorens uit hulle eie tydperk. Hierdie huwelik was blykbaar die eerste een wat in die Kaap tussen Hugenoot en Hollander voltrek is. Dit is nie bekend waar en wanneer hulle oorlede is nie. Dit is egter wel moontlik dat hulle in die Groot Kerk begrawe is aangesien baie mense in daardie tyd in die Kerk begrawe is.

Die Hugenote Stigting bevestig die tweede huwelik soos volg: " xx Kaapstad 7/2/1706 Suzanne JANSEN VAN VUUREN. * Bellingchamp, Drakenstein ca 1691, dv Gerrit Janse van Vuuren en Susanna Jacobs."

Algemeen

Franken skryf onder ansdere in sy boek oor die hugenote dat toe WA van der Stel uitvind van die klagskrif van die boere teen hom, het hy 'n "getuigskrif" in sy guns laat opstel en mense is versoek (soms met dwang) om die "getuigskrif" te onderteken met die doel om dit in sy guns as teenvoeter vir vir die klagskrif aan die Here 17 voor te lê. Ignacé het blykbaar hierdie "getuigskrif" onderteken. Dit is 'n ope vraag watter rol die ondertekening van die "getuigskrif" gehad het op die toekenning van sy weilisensie en plaas.

--------------------------------------------------------------------------------

Bronne:

1. Cor Pama: Die Groot Afrikaanse Familienaamboek

2. De Villiers/Pama

2. Heese/Lombard

3. Stamouers Web

4. Danie Viljoen se webblad

5. Oom Manie Maree se verwysings na AJ Kannemeyer se Hugenote-Familieboek en sy korrespondensie met die Hugenote Gedenkmuseum, asook hulle Maré-lêer.

6. Whitey van Niekerk se verwyisngs na HP Maree se onvoltooide manuskrip: Die Stamregister van die Maré/Maree Familie.

--------------------------------------

http://www.stamouers.com/

Ignace MARE, Franse Hugenoot, het as wewenaar van Calabria aangekom in die Kaap in 1706. In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig. Hy trou op 7 Feb 1706 met Susanna van VUUREN, sy was ook bekend as Susanna Janse van Vuuren. Haar ouers het gesterwe toe sy nog jonk was. Ons vermoed dat Susanna en haar broers en susters deur hulle ouma Susanna Jacobs groot gemaak was:

Hy het heel moontlik in Italië gewoon, omdat hy se een dogter Magdalena Fenesie genoem het. Hy het die volgende leeningplase gehad De groene Kloof, Langefontein, Elsjeskraal "aan de Tygerberg". Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy aan Theunis van Aardt in 1733. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van boedel van Armand Veron.

KINDERS

1. Catharina x 29 October 1713 Gerrit van Vuuren

2. Johannes ~ 24 Sep 1708 + Drakenstein 1761 x Sara Delport

3. Anna Elizabeth ~ 4 Jan 1711 x 21 Des 1727 Pieter Delport

4. Susanna ~ 8 Okt 1713 x 13 Jun 1713 Jacob Delport

5. Lucas Marthinus ~ 12 Jul 1716, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Maria Jordaan

6. Francina ~ 27 Nov 1718 x Pieter du Plessis

7. Maria ~ 5 Jul 1721 x Nicolaas van Rensburg

8. Paulus Ignatius ~ 27 Aug 1724

9. Magdalena Fenesie ~ 15 Sep 1726 x Pieter de Wet

10. Ignatius ~ 14 Aug 1729, burger Drakenstein, x Margaretha Roux xx 16 Jul 1775 Claudina du Toit xxx 19 Feb 1786 Anna Dorothea Pretorius, weduwee van David du Buisson

Verwysings:

De Villiers/Pama

Heese/Lombard

Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek

Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Danie Viljoen se webblad: http://users.iafrica.com/d/da/danievil/kwartierstaat.htm

Saamgestel deur:

Martina Louw (nee van Breda)

Kennethl@xtra.co.nz

AM van Rensburg



He was a Togryer. Stamouers van die Maré en Maree families in Suid-Afrika.

____________

http://www.tribalpages.com/family-tree/apmare...



Born in Italy. Came to South Africa as a French Hugenot in approximately 1700. Farmed on the Farm Langrfontein Tygerbergen, today Bellville/Parow. He also owned the farm "St Omar" in Daljosafat. Married to his second wife Susanna van Vuuren on 7 February 1702 in Cape Town

Mention

Overberg Families HJ Engela. GGSA Ignace (Mare) MAREE * Calabria, Italy

  1. 1. Arrived about 1704
  2. Kinders 9 x Cape Town 07.02.1706, Susanna VAN VUUREN, † Drakenstein 1758
=================================================================================================================================


SAG Vol5 p466
Afcomstig uit Caladria, Italy, maar voorheen uit Frankryk

1715-1716
Marre (Ignatius) ; agriculturist ; asks for the Title-deeds of the place "Langefontein," between the "Kuijlen" and the "Tijgerbergen," granted him in freehold about a year ago. Has a wife and six children. (No. 57 ; date, ?.) Memorials, p733

view all 22

Ignatius Maré, SV/PROG's Timeline

1670
1670
Calabria, Italy, Italy
1686
1686
Age 16
Montherme, Ardennes, Champagne-Ardenne, France
1690
October 11, 1690
Dordrecht, Netherlands
1692
August 2, 1692
1695
1695
Netherlands
1697
November 11, 1697
Dordrecht, Netherlands
1700
February 18, 1700
Amsterdam, Netherlands
1708
September 24, 1708
Franchoek, Cape of Good Hope, South Africa
1711
January 4, 1711
Paarl, Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa