Start your family tree now Is your surname Lotter?
There are already 86 users and 2,369 genealogy profiles with the Lotter surname on Geni. Explore Lotter genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Lotter Genealogy and Lotter Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

  • Alida Aletta Lotter (1849 - 1899)
    Death Notice Died 18 April 1899 Married to Willem Christian Lotter Daughter of Johannes Stephanus Celliers and Alida Aletta Stoffberg
  • Anna Sophia (Dolly) Lötter (1915 - 1996)
    My grandmother had an INTENSE dislike of her name, despite it being a cherished family name, she was known as Dolly by all her family and friends. She was also insistent that the trema (two dots) are r...
  • Geertjie Weyers (1884 - 1929)
    Death notice TAB MHG 69073/29
  • Maria Catharina Buys (1833 - 1924)
    DN/SK KAB 8707 Shows her married to Adriaan Petrus Marais KAB 8707

About the Lotter surname

Source: www.lotter.co.za

Die stamvader van alle Lötters in Suid-Afrika, Matthias Lötter is in 1703, Augsburg, Swabe in die heedendaagse Beiere, Duitsland gebore. Hy stam uit ‘n familie van Goud- en Silwersmede wat hul beroep reeds voor die 1500s in Augsburg beoefen het.

Die vroegste inskrywing van Lötters in Augsburg, word in die Augsburgse belatingregister van 1497 gevind. Naamlik:

Geörg Lotter van Teybach,

Hanns Lotter van Anhausen,

Ulrich Lotter van Denckelscherben,

Conrat Lotter van Denckelscherben

Baltus Lotter van Häder,

Cristan Lotter van Margershausen,

Crista Lotter van Buchshorren.

Wat hul verwantskap met mekaar was weet ons nie, die naam Geörg kom egter in ons Stamboom voor.

Doopregisters het eers in die 1500s gebruiklik geword, en van die rekords is tydens die oorloë vernietig. In 1871 skryf Carl Lötter dat Bartholomaüs, die seun van Caspar, die stamvader van die Lötters van Augsburg was. Caspar was ‘n metaalhandelaar van Augsburg.

Bartholomaüs is in 1531 in die stad Augsburg gebore. Hy besit die twee huise op die hoek van die smede se systraat, waar hy ‘n metaalhandelaar was. Hy was ook ‘n lekeprediker van die Lutherse gemeente in die St.Anna Kerk. Die beskrywing van sy familiewapen is dieselfde as die Lotters van Regensburg, wat dan ‘n verbintenis met dié familie bevestig. In 1562 tree hy in die huwelik met Anna Tradl, sy is ongeveer in 1534 gebore. Uit hierdie huwelik is Elias II in ongeveer 1563 gebore. Anna Tradl is in ongeveer 1569 oorlede.

In 1570 tree hy in die huwelik met Ursula Conrater, dogter van Balthasar Conrater en Anna Roth. Sy is op 25 Oktober 1535 gebore. Uit die huwelik is Tobias I in 1568, Elias in 1570, Caspar in 1571, Bartholomäus II in 1573, en Jonas in 1581 gebore. Ursula Conrater sterf in 1605 op 69-jarige ouderdom. In 1605 tree hy in die huwlik met Philippina Loer, sy is in ongeveer 1580 gebore. Bartholomaüs sterf in Augsburg op 7 Januarie 1606 op 75-jarige ouderdom.

Elias II is ongeveer in 1563, Augsburg gebore. In 1635 erf hy sy vader se huise in Augsburg, en was vermoedelik ook ‘n smid. Hy tree in die huwelik met Ursula Geiger, sy is ongeveer in 1566 gebore. Uit die huwelik is Johann I, Christoph I, Elias III, en Daniel gebore.

Johann I is ongeveer in 1589 gebore. Op 22 Januarie 1614 tree hy met Maria Brenner te Augsburg in die huwelik. Sy is ongeveer in 1591 gebore. Uit die huwelik is Johann II gebore.

Johann II is op 1 November 1626 in Augsburg gebore. Op 6 Mei 1653 tree hy met Rosine Beck te Augsburg in die huwelik. Sy is ongeveer in 1630 in Augsburg gebore. Uit die huwelik is Matthias I gebore.

Matthias I is op 10 Februarie 1661 in Augsburg gebore. Op 5 Januaire 1693 tree hy met Anna Maria Müller te Augsburg in die huwelik. Uit die huwelik is Matthias II in 1703 gebore. Matthias I sterf op 24 Januaire 1704 in Augburg toe hy 42 was. Matthias II is die stamvader van die Lötters in Suid-Afrika.

Die Lötters van Suid-Afrika

Matthäus(Matthias) Y Augbsurg c.1703 x Eur Susanna Roge, by wie hy 3 kinders gehad het, Anna Sabina, George Andreas, en Susanna, a.1733, vryburger 4–10-1735, xx Drakenstein 16-11-1736 Anna Dorothea MEIJNTJES van den Berg ≈ 5-7-1711