Anna Philippina Susanna Scheepers

public profile

Is your surname Scheepers?

Connect to 5,850 Scheepers profiles on Geni

Anna Philippina Susanna Scheepers's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Anna Philippina Susanna Scheepers

Birthdate:
Death: March 11, 1837 (0-16)
Longer term standover site “Rietvlei”, near present Louis Trichardt / Makhado town (Malaria)
Place of Burial: Longer term standover site “Rietvlei”, probably south-west of present Louis Trichardt / Makhado town, precise location undeterminable
Immediate Family:

Daughter of Gerhardus Stephanus Scheepers and Anna Susanna Scheepers
Sister of Cornelius Coenraad Wilhelmus Scheepers; Johanna Jacomina Kok; Sara Johanna Scheepers; Gerhardus Stephanus Scheepers; Pieter Johannes Scheepers and 4 others
Half sister of Cornelis Marthinus Vermaak

Managed by: David Abraham Swanepoel
Last Updated:

About Anna Philippina Susanna Scheepers

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hierdie persoon het tot op hede (2020-01-31) nie 'n profiel gehad nie. Sy sou nie op haar ma se sterfkennis voorkom nie synde vooroorlede.

Louis Tregardt skryf in Maart 1837 op Saterdag die 11de:

Namiddag, om streek van 4 uur, sterf een dogtertje van Juffrouw Schepers.

Sonder 'n onderbreking met ander inligting, skryf hy die volgende dag:

Sond. 12de. Met namen Anna Philippina Susanna Schepers, aan de koors siekte, na een siekbet van omtrind 5 maan'den. Ik was juis bij toen de kind sterf. Zei ik Carolus, dat hij de kissie maken moed van de eene halve plank van mijn (maar) gaf ouwe Hannis de planken daarvan. De middag omtrind 3 uur heb wij de lijk ter aarde besteld overmits dat wij geen behoorlijke verblijf had. [1]

Dit moet dus die kind van die vorige dag wees.

In die bosveldhitte, selfs in Maartmaand moes daar vinnig begrawe word. Daar was inderdaad geen "verblyf" soos in lykshuise nie sou so iets al engsins in diie beskawing van die Kaap beskikbaar was. 'n Maand later sterf Alida Strydom (Bronkhors) ook en moet begrawe word voor haar lyk "onregeerbaar" raak, (Dagboekinskrywing 21 April 1837). Ook Katryn Albach en ander malariaslagoffers word later in Delagoabaai vinnig na afsterwe begrawe selfs al was dit toe reeds Mei.

Die moontlike geboortedatumreeks baseer ek as volg: Sy word ‘n kind genoem. Indien sy die persoon is wat op 11 Maart oorlede is, word sy as ‘n dogtertjie beskryf. Mense was hubaar teen 13, so sy was waarskynlik sowat 10 of 11. Synde sy 5 maande siek was, was haar geboortedatum nie later as circa Oktober 1836 nie. Die moeder Antje Scheepers het ‘n baie hoë vrugbaarheidskoers. Gapings tussen geboortes is korter as die gewone ongeveer 2 jaar, deur die stres van laktasie meegebring. Daar is wel ‘n gaping tussen 1824 en 1827 en synde sy “verlore” was sover dit BMD rekords aangaan, is 1825 of 1826 aanneemlike geboortejare. Dit kan natuurlik ook ander jare wees.

Die profielfoto is deel van die Voortrekkertapisserie in die Voortrekkermonument. Hierdie paneel is getiteld, "Begrafnis in die veld."

WH Coetzer, wat die skilderwerk gedoen het op die gaas waarop Afrikanervroue die tapisserie uitgewerk het, het glo geskiedkundige gegewens vir hierdie paneel uit Tregardt se dagboek gekry [3].

Die toneel stel voor die oomblik aan toe die kissie in die graf afgesak het. Tregardt staan met ‘n Bybel in sy hand en het pas klaar gelees. Langs hom, met die grys hare staan die bejaarde skoolmeester Daniël Pfeffer (die enigste werklike bejaarde in die trekgeselskap). Die res van die trekgeselskap staan ook almal om die graf. Martha Tregardt staan heel links, en die weduwee Scheepers staan regs in rou. Haar seuntjie met sy hond hou aan haar rok vas. Op die kis lê ‘n eenvoudige kransie van veldblomme, en ‘n dogtertjie wil as laaste eerbewys ‘n bossie veldblommetjies op die kis laat val. Die gebreekte boompie heel regs word gebruik as simbool van die jong lewe wat nie meer bestaan nie.

Dis ‘n uiters aandoenlike voorstelling en daar is nie fout met kunstenaarsvryheid nie. Histories korrek is dit egter nie gefundeer nie.

Van 'n spesifieke seremonie of van 'n grafsteen is daar in geeneen van die sterfgevalle sprake in die dagboek nie. [4]. Tegardt meld bloot dat die lykies "ter aarde besteld" is. (Dagboekinskrywings op 2 en 4 Oktober 1836, 11 en 12 Maart 1837 en 29 en 30 Augustus 1837.) Oor die begrafnisse van die drie volwassenes wat tot 1 Mei 1838 in Delagoabaai oorlede is, waaronder Martha Tregardt, is daar ook geen besonderhede nie. (Dagboekinskrywing op 21 en 29 April en 1 Mei 1838.)

Inderdaad is daar geen inliging oor enige vorm van praktiese godsdiensbeoefening nie. Daar is wel aanduidings dat Tregardt gelowig is, soos die uitroep met die afsterwe van sy vrou. "Omtrind elf uur nam de Allemachtige God haar weg!" (Dagboekinskrywing op 1 Mei 1838). Mens kan aanneem dat almal in die Tregardt-trek wel nominaal Christene was. Dat dat daar enige vorm van seremoniële beoefening was, bly wat hierdie trek betref deel van die vermitologisering van die Voortrekkers tot anders bewys. Hulle gedrag soos in die dagboek aangeteken (selfs gewelddadigheid binne die geselskap en 'n gedurige gevloek), bevestig dat almal ook nie goeie waardes uitgeleef het nie.

Bronne:

1. Louis Trigardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838 Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/8774

2. Louis Tregardt se dagboek 1836-1838 - vertaling en aantekeninge deur Jackie Grobler. Litera, 2013

3. Nellie Kruger. Die geskiedenis van die voortrekker-muurtapisserie, ATKV, 1988 (Via Facebookgroep Die Groot Trek, oorgedra deur John Roderick).

4.Jackie Grobler. Louis Tregardt se dagboek as 'n historiese bron. Tydskrif vir Geesteswetenskappe vol.53 n.3 Pretoria 2013

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Anna Philippina Susanna Scheepers's Timeline

1825
1825
1837
March 11, 1837
Age 12
Longer term standover site “Rietvlei”, near present Louis Trichardt / Makhado town
????
Longer term standover site “Rietvlei”, probably south-west of present Louis Trichardt / Makhado town, precise location undeterminable