Matching family tree profiles for Frans Mathys Wolhuter
Immediate Family
-
daughter
-
daughter
-
mother
-
sister
-
sister
About Frans Mathys Wolhuter
Die Wolhuter famiilie is in twee persele van die Voortrekkerbegrafplaas te Pietermaritzburg begrawe. In 1F en 1C is drie van Frans Matthys Wolhuter en sy vrou Johanna Helena Catharina Bester se seuns begrawe. Bron- Voortrekkerbegrafplaas, Pietermaritzburg - Louis Eksteen Pagina 40 - 43 Frans Matthys Wolhuter (18/1/1815 - 22/3/1899) was die kleinseun van die SV Gerog Wolhuter wat in 1773 vanaf Basel in Switzerland na Suid Afrika gekom het. Frans Wolhuter was soos sy oupa en pa, Chrsitoffel Paulus Wolhuter 'n horlosiemaker van beroep. Hy vertrek vanaf die Kaap na Natal met die skip Mazeppa. Hy vestig hom in Pietermaritzburg en tree op 19/10/1841 in die huwelik met Johanna Helena Catharina Bester (27/4/1825 - 30/9/1893). Sy was die 4de kind van die Voortrekker, Theunis Christiaan Bester en Johanna Helena Nel. Kort na die huwelik vertrek Wolhuter per ossewa na Kaapstad. Hy was blykbaar die 1ste persoon wat hierdie epiese tog met 'n wa direk vanaf Pietermaritzburg na die Kaapstadse mark voltooi het. Die reis het 110 dae geduur, In 1842 gaan hy en sy vrou terug na Natal op die skip Pilot. Die skip arriveer kort voor die slag van Congela in Mei 1842 Natal. Wolhuter gaan veg sonder versuim aan die kant van die Voortrekkers. Hy word opdrag gegee om 'n aantal Krygsgevangenes na Pietermaritzburg te bring. Onder hulle was George Cato en Samuel Beningfield wat ini geangenisstokke vasgemaak was. Hierdie stokke word vandag in die Voortrekkermuseum bewaar. Wolhuter het 'n huis in Langmarkstraat bewoon waar die hoofposkantoor vandag staan. Langsaan het hy 'n winkel gehad wat ingevoerde bamboessweepstokke en ander leerprodukte uit die Kaap verkoop het. Hy was ook 'n jagter en boer. Wolhuter was 'n stigterslid van die Natal Bank waarvan hy 25 jaar 'n direkteur was en hy was ok vir 20 jaar direkteur van die Natal Fire Assurance and Trust Company. Later in sy lewe het hy op 'n uitgebreide toer deur Suid Afrika gegaan en o.a. Paul Kruger in Pretoria ontmoet. Hulle het 12 kinders gehad. 5 dogters en 7 seuns. Sy begrafnisdiens in Pietermaritzburg in 1899 was 'n indrukwekkende gebeurtenis waartydens geestelikes, ministers, regters, die burgemeester en ander hoogwaardigheidbekleërs teenwoordig was. 'n Straat in Pietermaritzburg is na hom vernoem.
Frans Mathys Wolhuter's Timeline
1815 |
January 18, 1815
|
Western Cape, South Africa
|
|
February 5, 1815
|
Lutherse Kerk
|
||
1844 |
May 6, 1844
|
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
|
|
1846 |
April 1, 1846
|
||
1851 |
December 16, 1851
|
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
|
|
1856 |
July 4, 1856
|
||
1859 |
February 2, 1859
|
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
|
|
1864 |
June 8, 1864
|
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
|
|
1899 |
March 22, 1899
Age 84
|
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
|