Hester Susanna Elizabeth McCallaghan, b4c6d9e2f1 SM

Is your surname McCallaghan?

Research the McCallaghan family

Hester Susanna Elizabeth McCallaghan, b4c6d9e2f1 SM's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Hester Susanna Elizabeth McCallaghan, b4c6d9e2f1 SM

BEZUIDENHOUT Hester Susanna Elizabeth f1 *5.4.1816 = Graaff-Reinet 30.6.1816 . SAF vol 3 p572, GISA


Notas deur David Abraham Swanepoel

Sy neem skynbaar nie deel aan die Louis Tregardt trek met haar ma en stiefpa nie Sy is 21 jaar oud in 1837, die vol jaar waarin die meeste gebeurtenisse plaasvind. Dit is verby hubare ouderdom daardie tyd. Haar troudatum is egter nie bekend nie. Sy word nooit in die dagboek genoem nie. Stutterheim [1] noem haar tersluiks.

Preller [2] stel egter in sy naskrif dat Antje Botha, “weduwee met twee dogters en drie seuns” te Port Natal aankom. Soos met die seuns, waar een kort en Pieter nooit genoem word nie, vermis ons ‘n dogter – ons weet net van die prominente Hendrina. Grobler [3] weet ook nie van hulle nie.

Verder kom sy nie op die aangeduide eggenoot se sterfkennis voor nie. Die koppeling is blykbaar gemaak op grond van haar dogter Annie van Heerden se sterfkennis, waarin “Johannes McCallaghan” en Hester Susanna Bezuidenhout, sonder Elizabeth, aangedui word. Daarby word die seun Charles se ouers aangegee as John en Susannah “Macaligan” op sy dooprekord. Rekords vir die ander kinders is nie deur die profielskeppers voorsien nie en ook nie deur my gesoek nie (2020-05-02)

In die geval van Annie (nie ‘n formele naam nie) van Heerden is John se naam verafrikaans. Dis soms gedoen. Origens dui alles egter daarop dat Hester Susanna Elizabeth nooit uit die kolonie getrek het nie en dat haar nageslagte eintlik grotendeels verengels het. Charles is duidelik in ‘n Engelse kerk gedoop want sy mededopelinge is Engels. Sy ander sibbe se name is Engels. Die enkelname, (informele name) maak natuurlik die opspoor van rekords moeilik.

Bronne:

1. HFF Stutterheim. Die Bezuidenhouts in die trek van Louis Trichardt, Familia XXIV, 1987 no 3

2. Louis Trichardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838. Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/8774

3. Louis Tregardt se dagboek 1836-1838 - vertaling en aantekeninge deur Jackie Grobler. Litera, 2013

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 14

Hester Susanna Elizabeth McCallaghan, b4c6d9e2f1 SM's Timeline