George Diederik Bezuidenhout

Is your surname Bezuidenhout?

Connect to 6,514 Bezuidenhout profiles on Geni

George Diederik Bezuidenhout's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About George Diederik Bezuidenhout

Georg Diederik Bezuidenhout - b4c6d9e2f3 * 10/3/1820 = Beaufort 13/1/1822 † Vryheid, Natal 26/11/1890, woon in die Beaufort distrik en vertrek na Delagoabaai in omgewing van September 1835 saam met die trekgeselskap van Louis Trichardt. Sy moeder is die "Antjie Botha" van Trichardt se dagboek.

Voortrekkerstamouers 1835-1845, Jan C Visagie en HFF Stutterheim "Die Bezuidenhouts in die trek van Louis Trichardt" , Familia XXIV, 1987 no 3

------------------------------------------------------------------

Death Notice : "South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958," database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS9L-77M2-5?cc=2520237... : 14 February 2019), 007805509 > image 255 of 1215; Pietermaritzburg Archives (formerly Natal State Archives), South Africa.

  • DEPOT TAB
  • SOURCE MHG
  • TYPE LEER
  • VOLUME_NO 0
  • SYSTEM 01
  • REFERENCE O/5094
  • PART 1
  • DESCRIPTION BEZUIDENHOUT, GEORGE DIEDERIK.
  • STARTING 1890
  • ENDING 1890
  • REMARKS NAGELATE EGGENOTE ELIZABETH CATHARINA ADRIANA BEZUIDENHOUT (GEB LOUW).

------------------------------------------------------------------


Notas deur David Abraham Swanepoel

Hy neem soos sy vurige suster Hendrina deel aan die Louis Tregardt trek en word ongeveer 40 keer genoem onder verskillende spellings. Deur hom as sentrale figuur te gebruik het Stutterheim [1] die Bezuidenhouts se genealogie uitgewerk. Hulle oorleef ook beide die malaria en word oud. Hulle is familie van die Slagtersnek-Bezuidenhouts wat geensins volkshelde was nie [4]. Diederik en Hendrina is ook geen mak mense nie, maar darem heelwat beter. Hulle is eintlik maar bloot deel van die twisgierige en selfs geweldadige kultuur van hierdie trek.

In Mei 1837 is daar onmin tussen Diederik en mede jongman Koot Scheepers omtrent ‘n misverstand oor skape se eienaarskap. Diederik sê aan Willem Strijdom dat “hij hem krijgen zal”. Die probleem kom nog van ‘n staning aan die Caledonrivier voor hulle noorde toe beweeg het. Dit was ook soos 3 stanings by die Soutpansberg een waar geboue opgerig is.

Op Dinsdag 5 Desember neem hy deel aan die laakbare optrede om Katryn Albach saam met ander seuns vas te hou om “pak te gee” – niks anders as blatante aanranding nie. Diederik word saam met Pieta Trichardt beskuldig dat hulle pruimbessies afgeneem het wat sy vir haar ma gepluk het. Ons het in die dagboek haar woord teen hulle s’n. Ek glo dat dit heeltemal moontlik is dat sy die waarheid kon praat.

Origens is Diederik ‘n produktiewe medewerker op die trek. In Oktober 1837 bring hy 3 “drie vliegen, zei hij, dat het van dezelfde is of presies zoo gelijk als die haar vee bij de Knopneusen doot gestoken het" (by ‘n vroeër staning). Daar was ook vlieë by die Brakspruit staning (in die huidige Louis Trichardt dorp). Die trekkers meen die vlieë lyk nie dieselde nie.

Volgens sy boedeldokumente, te kry saam met sy sterfkennis (skakel bo) was hy redelik welaf. Stutterheim beskou hom as 'n Natalse stamvader met sy 12 kinders en 31 kleinkinders met die van Bezuidenhout.

Bronne:

1. HFF Stutterheim. Die Bezuidenhouts in die trek van Louis Trichardt, Familia XXIV, 1987 no 3

2. Louis Trigardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838 Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/8774

3. Jackie Grobler. Louis Tregardt se dagboek 1836-1838 - vertaling en aantekeninge. Litera, 2013.

4. Robin Binckes. The Great Trek Uncut: Escape From British Rule: The Boer Exodus From The Cape Colony 1836 - Pinetown : Thirty Degrees South Publishers, 2013.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 21

George Diederik Bezuidenhout's Timeline

1820
March 10, 1820
Beaufort West, Cape, South Africa
1822
January 13, 1822
Age 1
Beaufort West, Cape
1823
January 13, 1823
Age 2
Beaufort West, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
1845
June 12, 1845
Kroonstad
1846
October 23, 1846
Winburg, OFS, South Africa
1848
June 18, 1848
Winburg, Oranje Rivier Colonie
1850
February 14, 1850
Winburg, Orange Free State, South Africa
1853
November 2, 1853
Wakkerstroom, Transvaal
1855
1855
Queenstown, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1855