Gerrit Pieter Bezuidenhout, b4c6d9e2f2

Is your surname Bezuidenhout?

Connect to 6,514 Bezuidenhout profiles on Geni

Gerrit Pieter Bezuidenhout, b4c6d9e2f2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Gerrit Pieter Bezuidenhout, b4c6d9e2f2

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hy neem skynbaar nie deel aan die Louis Tregardt trek, nie alhoewel hy 19 jaar oud is in 1837, die vol jaar waarin die meeste gebeurtenisse plaasvind. Hy word hy glad nie genoem nie, iets wat Stutterheim [1] ook opmerk. Sy suster Hendrina en broer Diederik figureer prominent.

Preller [2] stel in sy naskrif dat Antje Botha, “weduwee met twee dogters en drie seuns” te Port Natal aankom. Twee van die seuns is Diederik Bezuidenhout en Frederik Botha. Sou Gerrit Pieter die derde seun wees? Seuns / jong mans van sy ouderdom word dikwels genoem in terme van die werk wat hulle verrig het, soms ook weens tienderjarige onhebbelikhede (beide geslagte). Die moeilik om te glo, dat hy nooit sou figureer nie as hy wel op die trek was. Stutterheim stem ook hiermee saam (p 54).

Bronne:

1. HFF Stutterheim. Die Bezuidenhouts in die trek van Louis Trichardt, Familia XXIV, 1987 no 3

2. Louis Trigardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838 Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/8774

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 13

Gerrit Pieter Bezuidenhout, b4c6d9e2f2's Timeline