Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.
view all

Profiles

Ek wil soveel as moontlik Oosthuizens en nasate wat nie die van dra nie aan die projek laat deelneem sodat ons 'n OOSTHUIZEN stamboom kan saamstel met inligting wat almal met Oosthuizen voorouers kan gebruik vir naslaan doeleindes. My voorstel is dat ons by SV/PROG Johannes (Oosthuizen) (Oosthuisen) (Oosthuyzen) (Oosthuysen) begin en sy profiel insit en afwerk na onder. Die volgende is dan b1 - 7, daaropvolgens slegs die seuns se nageslagte. In hierdie geval is slegs b1, b5 & b7 seuns. Volgende is dus b1c1 - b1c? daarna b5c1 - b5c? dan b7c1 - b7? ens.

1) Kry soveel as moontlike relevante dokumentasie (en bron) en foto,s van elke persoon, skandeer dit en plaas op hierdie webtuiste.

2) Vul elke Oosthuizen se stamboom nommer in in die "suffix" blokkie.

3) In die geval van dogters word die nommer ook ingesit maar NIE by haar kinders NIE, aangesien hulle dan die eggenoot se van dra.

4) Vroulike Oosthuizen nasate se van word, vir die doel van hierdie projek, NIE verander met haar haar troue NIE. Dit los die probleem op van verdere huwelike, want onder watter van gaan jy haar soek? eerste, tweede of in sekere gevalle selfs derde en vierde van? Baie makliker onder nooiensvan.

5) Onthou jy sluit aan by hierdie projek aan as 'n "collaborator". Jy hoef nie jou stamboom te "merge" nie. Wat ek probeer bereik is dat elke Oosthuizen die inligting waaroor hy/sy beskik daarstel om hul vertakking van die groot boom so volledig as moontlik te maak.

6) Deur slegs op een van die onderstaande te klik kan jy baie inligting van jou vertakking kry. Klik op daardie persoon, en vra die bestuurder van daardie profiel, om te "collaborate", en vul dan die inligting, voorouers of nagelagte, waaroor jy beskik en wat nie op daardie profiel verskyn nie in. Sou daar enige verskille in die jou data en die in die profiel wees bespreek dit met die profiel bestuurder deur slegs op die "send a message" te klik en vergelyk jul bronne.. Moet nie net data verander nie

Sodende sal ons dan 'n 100% Oosthuizen stamboom skep.

Lys van alle Oosthuizens en hulle families op Geni:

Oosthuizen

Kinders van 'n Oosthuizen

Lewende Oosthuizens

Lewend en getroud met 'n Oosthuizen

Gerhardus Frederik Oosthuizen b5c6d2e3f1g1h1i6j1

Jump Back to:

See Also Related Geni Project Pages: