Start your family tree now Is your surname van Breda?
There are already 69 users and 2,713 genealogy profiles with the van Breda surname on Geni. Explore van Breda genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

van Breda Genealogy and van Breda Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

  • Achille Breda (1850 - 1934)
    - -
  • Alexander van Breda, b1c5 (1755 - 1842)
    Name: Alexander Van Breda Baptism Date: 2 Nov 1755 Baptism Place: Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa Father Name: Michiel Van Breda Mother Name: Wilhelmina De Cok Entry Number: 115 FHL Fi...
  • Alexander Jacobus van Breda (1881 - 1937)
    Death Notice
  • Alix van Boelaer (b. - 1294)
    i) RASO [XII] van Gavre ([1235/45]-23 Nov [1307]). The late 13th century genealogy by Balduinus de Avennis records that "filiarum…domini Sigeri…secundam" married "dominus de Liedekerke, dominus Rasso d...

About the van Breda surname

When our surname is written without a name or initials in front of it, it should be Van Breda. (Uppercase V and B) I don't know how to edit it here!

DIE ONTSTAAN EN BETEKENIS VAN ONS FAMILIENAAM

‘N BREË RIVIER?

Baie Afrikaanse vanne dui die oorspronklike plek van herkoms van die draer se voorgeslag aan soos byvoorbeeld Van Antwerpen, Van Deventer, Van Gent, Van Reenen, Van Schoor, Van Vuuren en natuurlik ook Van Breda. Dit is onweerlegbaar duidelik dat die familienaam Van Breda ontleen is aan dié bekende Nederlandse stad en dat dié familie dus oorspronklik uit daardie stad afkomstig was. Die eiendom van die landgoed Breda het aanvanklik nogal dikwels van eienaar verwissel. Agtereenvolgens was Breda in die besit van here uit die families Van Breda, Van Leuven, Van Gaveren en Van Rasseghem.

Dit is nie duidelik hoe die stad se naam ontstaan het nie. Daar bestaan drie teorieë oor die herkoms van die stad se naam. Die gewildste verklaring is dat daar ‘n gehuggie ontstaan het aan die breë rivier die Aa, "de brede rivier de Aa", dus ‘n samestelling van "brede” en “aa" tot Breda.

‘n Ander verklaring is dat die stad se naam ontstaan het uit die woord braida wat beteken landerye geleë buite die landgoed van die Heer of buite die mure van die stad. Die Germaanse stam, die Langobarde, het hulle in die Lombardye vallei van Noord-Italië gevestig en die woord braida is aan hulle taal ontleen. Meyer-Lübke verklaar die woord braida in sy Romanisches Etymologisches Wörterbuch as volg :-

Braida (langobardisch) “breite ebenes Feld. Besitztum, das aus mehreren Feldern und aus einem Bauernhaus besteht.” Breë gelyk landery. Eiendom, wat uit verskeie landerye en uit ‘n opstal bestaan.

Miskien kon dit ook braakland gewees het buite die mure van die stad of buite die kasteel van die graaf (landheer). Die familienaam Van Breda kon dus ook baie maklik as Gravenbrakel of Van Brakel ontstaan het.

‘n Derde moontlikheid lê heelmoontlik opgeslote in die woord Bride of Brida. Die stam van hierdie woord Brid- is ontleen aan die Hoogduitse woord Brett, wat plank of plankwoning beteken.

Daar bestaan ook die moontlikheid dat die naam Breda heeltemal geen betekenis het nie maar slegs klankwaarde. Breda kan ook ‘n homoniem wees vir die Oudsuidoosfranse woord breuda wat teuels beteken, of breda in Switserse Frans, of bride in Frans, of daarnaas ‘n homoniem vir die Franse woord bréda wat haaktou beteken. Onomatopee vorme (klanknabootsende woorde) is brédaler, die gesnor van ‘n spinwiel en bredi-breda wat holderstebolder in Nederlands beteken. Hierdie laaste uitdrukking is alreeds sedert die 16de eeu bekend.

In Nederland val die klem op die laaste lettergreep en die naam word dus uitgespreek Bredá in teenstelling met die uitspraak in Italië en Spanje waar die klem op die eerste lettergreep val en Bréda uitgespreek word. Die outentieke uitspraak van Breda is berdao of bredao met die klem op die laaste lettergreep.

In ‘n oorkonde van 1116 word daar vermeld dat Gerardus de Breda die kerkinwyding van Zundert bygewoon het. Die naam Breda kom die eerste keer voor in ‘n oorkonde uit die jaar 1125, maar dan as familienaam van die landhere. Dit word nie genoem dat die kasteel of stadjie ook so geheet het nie. In ‘n ander dokument van 1152 wat bewaar gebly het word vermeld dat Graaf Hendrik van Laroche en Durbuy se suster Beatrix en haar seun Godefridus de Brida as getuies opgetree het. Omstreeks 1270 – 1290 vind ons die eerste burgerlikes wat die familienaam dra en wie nie tot die dinastie van die hof behoort het nie.

In Frankryk vind ons die familienaam de Bréda. Die stamvader was Hans de Bréda, seun van Ludolf van Berg, heer van Hedel. Hans en sy broers is deur hul vader onterf omdat hulle in Franse diens was. In sy nuwe vaderland het Hans die familienaam de Bréda aangeneem ter herinnering aan sy oupagrootjie Otto van der Lecke wat ‘n broer was van Jan III van Polanen, heer van Breda. In die heuwelagtige terrein naby Montmartre in Parys het aan die begin van die 19de eeu ‘n braakland gelê wat aan die familie de Bréda behoort het. In 1822 is hierdie grond gebruik vir die uitbreiding van die stad Parys en die nuwe woongebied het bekend gestaan as Quartier Bréda. Een van die nuwe strate in hierdie uitbreiding het die naam gekry van Rue Bréda. Helaas heet hierdie berugte straat nou Rue Henri-Monnier.

Die oudste gedokumenteerde vermelding van die stad se naam is Brida in 1152. Daarna vind ons Breda, ten minste vyftien keer vermeld, tussen die jare 1156 tot 1219 en Bredha word vermeld op 3 November 1200 in ‘n oorkonde asook in 1213. In ‘n dokument van Maart 1263 word Heinric, here van den lande van Breeda, vermeld. Hierdie Breeda spelling kan wees as gevolg van die destyds reeds gangbare Breede-Aa etimologie. In 1320 word die stad as Brede vermeld in ‘n dokument wat handel oor ‘n konferensie wat gehou is in verband met Tongerlo en ander kerke. Onder invloed van die Nassau’s, die Duitse tak van die here van Breda word die stad se naam in die 16de eeu op ‘n handgeweefde muurtapyt ingeweef as Breda en Bredau. Oënskynlik het die spelling van Breda as volg ontwikkel, eers Brede, toe Brida, en ten slotte Breda. ‘n Besondere jaartal in die stad se geskiedenis was die jaar 1252. Breda het toe stadsregte van die landheer Hendrik IV, verkry. In die jaar 2002 is die stad Breda se 750 ste bestaansjaar luisterryk gevier.

In die toelatingsregisters van die Universiteit van Keulen verskyn die name van studente uit Breda ingeskrewe as komende uit Brede, Breida en Breyda. In die registers van die Universiteit van Orléans vind ons enkele Bredanaars ingeskrewe as Bredensis. Die gebruiklike byvoeglike naamwoord vorm vir Breda was Bredanus met klemtoon op die laaste lettergreep.

Die naam Breda of Breede, afgekort aldan nie, of met agtervoegsels kom vry algemeen voor in Europa. Die pleknaam kom in die hele Wes Europa voor tot in Suid-Frankryk, Noord-Spanje en Noord-Italië, dus oral waar die Wes Germaanse volke hulle gevestig het. Wisselvorme wat voorkom is Bréda, Braida, Bradia en Braja.

Die pleknaam, Breda, kom verskeie male voor in Lombardye in die Po-vallei in Noord-Italië en daar is ook ‘n plekkie Breda in die provinsie Gerona in Noord-Spanje. In Frankryk kry ons Labrayde in Aude en ‘n gehuggie Brédée naby Vitry-le-Francois in Marne. Dan is daar ook nog die beroemde kasteel La Brède van Montesquieu naby Bordeaux. In België is daar plekname soos Breedene, Breendonk, Breede, Bray, Braine-le-Comte, in Vlaams Gravenbrakel genoem en Braine-l’Alleu. In Nederland is daar ook Breede, ook De Bree of Brij genoem asook Bree, ook Brey genoem.