Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Suid Afrikaanse Gemeenskap - vanaf 1652 aanverwant

view all

Profiles

Die doel van die projek is om al die aangetroude en verwante families van die hooflyn van mense wat graag hulle families maklik wil vind en aan 'n projek koppel wat nie bestaan nie.

Vanne en Inwoners vanaf die 1ste Stamvader in die gemeenskap van Suid Afrika by te voeg. Bronne en verwysings beskikbaar in Suid Afrika moet bygevoeg word.

Suid Afrika

het aanvanklik begin met 
  1. Hugenote
  2. Setlaars maar so deur die jare het
  3. Nuwe stamvaders vanoor die hele wereld, hulle hier kom vestig en 'n nageslag gebou.
  • Verder sal die projek daartoe bydra om alle deelnemers se lande se genealogiese strukture te respekteer
  • SA beskik oor baie instansies waaraan daar slegs gewerk word om Genealogie in die werklike metode en vereistes en om betrekkinge met alle lande oor die aarde te bevorder. Die volgende instansie kan almal genader word vir inligting of hulp.
  • Beter nog sluit gerus aan en leer elke dag,maand meer.
  • Gaan op Argieftoere waar daar werklike werkswinkels aangebied word en die deelnemers geleer word hoe presies werk navorsing en die de Villiers Pama numering wat in Suid Afrika gebruik word.
  • Die korrekte manier om NAAIRS te gebruik en waarvoor staan al die afkortings. http://www.national.archsrch.gov.za/sm300cv/smws/sm300dl Bv.
  • TAB - Die Pretoria en Transvaal boedels
  • NAB - Die Natalse boedels
  • KAB - die Kaapse boedels
  • MOOC - die Vroeë boedels
  • VAB - Die Vrystaat Boedels

Hoof organisasie is:

  1. Genealogies Genootskap van Suid Afrika- GGSA Webblad is: www.genza.org Hulle het self 'n facebook blad
  • Takke oral
  1. Elektornies is eGGSA - www.eggsa.com
  2. In al die hoofsentras
  3. Noordwes (Potchefstroom)
  4. Noord Transvaal - Pretoria
  5. Vaaldriehoek - Vereenniging
  6. Weskaap - Kaapstad
  7. Suid Kaap - George
  8. Wes Gauteng - Krugersdorp
  9. Vrystaat - Bloemfontein
  10. Oos Kaap - Port Elizabeth
  11. Johannesburg
  12. Diamantveld - Kimbreley
  13. Durban en Kusstreek - Durban
  14. Natal Midlands - Pietermaritzburg
  • Ons sal ook op opvoedkundige gebied hulpsaam wees met die hoe, waar, wat.
  • Die kollaborateurs is almal ervare navorsers/familie geskiedkundiges en sal enige iemand ter enige tyd van hulp, raad en vrae help. Ons plaas ook graag ander navorsers in verskillende sentra's.
  1. Judi Marais - Marnewick, Marais, du Plessis, Marx, Meyer, Jansen,Jans(n) van Rensburg, Dirkse van Schalkwyk,ens.
  2. June Barnes(Buchanan) - Janse(n) van Rensburg, Marais, Potgieter, ens.
  3. Wynand du Plessis - Dirkse(Dirkschen, Dirks, ens) van Schalkwyk, Lombard, Janse(n) van Rensburg, du Plessis, Ens.
  4. Daan Botes - Botes, Marais, Janse(n) van Rensburg, ens.
  5. Sharon Doubell - baie families. Ook die stamme van Suid Afrika.
  6. Lea Herbst - Doop en huweliksrekords, ens
  7. Lodewyk Christiaan Steyn - Steyn en aanverwante families
  8. Adriaan Erasmus Coetzee - Nakomelinge van stamvader Johan Georg Meyer en aanverwante familie, Coetzee, Olivier en baie meer.
  9. Donovan Penaluna - Meyer en Walsh van Bloemof. Penaluna en Graham.

Sommer 'n paar idees om te help wegspring Hoekom doen ek navorsing of wil ek doen en waar begin ek?

  1. Soos reeds genoem is die projek se doel om nie net ons Suid Afrikaanse gemeenskap te help met hulle stambome en saam Afrikaans te praat nie, maar moet ook dien om opleiding/riglyne te verskaf aan nuwe navorsers/soekers na - 'wie was my voorvaders- alles op die maklikste en genealogies korrekte manier.

LES 1 - Ek sal myself as voorbeeld gebruik.

  • Waar begin ek?
  1. By myself. Indien getroud is daar dadelik 4 lyne, die van my self bv. Marais en Marnewick asook die van my ega, Meyer en Dirkse van Schalkwyk
  2. Dan kom daar 4 mense by, twee met dieselfde van, plus nog 2 nuwe vanne, my moeder, MARNEWICK en skoonmoeder DIRKSE VAN SCHALKWYK.
  3. Besluit nou eerstens watter van jy eerste wil navors. Sekerlik jou eie. Moet nie met meer as een van werk nie want dan raak jy deurmekaar.
  4. Ondersoek alle moontlikhede van spellings by name en vanne. Marais; Maraijs. Alles hang af van die spelling en geletterheid van die verskaffer.
  5. Sterfkennisse is van onskatbare waarde en bevat name, geboorteplekke, huweliksplekke, kinders en soms ook skoonkinders.
  6. In kort noem ons dit 'n SK.
  • Hier kry jy ook sterfplek, plek van huwelik en in 'n man se geval sy vrou se nooiensvan. Daarsonder kan jy nerens kom nie.
  1. Doopsertifikate - hierdie kan soms verkeerd wees. In my oupa Marais se geval beskik ek oor sy oorspronklike doopsertifikaat. Geboortedatum korrek, name verkeerd. Dit is die van sy ouer broer. Fout wat ingelsuip het by die predikant. Verder my oupagrootjie aan vader se moederskant. Hy is gedoop David Jacobus du Plessis maar na jare se soek na die name soos in sy Bybel, huweliksertifikaat en SK - is hy en sy oupa na wie hy vernoem is wel as David Jacobus gedoop, maar deur hulle lewe, ook op ID dokumente bekend gestaan as David PHILIPPUS.

Skakels:

  1. 'n skakel is van groot waarde vir SA navorsers. Deur hier aan te sluit hoef niemand eers die gerief van hul rekenaar te verlaat om die volgende inligting te kry nie: eGGSA - [www.eggsa.org.] Dit is die elektroniese tak van die GGSA. Indien u sou belsuit om aan te sluit, is u outomaties ook lid van die GGSA - Genealogiese Instituut van SA. eGGSA beskik oor 'n waardevolle webwerf waar o.a. die volgende gekry kan word. i. Stambome en inligting van Genealogiese waarde in dei Familia publikasie. ii. Interessante leesstof, stambome asook waardevolle skakel in die GENESIS publikasie. iii. 'n Aanlyn winkel waar u registers en boeke van families reeds voltooi kan aankoop. iv. GGSA tak nuusbriewe. v. Transkribsies vi. Artikels vii. SA familie Genealogiese werwe.

Ek noem 'n paar voorbeelde: Boeke Grafstene, Dokumente 'n Beginnerskurses GGSA Doopregistrasie vorms vir u eie familieleer GGSA Genealogiese Verwysingsgids Sterfkennisse Doopregisters vanaf die vroegste tydperk. Emigrasie Britse Setlaars Duitsers Hugenote Iere Italianers Joodse Militêre Nederlanders St Helena Eiland Metodes van verslagdoening Name Molekulere Genealogie Navorsingsbronne Ondertrouery Opleiding Registers Slawe Tegnologiese en Elektroniese Bronne Vanne A-Z

Een pragtige skakel is [http://www.eggsa.org/skakel.htm] wat u neem na -beginners en navorsingsgidse wat in u navorsing van hulp kan wees; -genealogiese gespreksgroepe wat gemik is op SA genealogiese kwessies; -genealogiese institute en argiewe; en -historiese en ander inligtingswerwe. Kontak gerus vir Judi, Daan, Wynand en June Barnes.

'n Paar webwerwe wat oor eindelose inligting beskik. 1. Anglo Boere Oorlog http://www.anglo-boer.co.za/

  • a. Sterfgevalle in die oorlog, waar, wanneer en waar gevangene geneem, ens. [http://www.anglo-boer.co.za] Ook op hierdie blad is OVS Farmalist en Boere geïntegreerdes in Portugal 2.Inventarisse, boedels en dokumente van die Kaap de Goeie Hoop- vanaf begin

http://www.tanap.net

hier verskyn o.a. ook 'n kaart van die Fort de Goede Hoop huizen,tuinen van Vrij Luiden etc. Geschiedkundige Atlas van Nederland Ontwikkeling van die Nederzetting aan de Tafelbaai, 1786 Databasis van die OIK se dokumente Skeepslyste Skepe Plaasname

  • Kerke van Suid Afrika - stigting.

So baie keer kyk ons na 'n geboorteplek en sê die kinders/persone is daar gedoop en ca dieselfde jaar gebore. Ons moet egter onthou daardie pioniersjare van SA, was die Afstande of besoeke van predikante baie skaar en is party kinders eers gedoop as hule al 5-7 is. Baie keer is sommer meer as een kind per geleentheid gedoop Gewoonlik met nagmaal en dan is aannemings, opgee van gebooie en dergelike Kerke dinge gedoen.

https://familysearch.org/search/collection/list#page=1&region=AFRICA FAMILYSEARCH - Dutch Reformed Church Records

have added a large selection of the Registers  of the Dutch Reformed Church Record from 1690-2007. These are not indexed, but [Private User Lea Herbst] has made a start on explaining which registers can be found where in '''[http://media.geni.com/p13/2a/a0/18/da/534448397dd4d8d2/familysearch_guidlines_original.pdf?hash=c611d352c44bfbf4245b23932a138830d26580236591831bef1efc69bd98c59f.1715842799 A Guide to FAMILYSEARCH]''' which is and admirable document of enormous help. 'n Volledige lys is by GGSA verkrygbaar. Ons sal egter sommer baie binnekort die datums van die Kerke se stigting hier plaas.

# STIGTINGSDATUMS VAN KERKE IN SUID AFRIKA

Kerke in die Kaap tensy anders vermeld.

  • 1. Kaapstad 1665
  • 2. Stellenboch 1686
  • 3. Drakenstein (Paarl) 1691
  • 4. Roodezand(Tulbach) 1743
  • 5. swartland(Malmesbury 1745
  • 6. Graaf Reinet 1792
  • 7. Swellendam 1798
  • 8. Caledon 1811
  • 9. George 1813
  • 10 Uitenhage 1817
  • 11. Cradock 1818
  • 12 Beaufort Wes 1819
  • 13 Somerset Wes 1825
  • 14 Worcester 1825
  • 15 Somerset Oos 1825
  • 16 Colesberg 1826
  • 17 Tijgerberg(Durbanville) 1826
  • 18 Clanwilliam 1826
  • 19 Glen Lynden(Bedford) 1829
  • 20 Wynberg 1829
  • 21 Albanie (Riebeeck-Oos) 1831
  • 22 Piketberg 1833
  • 23 Rivesdal 1839
  • 24 Bredasdorp 1839
  • 25 Pietermaritzburg 1839
  • 26 Wellington 1841
  • 27 Winburg 1841 Vrystaat
  • 28 Prins Albert 1842
  • 29 Potchefstroom 1842
  • 30 Richmond 1843
  • 31 Victoria Wes 1844
  • 32 Franschoek 1845
  • 33 Mosselbaai 1845
  • 34 Burgersdorp 1846
  • 35 Calvinia 1847
  • 39 Napier 1848
  • .40 Fauresmith 1848 Vrystaat
  • 41 Humansdorp 1848
  • 42 Smithfield 1848 Vrystaat
  • 43 Bloemfontein 1848 Vrystaat
  • 44 Harrismith 1849 Vrystaat
  • 45 Springbok(Namakwaland) 1850
  • 46 Rustenburg 1850 Transvaal
  • 47 Lydenburg 1850 Transvaal
  • 48 Fraserburg 1851
  • 49 Knysna 1851
  • 50 Hopefield 1851
  • 51 Middelburg (Kaap) 1852
  • 52 Aliwal Noord 1852
  • 52 Pietersburg 1852 Transvaal
  • 53 Robertsham 1853
  • 54 Oudtshoorn 1853
  • 55 Darling 1853
  • 56 Alexandria 1854
  • 53 Pretoria 1854 Transvaal
  • 54 Ladysmith 1854 Natal
  • 55 Utrecht 1854 Natal
  • 56 Ladismith 1855
  • 57 Boshoff 1856 Vrystaat

Nog sal volg. Dit is die 1st 25 Gemeentes wat gestig is

Spring terug na:

Sien ook ander verwante Geni projekte: