Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
There are already 543 genealogy profiles with the Gouws surname on Geni. Join now to find your relatives.

Gouws Genealogy and Gouws Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Share

view all 543

Profiles

About the Gouws surname

Andre GAUCH / GOUS van Languedoc, het as Franse Hugenoot in 1691 op die skip Spierdyk aangekom as wewenaar met een seun. Sy eerste huwelik was met Jacqueline DECRE in 1683. Hy was hoefsmid van 1692-1698, en landbouer en een van die min vlugtelinge wat nie in 1690 geldelike hulp nodig gehad het nie. Hy is op 19 Aug 1691 met Jeanne (Johanna) de KLERK, dogter van Pieter (Pierre) le Clercq en Sara Cochet, getroud. Johanna/Jannetje was die suster van Abraham de Klerk, hulle was van Straatskerk in Walcheren, hulle het op die Oosterland in 1688 uitgekom. Gous het een seun uit sy eerste huwelik gehad, en 4 kinders uit sy tweede:

1. Estienne (Steven) * Geneve 1684, x 6 Maart 1718 Catharina Bock (dv Christain Bock and Anna Groothenning van Bengale 2. Marie gedoop in Amsterdam, jonk oorlede 3. Pieter * 1693 x 4 Mei 1721 Johanna Oosthuizen, xx 25 Nov 1742 Aletta Vorster 4. Sara * 1695 x Christiaan Gobrecht 5. Jeanne ~ 25 Sep 1695 6. Andries * 1698 x 14 Mei 1719 Johanna Conterman

Gous word vermoor toe hulle jongste kind skaars 'n maand oud is, op 26 Februarie 1698 terwyl hy sy vee gaan inspekteer het. Johanna de Klerk trou toe met Pieter Bekker.

Verwysings: De Villiers/Pama Heese/Lombard M Cairns The Secluded Valley: Tulbagh Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Stamouers.com