Start your family tree now Is your surname Conradie?
There are already 103 users and 2,953 genealogy profiles with the Conradie surname on Geni. Explore Conradie genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Conradie Genealogy and Conradie Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

  • Catharina Cornelia Marais, b1c2d6 (1783 - 1867)
    Baptism Tulbagh Baptism Record (No.31) NGK Tulbagh Catharina Cornelia Baptised: 1783, den 4 Maij Father: Pieter Conradi Mother: Catharina Maria Viljoen Witnesses: Hercules Viljoen, en Elisabeth ...
  • Christina Johanna Veldsman (1842 - 1891)
    VAB MHG V493
  • Christina Johanna Conradie, b3c1d10e4 (1815 - 1860)
    Swellendam Baptism Record Conradie - Jordaan Marriage Record Death Notice: KAB MOOC 6/9/93 8361 === GEDCOM Source ===@R-1245310613@ Cape Province, South Africa, Estates Death Notice Index, 1834-1956 An...
  • Frederik Hendrik Conradie, b1c1d9e1f8g1 (1860 - 1937)
    VAB MHG 29272
  • Friedrich Heinrich Conradie, SV/PROG (c.1668 - c.1729)
    Baptism =Marburg Baptism Record: "Marburger Sippenbuch" p. 134 (See Sources - refer the entry for Johann Heinrich Conradi (#8193)) His full name is Friedrich Henrich . "geb. ca. 1668; 16.10.1682 Aufnah...

About the Conradie surname

VOORGESLAGTE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE CONRADIE STAMVADER

=================================================================================================

Andreas CUNTZ - Conradie stamvader se Oupagrootjie
Met die hulp van inligting, wat deur Herr Hans-Georg Bleibaum, voor Mei 1976, uit die Marburger Sippenbuch onttrek is, kan ons die voorgeslag van die Suid-Afrikaanse Conradie-stamvader terugspoor tot ongeveer by die jaar 1600. Andreas CUNTZ was rondom hierdie tyd woonagtig in die Duitse staat Hessen in die dorp Allendorf aan die Lumdarivier. Andreas CUNTZ se eerste kind was Heinrich CUNTZ, wat in ongeveer 1605 in Allendorf gebore is. Heinrich CUNTZ - Conradie stamvader se Oupa Volgens 'n burgerbrief van 20.07.1627 het bogemelde Heinrich CUNTZ, seun van Andreas CUNTZ, voor 1627 van Allendorf na Marburg aan die Lahnrivier gekom. Heinrich het in Ledergasse in Marburg gewoon. Hy was lid van die Lutherse kerk, en 'n bakker van beroep. In 1643 word hy voog vir die kinders van Adolf Mei. Sy kapitaal toe was toe 950 Reichsdaalders. Op 06.08.1645 is die voogskap afgegee (beëindig). In 1652 word hy stadsluitenant. Hy word in Marburg rekords uitdruklik vermeld as die seun van die gestorwe Andreas CUNTZ van Allendorf. Heinrich is tussen die jare 1653/4 in Marburg oorlede. Heinrich is op 27.09.1627 in Marburg getroud met Catharina Braun (Dogter van Jacob Braun) (sy was voorheen in Marburg op 09.12.1622 met Johann Wildner getroud). Sewe kinders word vir die CUNTZ egpaar aangegee, waarvan die derde kind Johann Henrich CUNTZ op 07.08.163l in Marburg gebore is. Johann Henrich CUNTZ word CONRADI - Conradie stamvader se Vader Voorgemelde Johann Henrich CUNTZ, word uitdruklik in rekords vermeld as die seun van die afgestorwene Heinrich CUNTZ wat na Marburg gekom het. Hy was ook lid van die Lutherse kerk en het in 1657 as student aan die Marburgse Universiteit geregistreer. Johann Henrich het sy van CUNTZ na CONRADI verander tydens sy graadverkryging in Teologie aan die Universiteit van Marburg. [Die van "CUNTZ" is in Duits 'n afkorting vir "seun van KONRAD". Die meer geleerde Latynse vorm CONRADI het dieselfde betekenis naamlik "seun van KONRAD"]. Hy was van 1669 tot 1688 'n predikant vir Cölbe en Wehrda - beide dorpe is teenaan die stad Marburg geleë. Hy is op 04.05.1690 in Marburg of Cölbe/Wehrda oorlede. Hierdie Johann Henrich CUNTZ/CONRADI was getroud met Anna Elizabeth Schneider, dogter van Friedrich Schneider - Die Schneiders het in Kirchhain naby Marburg gewoon. Die twee se huweliksgebooie is op 22.09.1667 in Marburg opgegee. Hulle het 7 kinders gehad, waarvan die eerste kind Friedrich Henrich CONRADI was - hy is die stamvader van die Suid-Afrikaanse Conradies.

Bron: http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/conregis.txt