Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
There are already 5,000 genealogy profiles with the Pretorius surname on Geni. Join now to find your relatives.

Pretorius Genealogy and Pretorius Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Share

view all 5,000

Profiles

  • Kommandant-Generaal Andries Pretorius (1798 - 1853)
    Uit Andries Pretorius deur Gustav Preller- Uitgegee deur Colin Pretorius en eGGSA e/winkel. Andries Wilhelmus Jacobus, bestem was om in Piet Retief se plek op te tree, Dingane te verslaan, en die Suid ...
  • Anna de Beer, b3c5 (c.1718 - c.1754)
    Sien ------------------ de Beer familie - 2011 - Ed. 4 page 55/56 Op 12.05.1743 trou Zacharias met Anna Pretorius, dogter van Johannes Pretorius en Helena Vosloo, en hy bly nog in Stellenbosch. Op ...
  • Dirk Pretorius, SV/PROG 1 (c.1635 - c.1707)
    Dirk PRETORIUS wat in 1671 uit Linteloo, Holland hier aangekom het op die skip Damiaten. Hy was 'n soldaat in diens van die Kompanje en later 'stalmeester'. Dirk het vier onwettige kinders by Maria HAN...

About the Pretorius surname

Die jongste ondersoekinge wys inmiddels weer terug op Duitse herkoms, van die Nederlandse Pretoriusgenerasie. (Vergelyk die ondersoekinge van dr. Werner Schmidt, Uber den, Deutschen Ursprung, burischer Familien-namen.) Die Pretoriusse voer hul geslag terug tot die einde van die 16e eeu in Schüttorf, Duitsland, toe daar in 1596 gebore is Berend Wessel Schulte (Pretorius) skoenmaker van beroep, wat op 16 Mei 1612 getroud is met Aeltze (Aaltje) Jansdogter, van Lage, 'n dorpie in die vorstedom Lippe- Detmold, naby Bentheim. Hy was die grootvader van Johannes Pretorius, Die Duitse naam Schulte het in Nederland eers Schout geword, om in die begin van die sewentiende eeu, na die mode van die tyd, verlatyns te word tot Praetorius, (Pretorius). Die Latynse woord "praetor", (voorganger, leier, magistraat) het namelik ooreengekom met die Hollandse schout. Die eerste Suidafrikaanse Pretorius het sy naam nog met die tweeklank "ae" geskryf.

Verwysings: 1) Petermann's Geografische Mittheilungen, 1868, S93 en S14. 2) Vs. Byv., 20 Julie 1881.