Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
There are already 5,000 genealogy profiles with the Botha surname on Geni. Join now to find your relatives.

Botha Genealogy and Botha Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Share

view all 5,000

Profiles

  • Aletta Fredrika Jacomina Botha, b4c9d4e5f4g7 (c.1869 - 1925)
    f4 Adam Johannes Jacobus * 13.9.1822 ≈ George 13.10.1822 x George 2.4.1849 Petronella Maria Catharina MARAIS g7 Aletta Dedrika * c. 1869 x Knysna 20.7.1885 Jacobus BARNARD
  • Amerentia Hester Botha, b4c9d11e2 (c.1800 - c.1823)
    Sterf voor Mei 1823 KAB MOOC 7/1/88.44 Testament opgestel 1821 en geliaseer 1822
  • Anna Botha, b8 SM (c.1702 - c.1745)
    SCHMIDT CHRISTIAN (S). – Halle on the Saale. Saddler 1719-23. ~ Anna Botha. 5 children. + 1734. (GMR 1719-23; G.R. nr 882; Test. O.C. 4:138 and Test. CJ 1075: 5.) Cf. Friedrich Müller of ...
  • Catharina Botha, b3 SM (1690 - 1753)
  • Christoffel Botha (c.1713 - 1764)
    Note - Christoffel was married twice first to Hester Potgieter in 1733 and she died in 1735. After a decent interval Chistoffel got married again on the 10th of November 1737 to Catharina Blom an...

About the Botha surname

Friedrich BOTHA

Friedrich Botha / FRIEDRICH BOTH is gebore op 4 Maart 1653 in Wangenheim, omtrent 8 kilometers (5 myl) noord-wes van Gotha (50.57° Breedtegraad, 10.41° Lengtegraad), in die Provinsie van Thuringia in die graafskap van Saxe-Coburg-Gotha

Voor 1652 Die betekenis van BOTH(A). Die naam Both is afgelei van die Friesiese naam "Botho" (of Bote) wat leier of bevelgewer beteken. Die "a" wat volg beteken ook seun van. Die volle van beteken dan ook dat Botha die seun is van Both, die leier of bevelgewer.

Friedrich Both is op 4 Maart 1653 in Wangenheim in die Provinsie van Thuringia in Duitsland gebore. Hy sluit aan by die VOK en arriveer aan die Kaap as soldaat in 1678. In 1683, vyf jaar na sy aankoms, verkry hy burgerregte en beoefen sy oorspronklike beroep uit as 'n landbouer by verskillende boere as 'n bywoner, of soos hy dit gestel het, sy "gedoente" was toe "landbouer bij den een en den ander geweest te sijn". Vanaf 1686 is hy 'n bywoner by Jan Cornelisz waar hy " voor een vierde part met hem te zaaijen en te bouwen". Hierdie is dus die oudste voorbeeld van die Franse "métairie" stelsel wat in Suid-Afrika toegepas is. Hierdie métairie-stelsel is afkomstig van die leen- of pagstelsel wat waarskynlik deur die Romeine in Galilië ingevoer is (Colonus partiarius). Métayer uit medietatarium, van medietate, helfte, beteken oorspronklik: Hy wat om die helfte boer; dan setbaas op 'n plaas, klein boer, wat ons amper in Afrikaans kan vertaal met bywoner; métairie, die plaas self. Per JLM Franken - "Die Franse Vlugtelinge, Huisgenoot" 16 Julie 1926.

Hy het die plaas Zandberg, wat later die naam Scholtzenhof gekry het, in 1689 uitgelê en dié het oorspronklik 64 morg beslaan. In 1694 is Zandberg van leningsplaas oorgedra op sy naam. Die plaas met sy strooidakhuis en sy wolfentgewels lê aan die regterkant op die pad tussen Stellenbosch en Somerset-Wes en die ligging word mooi aangetoon op die kaart van die kontrei. Daar word huidiglik wyn op die plaas produseer en die eienaar het ook 'n web werf en staan bekend as "Ken Forrester Vineyards". Die ou opstal is oorspronklik in 'n T-vorm gebou en die voorste mure is vandag nog omtrent 'n meter dik wat waarskynlik deur Botha self gebou is. Die huis het pragtige geelhoutplafonne met 'n brandsolder van klei van 'n voet dik bokant hulle. Later jare is die huis vergroot na 'n H-vorm en onlangs restoureer deur die argitek, G. Osler.

In 1692 teken Botha sy van nog as Both, maar in 1699 teken hy as Botha. In die "opgaafrolle" kom die spelling Both, Boot en Botha voor. Aan die Kaap het dit soms voorgekom dat 'n persoon vernoem word na die plek vanwaar hy kom. So was Jan van Eeden eers Jan van Oldenburg, Nicolaas Janse van Rensburg was eers Nicolaas Jansz. Die feit dat Friedrich Both van Gotha kom, kon moontlik daartoe bygedra het dat Friedrich Both van Gotha verander het tot Friedrich Botha.

Aan die begin van die 1700's was veeboerdery die algemene bedryf van die meeste boere. Die vader het gewoonlik op 'n besondere plaas geboer en soos sy seuns hubare ouderdom bereik het, het hy vir hulle 'n aantal vee gegee. Waar die vader op die plaas aangebly het kan hy dus as 'n "Veeboer" geklassifiseer word. Die seuns moes nou weiding vir hulle eie vee soek en het dan verder in die "onbekende" ingetrek. Hulle kan dus as "Trekboere" geklassifiseer word. Die rigting van die trek was gewoonlik waar daar genoegsame water en weiding was. Die resultaat was dus 'n trek in 'n oostelike rigting langs die kus van Suid Afrika. Die trekbeweging het tot 'n einde gekom toe die trekboere die inheemse bevolking van die Oos Kaap ontmoet het, die Xhosa. Die tydvak is nie vasgestel nie, maar 'n aanduiding van die trek is ongeveer: 1652-1700 Migrasie beperk tot die omgewing van Kaapstad; 1735 Bereik Mosselbaai; 1744 Bereik Gamtoosrivier 1700 tot 1706

Al sy kinders word in die Doopregisters aangegee as kinders van Jan Cornelisz en Maria Kickers. By die egskeiding word die volgende aangegee (per JLM Franken - "Die Franse Vlugtelinge, Huisgenoot" 16 Julie 1926, voetnota): Jan Cornelisz van Oudbeijerland in cas van divortie contra Maria Kickers: "den eijscher, doende eijsch bij monde alsoo de gedaagdese haar niet en schaamd hem eijr niet alleen met slaan en stooten ende verdere onbetaemelijckheeden gestadig te bejeegenen, maar oock bovendien haren echt met de persoon van frederick Boot in overspel te buitjen te gaan . . . . " "De gedaagdese antwoordende, segt en bekendt alle hare kinderen, staande huwelijk niet bij den eijr haren man (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een ander; te weeten den voorn. fred. Boot, te hebben geprocrëeert; en dat haren man haar daar toe selfs aanleijding soude hebben gegeeven." (Crim. en Civ. 1689-1701, 22 Jan. 1700, p. 77) Fred. Botha en Maria Kickers word vir oorspel, aanhouding en verberging van vee, geweld aan persoon van Claas Das, tien jaar verban na Mauritius. Hul moet "separatelijk" gebanne bly en word verder veroordeel tot 100 Rds. boete en restitusie van aangehoue goedere (Crim. en Civ. 1701-'08, 16 Nov. 1706. f.47). Die periode van verbanning mag dalk verskil aangesien daar ook die volgende aangegee word (per HCV Leibbrandt - "Precis of the Archives, Journal of VD Stel" 16 November 1706): The Court of Justice sentences a freeman and a woman in a criminal case to banishment to Mauritius for two years and fines each Rds. 100, the half for the Landdrost and the half for the Court. In 1706 het FB "aan't Moddergat" gebly saam met Maria Kickers wat toe by Matthys Greef op Stellenbosch gewerk het. Terwyl Maria Kickers getroud was met Jan Cornelisz het sy met beide Botha en Ferdinand Appel 'n verhouding gehad, gedurende die tydperk het sy sewe kinders by Botha gehad en een kind by Appel.

Hy was getroud in Stellenbosch op 21 Junie 1717 met Maria KICKERS. Sy was 'n weesmeisie van Nederland en geskeie vrou van Jan Cornelisz.

KINDERS: b1 Theunis gedoop 15 April 1686, X 15 Des 1710 Maria Magdalena Snyman b2 Willem gedoop 2 Nov 1687, X Kaapstad 14 Jul 1709 Catharina Pyl b3 Catharina gedoop 7 Mei 1690, X 31 Aug 1717 Hendrik Frederik Klopper b4 Jacobus gedoop 24 Aug 1692, X 22 Okt 1713 Elsie Snyman b5 Johannes gedoop 1 Mei 1695, X 18 Mei 1721 Anna van der Merwe b6 Maria gedoop 1 Mei 1695, X 13 Maart 1712 Coenraad Scheepers, XX 1 Jan 1730 Pieter Gerrit Bezuidenhout, XXX 3 Des 1741 Johan Jacob Breytenbach b7 Cornelia gedoop 6 Jan 1697, X 31 Maart 1720 Hans Jurgen Potgieter b8 Anna gedoop Stellenbosch 19 Maart 1702

Dan was daar 'n ander Botha stamvader: Samuel Friedrich BOTHA / BODE is in 1730 te Lüneburg in Duitsland gebore. Die familie het in 1766 in Hanover gebly en Samuel het toe na Amsterdam gegaan om by die VOC aan te sluit. Hy kom aan by die Kaap in Maart 1767.

Hy trou op 21 Januarie 1776 met Anna Elisabeth DELPORT. Sy was die wed van Johann Friedrich Stackman.

Verwysings:

Saamgestel deur: Joe Botha elijo@mweb.co.za

BOTHABLAD http://home.mweb.co.za/el/elijo/afr/indexa.html

--------------------------------

Verdere Inligting oor Jan Cornelisz en Maria Kickers

Jan Cornelisz (Bombam) van Outbeijerland was getroud 11 Julie 1683 met Maria Kickers

In die Stellenbosch doopregister word die volgende kinders gedoop:

Cornelija gedoop 6 Januarie 1697 se vader word gegee as Jan Cornelis (Bombam). Maar die kinders was Botha se kind.

In 1699 was daar 'n rusie tussen Maria en Bombam oor 'n erf wat bewerk moes word deur Bombam maar hy het nie baie gedoen nie. Sy skel hom uit: Jeij sult doen wat eck hebben wil, ieij zulkt voor mijn door een vuur gaan, en jeij zult mijn de voeten kussen als ek het heben wil" Bombam se reaksie was dat hy dit nie sal doen nie. Maria skel hom toe verder uit: Jeij zult nagt en dach voor mijn loopen als eck het hebben wil, want ick hou jou minder als een knegt, ja minder als een Hottentot, ja minder als een hont". Iemand anders het haar gehoor sê "dat hij [Oud-Beijerland] onbequaam was om een man voor haar te wesen, en dat haare kinderen di sijne niet en waaren, en dat zij hem minder agte als een slaaf, of als een hont" Biewenga, p. 268

Maria en Frederik Botha skei 22 Januarie 1700, sy maak melding by die hof: De gedaagdesse antwoordende, segt en bekendt all hare kinderen staande huwelijck, niet bij den eij[se]r haren man; (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een ander, te weeten den voorn[oemde] Frederick Boot, te hebben geprocrëeert [CJ 3, 22]

17 Nov 1706 was Maria Kickers en Fredrik Boot weer voor die hof omdat hulle by mekaar gewoon het. Hulle was vir 10 jaar na Mauritius verbanom daar apart te bly.

Op daardie geleentheid het Maria Kickers beweer:

Sij persisteerde bij haare gedane confessie en sustineerde dat se met beloften en trouw die se malkanderen onder vier oogen geswooren hebben, so wel alsof se met den anderen in huwelijk waren getreeden kunnen volstaan, en dat se dierhalven als man en vrouw eenige jaren met den anderen hebben geleefd, en vleeschelijk geconverseert hebbende tesamen in deese boelasie agt kinderen geprocreeert,

Volgens Schoeman, p. 468 in 1706 is Botha en Maria Kickers skuldig bevind aan "oorspel, aanhouding en verberging van vee, [en] geweld aan persoon van Claas Das, en vir tien jaar 'separatelijk' na Mauritius verban.

Hulle het seker terug gekom na die Kaap toe die VOC Mauritius prys gegee het.

In 1713 het Jan Cornelisz van Outbeijerland gesterf (sonder om weer te trou) en toe kon Maria Kickers, weer trou:

Stellenbosch registers, bladsy 9: 1714, 21 Junij Fredrik Bota van Wagenheim jongm' met Maria Kickers van Amsterdam

Let wel Pama en De Villiers gee die trou jaar as 1717 maar dit is verkeerd, dit moet 1714 wees.

Bron: Inligting verskaf deur Richard Ball op SA Genealogie A Biewenga, De Kaap de Goede Hoop Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap